Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Saartjie Botha

“Ons speel met oorgawe, oral waar ons kan, behalwe tweede viool en parte speel. Ons wou ’n tema kies wat ligter voel – daar is genoeg ander sake om oor bekommerd te wees. Speel vra oorgawe en medepligtiges, en daarvan het ons oorgenoeg by die fees. En dan het ons natuurlik kunstenaars wat hulle harte gaan uitspeel.”