Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024, hier is die finaliste

  • 0

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord.

“Ons vereer bydraes oor ’n breë spektrum – van woordeboeke tot prosawerke – en hoop dat hierdie toekennings ’n liefde en passie vir lees by mense sal kweek. Dit moet vir skrywers bemoedigend wees om werk te kan skep en mense aan die lees te kry,” sê Sonél Brits, besturende direkteur: ATKV-MSW.

“Ons sien uit om binnekort die wenners bekend te maak en om vir hulle te wys dat ons hulle werk in Afrikaans raaksien en waardeer.”

Die wenners van vanjaar se ATKV-Woordveertjies sal vanaf 17 tot 20 September op die ATKV se Facebook-blad bekendgemaak word.

Die finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die volgende kategorieë, sluit in:

ATKV-Prosaprys

  • Deelfontein – Nicole Jaekel Strauss (Queillerie)
  • Van vaders en vlugtelinge – S.J. Naudé (Human & Rousseau)
  • Gebeente – Etienne van Heerden (Tafelberg)

Prys vir Liefdesroman

  • Diana se dag – Helene de Kock (Human & Rousseau)
  • Aurora – Tertius Janse van Rensburg (LUCA)
  • Hulle noem haar Carminda – E. Kotze (Kwela Boeke)

Prys vir Poësie

  • Nou in infrarooi – Tom Dreyer (Kwela Boeke)
  • Joernaal – Clinton V. du Plessis (Naledi)
  • Ontaard – Pieter Odendaal (Tafelberg)

Prys vir Romanses

  • My alles vir jou – Dina Botha (Romanza)
  • Djin in ’n koffiekan – Bets Smith (Romanza)
  • Belle, met die hart vol blomme – René van Zyl (Romanza)

Prys vir Spanningslektuur

  • Ons skulde – PP Fourie (Queillerie)
  • Leo – Deon Meyer (Human & Rousseau)
  • Dwelm – Rudie van Rensburg (Queillerie)

Prys vir Dramateks

  • Patmos – Willem Anker
  • Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan – Henque Heymans
  • Goed wat wag om te gebeur – Philip Rademeyer

Prys vir Niefiksie

  • Diensplig: Hoekom stotter ons pa’s so? – Anelia Heese (Tafelberg)
  • In die rede geval – Charl-Pierre Naudé (Naledi)
  • Marius Weyers – Chris Vorster (Protea Boekhuis)

Die wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings, ’n kategorie waar die kinders self vir hul gunstelingboeke en -illustrasies stem word ook saam met die Woordwystoekenning vir woordeboeke en taalgidse en die Toekenning vir Leesbevordering aangekondig. Die wenners in hierdie drie kategorieë sal ook tussen 17 en 20 September op Facebook bekendgemaak word.

Lees ook:

Gebeente deur Etienne van Heerden: ’n interpretasie

Van vaders en vlugtelinge deur SJ Naudé: ’n resensie

Deelfontein deur Nicole Jaekel Strauss: ’n resensie

Leo deur Deon Meyer: ’n resensie

Ons skulde deur PP Fourie: ’n resensie

Die seemeeu kom sit: E Kotze voltrek die skrywersirkel met Hulle noem haar Carminda

Ontaard deur Pieter Odendaal: ’n resensie

Joernaal deur Clinton V du Plessis: ’n resensie

Nou in infrarooi deur Tom Dreyer: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

KKNK 2024: Goed wat wag om te gebeur

KKNK 2024: Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan

KKNK 2024: Patmos, ’n teaterresensie

Diensplig deur Anelia Heese: ’n skrywersonderhoud

In die rede geval – waarom die mens mites maak deur Charl-Pierre Naudé: ’n resensie

Marius Weyers deur Chris Vorster: ’n resensie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top