Portale
Persverklaring: Laai die ATKV-Kinderboektoekennings se reglement en inskrywingsvorm hier af
2023-10-19Inskrywings vir die ATKV-Kinderboektoekennings 2023 sluit op 17 November 2023. Laai die reglement en inskrywingsvorm hier af.
Wegwêreld: ’n Instagram-resensie | Toyota US Woordfees 2023
2023-10-16"Welgedaan, Parel Vallei; julle vat mens weg. Na ’n goeie, hoopvolle plek toe. Mens wens met jeugdige passie dat die hele land se mense hierdie toneelstuk kan sien."
Persverklaring: SA Akademie ken erelidmaatskap aan Oppel Greeff toe
2023-10-13Erelidmaatskap is die hoogste toekenning van die SA Akademie, wat bekend is vir sy gesogte toekennings wat ’n prestasiekultuur in Afrikaans bevorder.
Uitnodiging: Poësie en die klimaatskrisis – hoe praat digters terug?
2023-10-11Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Werkgemeenskap Vrystaat, in samewerking met die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, nooi alle belangstellendes hiermee hartlik uit na ’n byeenkoms waarby Pieter Odendaal as spreker gaan optree.
Uitnodiging: Hertzoggedenklesing 2023
2023-10-11Alle belangstellendes word baie hartlik uitgenooi na die jaarlikse Hertzoggedenklesing wat vanjaar op Woensdag 18 Oktober 2023 om 18:00 in Pretoria plaasvind.
Persverklaring: Max du Preez lewer die eerste PEN Afrikaans-lesing oor die stand van mediavryheid in Suid-Afrika by die Toyota US Woordfees 2023
2023-10-06Die veteraanjoernalis, analis en kommentator Max du Preez sal praat oor die verskillende gedaantes van Vrye Weekblad teen die agtergrond van uitdagings vir uitdrukkingsvryheid waarmee hulle deur die jare te doen gekry het.
Persverklaring: PEN Afrikaans en Human & Rousseau span saam as deel van ’n internasionale projek om ’n liefde vir lees te bevorder, ook in Xhosa
2023-10-06Moomin Characters Ltd en PEN International span sedert 2018 kragte saam om die beroemde Finse skrywer Tove Jansson se kortverhaal "Die onsigbare kind" te publiseer, met die doel om ’n liefde vir lees te bevorder, sowel as groter inklusiwiteit en kritiese denke oor ’n reeks temas wat met geslagsdiskriminasie verband kan hou.
Persvrystelling: Konferensie in Utrecht, Nederland op 24 November 2023
2023-10-06Die Buitelandse Werksgemeenskap van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) nooi u uit na sy eerste konferensie op Vrydag 24 November 2023. Die tema van die konferensie is Die wêreld is ons woning (nie)? Afrikaanssprekende en Suid-Afrikaanse akademici in die "buiteland". Die konferensie vind van 11:00 tot 16:00 plaas in die vergadersaal van die Lutherse Kerk, Hamburgerstraat 11, Utrecht, Nederland.
Uitnodiging: Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe
2023-10-05Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika word genooi om hul navorsing in Afrikaans in die vorm van ’n referaat of plakkaat by die simposium (23–24 November 2023) aan te bied. Die aangepaste sperdatum vir voorstelle is 20 Oktober 2023.
Persverklaring: Aankondiging van SA Akademieraad 2023–2026
2023-10-05Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Raad vir die termyn 2023 tot 2026 is by sy algemene jaarvergadering op Donderdag 28 September aangekondig. Ilse Feinauer is die nuwe voorsitter en Leopoldt van Huyssteen is die ondervoorsitter.
Fanie Olivier (1949–)
2023-10-05"Ek skryf omdat ek iets wil sê. Die bevrediging berus nie vir my in die feit dat ander mense die werk uiteindelik gaan lees nie en, om die waarheid te sê, maak dit nie vir my juis eintlik saak of my naam aan ’n werk gekoppel is of nie. Die bevrediging lê daarin om iets te maak."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2023
2023-10-05Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: En die Woord het onder ons kom woon – Afrikaanse aanbidding en die toekoms van die Afrikaanse wêreld
2023-10-05"Dit is nie net dat God in sy vleeswording God vanaf die transendente na die immanente, vanaf dit wat anderkant die syn is na die syn toe vertaal nie, maar ook dat die vleesgeworde Woord deur die gebruik van menslike tale van meet af self as vertaler werk."
Persverklaring: Gewilde aandwedloop op Paarlberg vir goeie doel op 13 Desember 2023
2023-09-28Met die groeiende uitdaging om die lewensgehalte van pasiënte met lewensbedreigende siektes, asook hul gesinne, te verbeter, is dit nou die tyd om draf-draf (of stap-stap) geld in te samel vir die Drakenstein Palliatiewe Hospies. Boonop is talle kontantpryse op die spel wanneer die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), Historium Trust, Drakenstein Palliatiewe Hospies en Paarl Atletiekklub se pretgelaaide Aandwedloop op Woensdag 13 Desember 2023 op die beeldskone Paarlberg plaasvind
ATKV-Woordveertjies 2023: Prys vir Spanningslektuur, Prys vir Niefiksie en ATKV-Prosaprys
2023-09-22Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Hier is die wenners van die Prys vir Spanningslektuur, Prys vir Niefiksie en ATKV-Prosaprys.
ATKV-Woordveertjies 2023: Prys vir poësie, Prys vir dramateks en Woordwystoekenning
2023-09-21Die Afrikaanse woord seëvier by die ATKV-Woordveertjies 2023. Hier is die wenners van die Prys vir poësie, Prys vir dramateks en Woordwystoekenning.
Persverklaring: Die WAT se Nuutskeppingskompetisie 2023 en paneelbespreking by Toyota US Woordfees
2023-09-21Die WAT se jaarlikse Nuutskeppingskompetisie vind vanjaar weer tydens die Toyota US Woordfees in samewerking met Monitor op RSG plaas.
ATKV-Woordveertjies 2023: Die Afrikaanse woord word vereer in hierdie liefdesverhale
2023-09-20Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Boekwurms wêreldwyd sal jou vertel dat min dinge ’n goeie liefdesverhaal klop, en ook in Afrikaans staan liefdesromans hul plek op boekrakke vol.
ATKV-persverklaring en -uitnodiging: Leer in jou ma se taal
2023-09-20Die ATKV bied op 27 September ’n paneelbespreking oor moedertaalonderrig aan. Vind by dié bespreking meer uit oor hoe onderrig in hul moedertaal ’n goeie grondslag vir kinders gee om ander tale aan te leer.
E (Sussie) Kotze (1933–)
2023-09-20"Die skryfproses is soos ’n swerm mossies wat uit ’n boom opvlieg: Jou gedagte word los as jy begin skryf en hope idees kom uitgefladder."
