Bittereinder se laaste maal: ’n onderhoud met Jaco van der Merwe, woordkunstenaar en kultuurbewaarder

  • 0
Jaco van der Merwe het die Afrikaanse kultuurwêreld betree toe hy in 2010 in sy moedertaal as die frontman van die groep Bittereinder begin rap het – en waarby gehore wyd oor die land aanklank gevind het. Dié rymkletser, musikant, digter en filmskoolhoof was in verskeie groepe vóór Bittereinder en is deurlopend betrokke by veelvuldige kultuurprojekte, waar kennisoordrag en talentontginning onlosmaaklik deel van sy roeping is. 
Jannike Bergh het onlangs met Jaco gesels oor Bittereinder se laaste optrede, sy betrokkenheid by Woordfees vanjaar en musikale samewerkings om na uit te sien. Hulle gesels ook oor die kreatiewe proses, oor om te skep en om te rou. “The journey is the destination,” soos hy sê.

The last supper. Bittereinder voor hulle laaste optrede (April, 2023). Foto verskaf.

Bittereinder het vroeër hierdie jaar julle voorlaaste (of laaste?) show gespeel wat jy ook dokumenteer het as deel van jou eie EMERGENCE podcast, en die episode spring tussen die hede, die verlede en die toekoms. Kan jy ons meer vertel?

Elke episode van EMERGENCE is soos ’n klein kunswerkie; ’n mengsel van gedagtes, gesprekke en recordings van ander mense. Daar is een of twee opnames in die kar, waar mens die klanke van die kar, ens kan hoor.

Die premise van “emergence” is gebaseer op The Books – Aleotoric [kyk dit hier op Vimeo], ’n dokkie waarin die een ou oor die “process of emergence” praat – he believes in the process of emergence where you set up the conditions in which something is bound to happen. Dis hoe hy dink oor creativity en sy process en so aan. The journey is the destination. Jy stel die parameters op en gooi ’n paar elemente in die mix. Mens kan sê die “dice rol” – random but isn’t – daar’s keuses wat mens steeds maak in die “aleatoric process”. 

Dit is ’n experimental podcast, ’n stream of consciousness – soos hierdie voice note!

Sien jy die opname as ’n rouproses?

Daar’s baie elemente wanneer mens aan ’n podcast werk: die voor-die-tyd-gedagte, die actual recording and then making something out of the audio. Dit was ‘n diep oomblik. Die eerste Bittereinder show was one of the most significant, spiritual moments of my whole life. In 2011, toe ons by Hotbox (huiskonsertreeks in Pretoria) ons heel eerste show gespeel het. Dis die heel eerste keer in my lewe wat ek in Afrikaans gerap het. Ek het nie ’n moniker gehad nie; ek was Jaco van der Merwe, die voorsanger van Bittereinder. Vir die eerste keer in my lewe het ek nie weggekruip agter enigiets nie. Om in my moedertaal te rap was ’n super-profound oomblik van versoening met my taal en met dele van my kultuur waarmee ek baie gestoei en gesukkel het vir die eerste 25 jaar van my lewe. Dis ’n lang storie daai [...] Bittereinder was ‘n groot deel van my lewe en identiteit.

Bittereinder se eerste bymekaarkoms (April, 2009).

Is om te rou om iets te laat aanhou of om te laat gaan?

It’s both, you want to keep both. You want to keep memories, you even want to keep certain parts of energies. You want them also to evolve in a way. Ek het ’n nuwe liriek in ’n stukkie musiek waaraan ek werk: “Bittereinder is ’n gateway drug.” Die idee is: It could be a portal to more things – ek hoop maar Bittereinder is vir my ook ’n gateway drug en vir ander mense wat nog luister.

Was dit ’n rouproses? Ja. Ek het ook nogal geramble. Dis moeilik om presies te artikuleer wat jy dink. Dis iets waarmee ek, believe it or not, sleg is. Ek het gedog ek is moer goed daarmee, om te weet wat ek voel en te weet wat ek dink. Hunter S Thompson het gesê: “It’s only when I write about something that I really understand it”, en baie ander skrywers het dit ook al gesê. To really understand something, I sit down to write about it.

Is dit korrek om die dokumentering van jou emosies en gedagtes (voor, tydens en na die show) te interpreteer as ’n manier om sin te skep in ’n wêreld waar mense op hulle fone byvoorbeeld net verby “significant moments” swipe? Ek dink terug aan die liriek, “Sê tog die musiek beteken nog iets” uit “Ware verhaal”, die eerste song wat julle vrygestel het. 

The drive towards the show was a moment, realising it might be the last festival we play. Ja, daar is ’n lack of attention vandag. Dinge gebeur supervinnig. Ons almal het information overload. Daar is ’n klein groepie mense wat regtig connect met Bittereinder se werk: the people that connected, really connected. Peach en Louis [die ander twee Bittereinder-lede] het altyd gesê: “Here comes the intellectual groupies!” Hulle kom gesels oor moments they had, deep spiritual things. Mense wat op die grondpad loop en huil. Mense met mental health issues wat comfort in die musiek gevind het. En couples wat in long-distance relationships met Bittereinder se musiek connect. 

Dit is vir my magic dat Bittereinder ’n cross-generational appeal gehad het. Mense weet ek love daardie stuff, so they just send their stories to me. 

.....
Ek is trots daarop dat ons ons kuns kan posisioneer op ’n spektrum van “sê tog die musiek beteken nog iets”, soos jy ook hier gequote het. Dit was nog altyd vir my ’n central line. And it’s a plea. Please fuckin’ tell me that there are still some people out there who are achieving the sublime through the engagement with art. Ek weet dit bestaan tog.
.....

Ek voel Bittereinder se hele mission was om ander mense ook te help om sin te skep in ’n wêreld waar alles net instant gratification en net super-shallow is (nie alles nie, obviously nie alles nie). Ek is trots daarop dat ons ons kuns kan posisioneer op ’n spektrum van “sê tog die musiek beteken nog iets”, soos jy ook hier gequote het. Dit was nog altyd vir my ’n central line. And it’s a plea. Please fuckin’ tell me that there are still some people out there who are achieving the sublime through the engagement with art. Ek weet dit bestaan tog.

Om te rou, om te laat aanhou of om te laat gaan? Dis definitief vir my al twee. You have to let some things go. Hierdie is ‘n kreatiewe projek tussen drie mense. Ons al drie het baie gegroei as mense en in verskillende rigtings begin mik met allerhande verskillende dinge, so ons al drie moet sekere elemente laat gaan. Ons het altyd vir mekaar gesê dat ons vriendskappe die belangrikste is en ons gaan dit bo alles probeer hou – en ja, dit raak moeilik om die kreatiewe centre van ’n driehoek te vind ná tien jaar.

Ek is trots om te sê dat ons laaste show [by Misty Waters, 2023] ’n goeie show was – daar was goeie gees. It wasn’t a tired thing. Maar baie van daai songs is meer as tien jaar oud. Tyd om ’n paar dinge te laat gaan.

Bittereinder by Oppikoppi (Augustus, 2016). Foto: Jurgens Burger

In die podcast noem jy dat Bittereinder nog altyd ’n oudiovisuele projek was. Jy is ook betrokke by film- en woordkunsprojekte. Kan jy ons meer daarvan vertel? 

Ek is ’n groot liefhebber van wat “audio + visual” saam doen. Ek werk al vir tien jaar by Open Window Film Arts, vir die laaste vyf jaar as Head of School. Ek is elke jaar betrokke by verskeie film festivals en projekte. Dit is lekker om te sien hoe studente ontwikkel as kunstenaars en technical filmmakers en dan in die industrie ingaan en allerhande verskillende, interessante goed doen. 

Ek is ook hierdie jaar by die Woordfees betrokke. Ek en Danie Marais het saam die Woordfees se Filmfees opgestel. Danie doen dit nou al vir meer as vyf jaar en het my begin betrek vir gesprekke oor cinema. Hy het nou vir my die baton aangepass. Dis ’n amazing privilege! And what a joy. Daar’s meer as 70 flieks van meer as 20 lande vir ’n 9-dae film festival. Daar is twee cinemas, Neelsie 1 en 2. Die fokus hierdie jaar is op Afrika cinema, insluitend Suid-Afrikaanse cinema en ook Afrikaans. Daar is baie kortfilms ook, en dis meestal stuff wat ek self gekies het. Hier is die program.

Danie Marais en Jaco van der Merwe by die Woordfees-programbekendstelling in Stellenbosch (Junie, 2023)

Ook by Woordfees produce ek twee spoken word and music shows: Worldplay. Dié projek is deel van die platform WERELD wat ek in 2015 gestig het. Sedert 2015 het WERELD meer as ’n 100 shows en productions en experiences bymekaar gesit en ge-curate en ge-produce en ge-host. Die Worldplay show is die nuutste projek, in samewerking met Hear my voice, ’n beweging wat spoken word poets in Suid-Afrika bevorder. En WERELD kyk na al die kunste, hoofsaaklik musiek. 

Maar spoken word poetry is ook in my bloed. I’ve been doing that for 25 years.

Worldplay is a game show-esque environment: Jy spin ’n wiel met al die poets wat daar is se name op en dan land dit op iemand se naam en dan spin jy ’n wiel en dit land op een van die musikante se naam. En dan maak julle saam iets quite improvised. Most poets have an archive of memorised pieces, en dan vind die musikant maar net die poet at some point. Laaste keer wat ons dit gedoen het, was dit insane. By die Mogale Arts Festival het ons ’n drie-uur show gedoen, en niemand wou hê dit moet eindig nie. The whole audience just sat there. Antjie Krog was ook in die gehoor en sy het een van die poets omhels. Baie van die mense wat daar was, gaan ook by die Woordfees Worldplay shows wees – Toast Coetzer van Buckfever Underground, Flex of He&I, Ronald Davey (tjellis, eksperimentele musikant), Louwrens Fereirra, Xabiso Vili (current slam poet world champion). Hier is meer info en tickets is al available: https://woordfees.co.za/program/worldplay.

Dit vind 11 en 13 Oktober by die Daisy Jones Bar plaas. 

Jy is voortdurend besig in beide ’n skeppende en ‘n opbouende kapasiteit, en skep verskeie platforms vir kunstenaars (skrywers, digters, musikante, filmmakers) en raak betrokke by uiteenlopende en oorvleuelende projekte. Waar kom hierdie “vocation” vandaan? En waarmee is jy tans besig?

Ná 25 jaar as ’n kunstenaar (skrywer, lyricist, frontman, singer) is ek nog altyd die dude wat gemaklik in die spotlight en op die mikrofoon is. En ek was nog altyd ’n kickstarter –  I’m all about that creative spark. Ek love dit as ander mense se creativity spark, partly because I got them excited about creativity again. Soos jy sê, ’n roeping of something.

Ek weet nie waar dit vandaan kom nie. Maar all credit to my parents who let me express myself. Ek het nou die dag ’n dokkie oor human development gekyk, en oor mense wat self-confidence het, and how they achieve different levels of success – whatever that might mean; the ability to express themselves or start projects and follow through on them – through that self-confidence. The main criteria is dat hulle ouers gehad het wat in hulle geglo het en interested in jou is, en net saam met jou sit en sê: “Well done” of “Try this” and they just guide your little process of exploration and learning with an active interest in who you are and in an affirming space. Then you’re set and it almost doesn’t matter what happens to you after that. Ek dink net daaraan nou as jy sê waar kom daai vocation vandaan. 

'n Worldplay-produksie by die Mogale Arts Festival in Pretoria. Foto: Pierre van Vuuren.

That’s a part of it – ek het daai self-confidence and I walk out and hit the mic and I don’t think about it. Daar is baie ander voorbeelde, events, troues, begrafnisse, because it’s in me and everyone knows. And just the joy of creativity. Mens besef the journey is the destination. Mens mik dalk vir fame en sukses. But sometimes just getting together with your friends on a Tuesday night every week and playing these songs that you’ve written together is the deepest joy. Dis so fokken lekker. Dis so profound, soos om kerk toe te gaan – in the days I still used to do that. It’s a similar thing and you’re bonding with other people and there’s a spiritual experience in the middle of that.

Interessant nou later in my lewe, noudat ek 40 is, beweeg ek organically in curatorial spaces in. People are inviting me to be part of projects, eg Woordfees Filmfees.

Ek het ook onlangs betrokke geraak by ATKV en Taalgenoot se nuwe battle of the bands-kompetisie, met die naam RUK EN RYM. Johan Jack Smith het my daarvoor genader. [Die span beoog om die projek te laat voortleef as ’n eerbetoning aan Johan Jack Smith, Taalgenoot-redakteur, wat onlangs skielik oorlede is – LitNet-redaksie.]

RUK EN RYM bou ’n infrastruktuur vir jong of nuwe kunstenaars om ook net ’n plek te hê om voor te mik. [Die projek se dryfkrag] is alternatiewe musikante wat in Afrikaans skryf. Dit is nie Afrikaanse musiek nie, because that is not a thing. Afrikaans is ’n taal, it’s not a genre! RUK EN RYM se konsep lê in skeppende kunstenaars en musikante wat musiek maak met ’n alternatiewe aanslag and it can be in any genre: It can be rock, trap, electro, shoegaze, it can be anything. Dit moet net nie explicitly sokkie of mainstream wees nie. There should be some sensibility to it.

Enige musiek op die horison?

Ek het ’n rukkie terug vir eerste keer ’n album as Jaco van der Merwe vrygestel en dit was ’n collection van samewerkings wat ek oor die jare gedoen het met metal bands en electro producers en folk acts en whatever, maar enige tyd min of meer wat ek op ’n verse geklim het of ge-cowrite het, of die song geskryf het. 

En toe begin ek ’n DistroKid account. Die [volgende album] is weer ’n collection van 13 songs, en verskeie goed oor die laaste vier tot vyf jaar. Die titel is Deeper the machine dream, deeper goes the learning – dit was die working title vir meer as ‘n jaar and it’s becoming more and more relevant by the moment. Dit is tans by Frnge who is busy mastering for me (hy is ’n oudstudent van my). Frnge sent me the masters last week, sounding lovely, en Eric Mnguni is besig met die cover art. Album features collabs met Peter Auret se Scullery Quintet, Trxstxssx, Catchfire, Mart-Mari Snyman, amaFranx en Jean-Louise Parker, onder andere.

Terselfdertyd word dit vir my lekkerder en lekkerder om van die mic af te beweeg en al my hoede te dra, selfs saam met my alumni. That’s when I’m really energised, when I’m wearing all the hats at the same time.

Jaco van der Merwe en die spoken word-kunstenaar Flex (of He & I) tree op by die huiskonsert-platform Hausbabadada in Pretoria in 2021. Foto: Wikus de Wet

Die tweede album wat ook amper klaar is, is musikale verwerkings van ’n digbundel wat ek ’n paar jaar terug uitgebring het, Also. 

En toe het ek al die tracks opgeneem as vocal files by Peach (vriend en musiekvervaardiger), en toe vir Frnge en Trxstxssx gegee. Hulle is twee jong, gifted electro producers. Die tracks is amper klaar. Ek het onlangs vir hom gesê, “Yo dog let’s put some dates to that.” Die tweede album sal ook Also wees. 

Dan is daar ’n baie interessante collab wat onlangs oor my pad gekom het. Daar’s ’n jong producer, 23, met die naam Jan Bloukaas, wat in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf ingebars het. Toe hy 17 was, het hy ’n viral meme comedy song gemaak en ewe skielik voor duisende mense gespeel. He’s a gifted electro music producer. Toe het hy ’n significant album hierdie jaar uitgebring met die naam Vreemdeling. It went over from mainstream pop to something gritty with a proper alternative sensibility to it.

Jaco van der Merwe kuier by Jan Bloukaas in die Kaap (Junie, 2023). Foto verskaf.

Toe stuur ek vir hom ’n boodskap: “Dog, this is an important album, for the Afrikaans music landscape. Not because it’s Afrikaans music. This is an important album doesn’t matter what language it is in. This is a good album.” Hy stuur terug: “Thanks dog, dit beteken baie vir my.” Hy’s loosely bewus van wat Bittereinder is. Ja, toe skielik stuur hy vir my beats. What are these beats? It’s just this crazy underground hip hop melancholy sick bass lines. Dis crazy. Dis my brood en botter. I was literally about to retire and stare off into the distance. But these tracks are so good. Toe vlieg ek verlede maand Kaap toe en ons werk vir vier dae aan music. Daar’s ’n bunch of interesting collaborators met ’n diaspora van Afrikaanse kids wat in China, Korea en Amsterdam sit. We’re writing verses together and doing the thing. Bloukaas is producing and I cannot believe how insane this music sounds. Bloukaas is a different generation. Maar dis nou early days. 

So, om op te som, daar is drie nuwe albums wat uitkom waarby ek ook betrokke is. 

In memoriam:

Johan Jack Smith, die stil man wat ander laat skitter het

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top