Nou in infrarooi deur Tom Dreyer: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

“Tom Dreyer se debuut as digter is ’n merker. In die algemeen, en ook as debuut. Dit is so weens die soepele oorspronklikheid van die digterskap wat aan bod kom, en ook weens die wyses waarop die bundel die digterlike landskap soos dit tot nou bestaan het, meer geproblematiseerd agterlaat.”