In samewerking met Woorde open Wêrelde bring Wêreld (’n multi-dissiplinêre kunsorganisasie) ’n opwindende nuwe aanbieding na die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2024. Dié produksie is die Wes-Kaapse hoërskool-“slam”-poësiekompetisie, en dit vind plaas op 3 Oktober om 16:00 by die Daisy Jones-venue in Stellenbosch. Die wenners sal ook die geleentheid kry om die verhoog te deel met van Suid-Afrika se beste spoken-word-digters in ’n produksie met die naam WORLDPLAY, wat direk ná die “slam”-kompetisie plaasvind in dieselfde venue.
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed