Persverklaring | Pos: Hoof- uitvoerende beampte (HUB) Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

  • 1

Die pos van hoof- uitvoerende beampte (HUB) van die SA Akademie het op 1 April 2024 vakant geraak. Van die nuwe HUB word verwag om reeds op 1 Julie 2024, of so spoedig moontlik daarna, diens te aanvaar. Die Hoofkantoor van die SA Akademie is in Pretoria gevestig. Daar word verwag dat die suksesvolle kandidaat kantoorpligtig sal wees.

Aansoeke om die pos van HUB (voltyds) word tot 3 Mei 2024 ingewag. Onderhoude met geskikte kandidate word so gou moontlik gevoer en daar word verwag dat ’n aanstelling teen 30 Junie gemaak sal word.

Die visie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) is om Afrikaans in alle fasette te bevorder en uitnemende prestasie in die wetenskap en kunste in Suid-Afrika te erken.

Pligte
  • Die HUB is dié verteenwoordiger van die SAAWK.
  • Die HUB van die SAAWK is verantwoordelik vir die strategiese en operasionele bestuur van die werksaamhede van die SAAWK.
  • Die implementering van die strategiese visie en die missie van die SAAWK, en die gepaardgaande bestuur van die netwerke van die SAAWK, is ’n kerntaak van die HUB.
  • Die bevordering van die wetenskappe en die kunste in Afrikaans is ’n sentrale taak van die HUB.
  • Fondswerwing met die oog op finansiering van die SAAWK se bedrywighede is een van die vaste pligte van die HUB.
  • Die HUB is verantwoordelik vir die volgende aktiwiteite van die SAAWK: finansies, menslike hulpbronne, infrastruktuur en bemarking.
  • Die HUB inisieer nuwe projekte wat die visie van die SAAWK ondersteun.
  • Die HUB bestuur ook bestaande projekte van die SAAWK.
Minimum vereistes

Kwalifikasie: Minstens ’n doktorsgraad (in enige vakgebied).

Die suksesvolle kandidaat moet oor die volgende eienskappe en vaardighede beskik:

  • Positiewe visie ten opsigte van Afrikaans as wetenskaps- en onderrigtaal.
  • Bewese bestuursvermoëns en bestuursvaardighede – finansieel, projekbeplanning en -bestuur, personeelbestuur en andersins.
  • Bestuurservaring binne die tersiêre of ’n verwante sektor.
  • Grondige kennis en ondervinding van die akademiese en algemene wetenskapstoneel in Suid-Afrika en die onderwys in die algemeen.
  • Organisasievermoë: akademiese byeenkomste en bekroningsplegtighede.
  • Goeie kommunikasievaardighede teenoor akademielede, bestaande en potensiële borge, werkgemeenskappe en lede van die publiek.
  • Uitnemende skryfvaardighede met betrekking tot die Akademie se kommunikasie na buite – persverklarings, kennisgewings en nuusbrief.
  • Bewese kundigheid en ervaring ten opsigte van fondswerwing.
Aanbevelings
  • Kennis en ervaring van die SAAWK.
  • ’n Kandidaat is of was moontlik in ’n bestuurshoedanigheid aan ’n tersiêre instelling verbonde.
  • Ervaring in die hantering van die media.
  • Gevestigde kulturele, akademiese en finansiële netwerke.
Ampstermyn

Dit gaan om ’n termynkontrak (sonder enige byvoordele), aanvanklik vir ’n termyn van drie jaar, met die moontlikheid van verlenging, onderhewig aan ’n prestasieevaluering. Vergoeding is onderhandelbaar. Die salarisskaal is op aanvraag beskikbaar.

Aansoeke

Aansoeke met volledige besonderhede, wat ’n Curriculum Vitae en die name van twee referente insluit, word van nou tot 3 Mei 2023 ingewag. Die aansoek moet ook ’n standpuntstelling van die aansoeker rakende die rol van die SAAWK in die toekoms insluit (3 – 5 bladsye). Geen aansoeke sal oorweeg word ná die sluitingsdatum nie.

Aansoeke moet gestuur word aan: Linda Brink (e-pos: linda@akademie.co.za)

Daar sal van kandidate wat vir ’n onderhoud genooi word, verwag word om ’n aanbieding oor hulle visie vir die SAAWK te doen.

(Indien kandidate teen 30 Junie 2024 nog geen terugvoering ontvang het nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was).

Navrae

Ilse Feinauer (e-pos: aef@sun.ac.za) of Leopoldt van Huyssteen (e-pos: lvh@sun.ac.za)

Die Akademie behou die reg voor om sonder verstrekking van redes geen aanstelling te maak nie.

  • 1

Kommentaar

  • So genuine geen ekstra perks? Daar's seker darem 'n reserved onderdak parkingspot. En die pay? Is dit darem big bucks? Ek het ongelukkig nie PhD nie. En besaaids is Pretoria uit my koers. Sal dit maar forward. Dalk is daar iemand wat vir die job wil apply. Ma julle kort ook eintlik 'n branch hier by die see. Soos wat Akademia nou het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top