Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Jaco van der Merwe

  • 0

Jaco van der Merwe by die Taalgenoot RUK en RYM-semifinaal by Railways in Pretoria (Foto: Ruben Bothma van Full Spectrum Media)

Waar daar jong talent is, is daar ’n trampolien, en is daar Jaco van der Merwe. Dié musikant, digter en dosent in filmstudies speel ook ’n vervaardigersrol deur voortdurend projekte te skep en vennootskappe uit te brei sodat plaaslike strukture vir vernuwende kuns nie sat raak nie.

Jaco van der Merwe gesels met Jannike Bergh oor die veelsydige projekte in film, musiek en spoken word waarby hy vanjaar by die Toyota Stellenbosch Woordfees betrokke is.


Woordfees se Filmfees

Hallo, Jaco. Hierdie is die tweede jaar wat jy vrye teuels het om Woordfees se Filmfees te behartig. Verlede jaar was daar ’n groot fokus op Afrika-films, en dit blyk uit die program dat hierde jaar 100% Suid-Afrikaans is. 

Goed raakgesien! In 2023 het ek flieks van meer as 20 lande in die filmfeesprogram ingesluit. Hierdie jaar bestaan die program uit Suid-Afrikaanse films en dit het heel organies gebeur. Toe ek meer as 30 flieks het, en alles is Suid-Afrikaans (behalwe die Buster Keaton-kortfilm, maar dit gaan wel ’n Suid-Afrikaanse musikant hê wat ’n live music soundtrack perform), het ek dit maar net laat wees wat dit wil wees. Dis hopelik ook ’n teken dat daar elke jaar al hoe meer goeie plaaslike films is om uit te kies.

Nuwe, toonaangewende Suid-Afrikaanse langspeel- en kortfilms wys vanjaar by die Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 se Filmfees.

As hoofdosent in filmstudies by Open Window, wat maak jou opgewonde oor Suid-Afrikaanse filmmakers, en wat daarvan kan ons by Woordfees sien?

Ek dink ons bereik uiteindelik ’n punt in Suid-Afrikaanse filmmakery waar ons die medium van cinema as ’n kunsvorm begin verstaan. Op dieselfde manier as wat ons dink oor skilder, of skryf, of musiekmaak, waar ons wil hê dat elke kunstenaar wat daardie medium gebruik, ’n unieke “stem” of herkenbare “manier” moet hê, begin ons as Suid-Afrikaanse kykers en filmmakers nou ook verstaan dat films op dieselfde manier werk. Dis nie net die volg van formules wat goed werk nie, daar is ook baie ruimte vir vernuwing in tegniek en in storievertel, wat treffende audiovisual ervaringe vir kykers kan skep. Ek hou baie daarvan dat die Silwerskermfees hierdie jaar ses “shotgun” kortfilms laat maak het spesifiek deur “established” filmmakers – dis daardie tipe energie wat ’n filmbedryf opwindend en vernuwend maak. By Open Window voel ons ook sterk oor die “Arts” deel in ons skool se “Film Arts” naam – ons raak baie opgewonde wanneer ons studente hulle eie styl begin ontwikkel.

Worldplay

Worldplay keer hierdie jaar terug na die Woordfees met gevestigde en nuwe deelnemers by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch (Foto by Woordfees 2023: AB Jantjies)

Die tema van hierdie jaar se Woordfees is “Speel”, en daar is ’n element van speel en spel in al die produksies waarby jy betrokke is hierdie jaar – ook ’n konsep wat sentraal is tot Worldplay.

Vir nuwe belangstellendes, kan jy meer oor die Worldplay-konsep uitbrei en ook meer vertel waarna jy hierdie jaar uitsien?

Ja, oor die “speel”-ding, related side-note: Ek het dit ook baie geniet om Woordfees se TV ad te maak hierdie jaar, met die tema van “Speel”. Ek was writer, director en producer, en het saam met my span van Open Window Film Arts die advertensie gemaak: Kyk dit hier.

Worldplay is een van my gunstelingprojekte. Hierdie een by Woordfees 2024 sal die 11de edition wees van die projek. Dis basies soos ’n game show, waarin ’n handvol digters en ’n handvol musikante beurte maak om saam te improviseer. Dis amper soos “Spin the bottle”: ’n Digter en ’n musikant se name word getrek en dan moet hulle saam op die verhoog ’n stuk opvoer. Die collaborations is 100% unrehearsed en spontaan, en die shows duur gereeld vir meer as drie ure sonder dat die gehoor wil hê dit moet eindig. Die 2023 Worldplay show wat ons by Daisy Jones Bar gedoen het, was definitief ’n hoogtepunt, en ek vermoed ons gaan nog lekkerder speel hierdie jaar! Digters wat hierdie jaar saamspeel, is Toast Coetzer, Jolyn Phillips, ek, Jerome Rex en Modise Sekgothe. Modise is ook een van die musikante, saam met Jotam Schoeman, Bronwyn Clacherty en Ronald “Die Winterwelpie” Davey. Kaartjies hier

Modise Sekgothe in Worldplay 2023 (Foto: AB Jantjies)

Die hoërskool-poësie-slam-kompetisie

Soos altyd is jy ook doenig met die ontginning van nuwe talent. Die hoërskool-poësie-slam-kompetisie is ’n nuwe instelling in samewerking met Woorde open Wêrelde. Hoe het hierdie projek bymekaargekom en wat is jou rol? 

Toe ek van 2009 tot 2013 ’n high school teacher in die Noordwes was, het ek ’n paar “high school slam poetry competitions” in die gebied gereël, met ongelooflike resultate. Deel van my visie by Wêreld (die kunsorganisasie wat ek in 2015 gestig het) is “scouting”, om emerging kunstenaars te ontdek en vir hulle ’n platform vir groei en ontwikkeling te skep. In 2023 het ons die eerste keer hierdie projek saam met Woordfees en Woorde open Wêrelde uitgerol, en ’n graad 11-leerling, Mia Hardenberg van Wesbank Sekondêr, het die digitale inskrywingsproses gewen en vir die eerste keer in haar lewe op ’n mic op die Daisy Jones verhoog kom optree saam met die Worldplay-digters en -musikante. Sy het ’n standing ovation gekry – dit was magic. Hierdie keer doen ons ’n actual slam-kompetisie, waar high school poets teen mekaar gaan kompeteer, en die wenners gaan dan ook ’n geleentheid kry om saam met die Worldplay-kunstenaars op die verhoog te wees (die Worldplay show gebeur direk na die high school slam kompetisie by Daisy Jones – ons het dit so beplan).

Mia Hardenberg van Wesbank Sekondêr op die Worldplay-verhoog as deel van Woordfees en Woorde open Wêrelde se hoërskool-poësie-slam-kompetisie in 2023 (Foto: verskaf)

Taalgenoot-RUK en RYM

Dit bring ons ook uit by RUK en RYM, Johan Jack Smith van Taalgenoot se breinkind wat nou voortleef en in sy tweede jaar met Woordfees integreer met die Kaapse semifinaal wat by Woordfees plaasvind.

Die noordelike semifinals het reeds by Railways in Pretoria plaasgevind. Hoe sou jy in die algemeen hierdie jaar se deelnemers/sound/tendense opsom?

Hierdie jaar het ons 10 semifinaliste in die noorde gehad, en nou by Woordfees gaan daar 10 in die suide wees. Die eerste semifinaal was great. Daar was heelwat meer vroulike deelnemers as laas jaar, wat awesome is. Daar was ook ’n baie lekker range van klanke, van boom-bap hip-hop tot hard rock en folky-singer-songwriter vibes, met ’n bietjie experimental trap music in die mix for good measure. Vandat Bittereinder begin musiek maak het in 2009, is een van my groot passies om mense te herinner dat “Afrikaanse musiek” nie ’n ding is nie. Afrikaans is ’n taal, nie ’n genre nie. Daar is kunstenaars wat in ’n menigte verskillende genres musiek skep, met Afrikaanse lirieke, en dis vir hulle wat Taalgenoot-RUK en RYM ’n platform skep (in die leemte wat vorige alternatiewe-musiek-platforms soos MK en Oppikoppi gelos het).

Taalgenoot-RUK en RYM 2024 se noordelike semifinaal by Railways in Pretoria (Foto: Ruben Bothma van Full Spectrum Media)

Ek sien Spotify is aan boord hierdie jaar as hoofborg/vennoot. Wat bied hulle die kompetisie hierdie jaar? 

Spotify borg ’n hele paar van die pryse, asook die printing van die 2024 T-shirts (met befokte design deur Octavia Roodt en Kyle Kemink, my droomspan vir illustrasie en ontwerp). Hulle gaan ook van die finaliste se musiek op hulle groter Afrikaanse playlists sit, en hulle bied ook workshops aan wat jong kunstenaars ’n paar pointers gee oor hoe om die digital streaming platform-wêreld aan te pak. 

Taalgenoot-RUK en RYM 2024 se noordelike semifinaal by Railways in Pretoria (Foto: Ruben Bothma van Full Spectrum Media)

Wat beplan julle vir die Kaapse semifinaal by die Daisy Jones in Stellenbosch?

Een van die opwindendste dinge van die Kaapse semifinaal is dat ons forces join met Karen Zoid. Sy gaan haar show op die Daisy Jones-verhoog doen direk na die RUK en RYM-semifinaliste. Karen gaan ook die guest judge wees vir die Kaapse semifinaal, so dis wonderlik om een van Suid-Afrika se beste alternatiewe musikante as deel van die RUK en RYM-projek te hê. Hier is meer inligting

As skeppende kunstenaar
Jy verruil ook vlugtig jou rol van fasiliteerder met jou eie skeppende werk by Woordfees hierdie jaar deur ’n liriekeboekie van Bittereinder te launch. Kan jy ons meer oor die boekie en die launch vertel?
........
Dis ’n dubbel-lirieke-boekie-event, van Fokofpolisiekar en Bittereinder, en dis een van die heel laaste dinge wat gebeur by die Woordfees, dus was die slim naam vir die event wat Bibi Slippers uitgedink het, “Fokof of bly tot die bittereinde”.
........
Ek geniet dit om so tussen die rolle van kunstenaar en producer rond te spring. By hierdie Woordfees is daar ’n paar voorbeelde van dit: Ek gaan een van die deelnemende digters wees in die Worldplay show; ’n kortfilm wat ek ge-co-write en co-direct het gaan ook wys by die filmfees; en dan ook die Bittereinder-liriekeboekie wat ons gaan launch op die laaste dag van die fees. Noudat die projek van Bittereinder tot ’n einde gekom het, het dit soos die regte tyd gevoel om die lirieke van die vyf albums wat ons oor 14 jaar vrygestel het, saam te vat in een boekie. Louis Minnaar het die ontwerp gedoen, en ons gaan die boekie amptelik vir die eerste keer vrystel by die Woordfees. Annie Klopper (wat gedeeltelik haar PhD geskryf het oor Bittereinder se lirieke) gaan ’n gesprek voer met my en met Hunter Kennedy wat die Fokofpolisiekar-liriekeboekie ook daar gaan hê. Annie is uniquely positioned as ’n kenner van al twee bands se lirieke, so ek sien uit na die gesprek! Dis ’n dubbel-lirieke-boekie-event, van Fokofpolisiekar en Bittereinder, en dis een van die heel laaste dinge wat gebeur by die Woordfees, dus was die slim naam vir die event wat Bibi Slippers uitgedink het, “Fokof of bly tot die bittereinde”. Ek en Hunter gaan possibly ook ’n paar akoestiese liedjies opvoer. Een idee wat ons gehad het, is dat ek ’n Fokof cover speel, en hy ’n Bittereinder cover. Ons sal maar sien of dit so gebeur!
Wat nog voorlê: Wêreld artist retreat in Piketberg

Ons het verlede jaar gesels oor vele projekte waarmee jy besig is, waarvan die mees ambisieuse een, die Wêreld artist retreat, besig is om mooi vorm aan te neem. Kan jy ons kortliks vertel van die kunsveilings wat onlangs plaasgevind het om julle eerste “kunstenaarsoord” in Piketberg te befonds?

Jaco van der Merwe in die ruimte in Piketberg in die Wes-Kaap wat omskep gaan word in Wêreld se eerste kunstenaarsverblyf. (Foto: verskaf)

Ja! Ek het Wêreld gestig in 2015 met ’n visie om Suid-Afrikaanse kunstenaars te ontdek, ondersteun, connect en empower. Oor die laaste nege jaar het ons meer as 200 projekte gedoen wat almal in lyn was met daardie visie. Ons nuutste projek is om ’n artist retreat space te bou in die berge naby Piketberg, waar ons heel jaar lank “artist residencies” gaan fasiliteer, met internasionale en local kunstenaars, en met workshops in plaaslike gemeenskappe. Dis ’n groot visie, een waaraan ek ten minste die volgende dekade van my lewe gaan toewy. Saam met Karen Zoid het ons twee groot kunsveilings gehou om fondse in te samel om die projek te kickstart. So baie kunstenaars het ons bygestaan en deel geword van die visie, en ons familie het gegroei. Enigiemand kan ons journey volg by https://www.instagram.com/wereldretreats (asook https://www.instagram.com/wereld_sa om die geskiedenis van al Wêreld se projekte te sien).

Lees ook:

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Bibi Slippers

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Saartjie Botha

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Hoe het dit skielik laat geword? – 'n onderhoud

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 – Die Wes-Kaapse hoërskool-"slam"-poësiekompetisie

Persverklaring: Taalgenoot-RUK EN RYM stook alternatiewemusiekvlam

Bittereinder se laaste maal: ’n onderhoud met Jaco van der Merwe, woordkunstenaar en kultuurbewaarder

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top