Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn: ’n lesersindruk

“In Gif waag hulle om oor sportaanvullings te skryf – en nie dit wat jy oor die toonbank kan koop nie. Sommige mense mag dink dat hierdie onderwerp nie realisties is in die lewe van tieners nie. Die skrywers het egter baie goed navorsing gedoen hieroor en dit is vandag ’n harde werklikheid, veral waar ouers genoeg of te veel geld het en kinders gedruk word vir bomenslike prestasies.”