Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Februarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
5 Februarie
Resensie: Buitengewoon lieflike roman
Jonathan Amid resenseer The Lost Love of Akbar Manzil deur Shubnum Khan
Resensie: ’n Huis is meer as vier mure
Sonja van der Westhuizen resenseer The North Light deur Hideo Yokoyama
Resensie: Digter ver-taal deur vere van verandering
Daniel Hugo resenseer Verveertaal deur Ilse van Staden
Boeke: Skryfpelle Toast en Tom op boek-sloertoer van suid na noord
Elretha Britz berig.
6 Februarie
Boeke: Joernalis Penny Haw wen Philida-letterkundeprys
9 Februarie
Profielonderhoud: Die ‘ander oog’ van die brose Koos du Plessis
Murray la Vita in gesprek met Irma du Plessis
12 Februarie
Resensie: ’n Priemende blik op mens se soeke na sin
Francois Bekker resenseer Hemel en aarde en ons deur Zirk van den Berg
Resensie: ’n Verhaal van tweede kanse
Jonathan Amid resenseer Vlug van gister deur Jan Bonthuys
Resensie: Heelwat meer as anekdotes
Jean Meiring resenseer All Rise: Tales of Human Rights & Wrongs deur Roger Chennels
Boekevat: ’n Verstrengeling van waarhede, waarneming
’n Rubriek deur Charl-Pierre Naudé
13 Februarie
Boeke: Adam Small gehuldig met 7de fees op Pniël
Boeke: Harry Potter se avonture kan weer in Afrikaans beleef word
Boeke: Internasionale superster-kinderboekskrywer na letterkundefees in Franschhoek
14 Februarie
Boeke: Wêreld-hardopleesdag: Kleintjies oral die ene ore
Boeke: Vrou van Ashton saam met groot name in bundel vir hoërskole
15 Februarie
Boeke: Oudstudent van Brink oorstelp oor Philida-prys
AJ Opperman in gesprek met Penny Haw
19 Februarie
Boekevat: Mens en taal verryk deur meer taalkontak
’n Rubriek deur Yves T’Sjoen en Alwyn Roux
Resensie: Krimi in kol vir jonger lesers
Ilza Roggeband resenseer Vasbyt Vyf deur Eleanor Lombard
Resensie: In stryd teen mensehandel
Anschen Conradie resenseer Sy is veilig deur Emma van der Walt
Resensie: Kleurvol soos Bo-Kaap, maar hartseer en pynlik
Clinton V du Plessis resenseer Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks
21 Februarie
Boeke: Digter Clinton V du Plessis deur Oos-Kaapse regering vereer
23 Februarie
Profielonderhoud: ‘Een van ons talente is om te lag vir onse swaarkry’
Murray la Vita in gesprek met Charmaine Africa
Boeke: LAPA se kompetisie vir jeugromans: Hulle is benoem
24 Februaire
Boeke: Debuutroman is ‘lekker, nuwe pad’ vir Riaan Grobler
26 Februarie
Boekevat: As ek gedigte lees, voel dit my skip kom in
’n Rubriek deur René Bohnen
29 Februarie
Boeke: Time of the Writer-fees vier 30 jaar van demokrasie
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Februarie op LitNet verskyn:
Die fantastiese mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman: ’n lesersindruk
aalmoes vir die bootman deur Andries de Beer: ’n lesersindruk
Stefaans Coetzee gesels met Marecia Damons oor The Thabo Bester story
Kanniedood, kopieregwetgewing en stories: ’n onderhoud met Joha van Dyk
As drome waar word: ’n onderhoud met die skrywer en illustreerder
Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Februarie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
4 Februarie
Resensie: Een dag in Julie deur Nerine Ahlers (resensent: Magdel Vorster)
11 Februarie
Uittreksel: Die eerste deel van die memoir Amma deur Charmaine Africa
Resensie: Oop deure deur Analize Viljoen en Trisa Hugo (resensent: Johan van Zyl)
Nuut op die rak: “’n Trio dramas in druk”
Pieter Odendaal se Droomwerk; en Een vir een deur Nico Scheepers met die twee dramas Rooivalk en Moedertaal
18 Februarie
Resensie: Twa die tydloper deur Anoeschka von Meck (resensent: Trisa Hugo)
Resensie: Fraud: How prison set me free deur Nikki Munitz (resensent: Stefaans Coetzee)
25 Februarie
Resensie: Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks (resensent: Diana Ferrus)
Die volgende resensie het in Februarie op Maroela Media verskyn.
22 Februarie
Boek van die maand: ‘Die Melkweg en die miskruier’ deur Jeanette Ferreira
“Raakvlakke tussen die twee tydperke en die karakters van Sabine en Henrietta benadruk die mens se broosheid in die aangesig van ellendes – of dit nou ʼn virus is, of dit oorlog is, en of dit die mens se gewaande pogings is om van ongemak weg te kom.”
Lees Johan Myburg se resensie.
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van François Lion-Cachet.
1 Februarie
Frieda van den Heever se werk is vir my heilsaam
Miché van Wyk skryf oor Van den Heever se skryfwerk en die bundel verse wat sy saamgestel het, Die lewe is ’n asem lank.
Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.
2 Februarie
Joan Hambidge: Carlos Fuentes: die Balzac van Mexiko?
Linza de Jager: Klein sondes, kloosterkatjies en ’n homofobiese non
Kerneels Breytenbach: Mrs Kelly se onvergeetlike monster
Mareli Stolp: Gaza: Twee pa’s van vermoorde kinders
Deborah Steinmair: En tog, die deuntjie draal
9 Februarie
Kerneels Breytenbach: Van tieners tot tteokbokki
Deborah Steinmair: Vroue wat nie skroom om te moor nie
Celeste Theron: Die puin van Eden: die planeet is nie ons rommelhoop nie
Linza de Jager: Spanningsverhaal neuk in ’n sci-fi-rigting in
Ihette Senekal: ’n Tone-in-die-sand, cocktail-in-die-hand roman
16 Februarie
Deborah Steinmair: Cozy mystery en donkerste noir
Nathan Trantraal: Wanneer geskiedenis en geheime bots
Kerneels Breytenbach: Connolly, slapeloosheid en stres
Joan Hambidge: Bolaño: Om teen die dood in te skryf
23 Februarie
Linza de Jager: ’n Vaal held laat Chinese les opsê
Kerneels Breytenbach: Die onverdunde vreugde van lees
Celeste Theron: Dié tydloper dra te swaar aan metafore
Deborah Steinmair: Dun boekies om in die hardloop kaf te draf
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 7 Februarie
Ilse Salzwedel stel jou voor aan Gaireyah Fredericks, skrywer van Een voet innie kabr, ’n Afrikaapse kortverhaalbundel, polsend met Kaaps-Maleise invloede. Ilse gesels ook met die bekende kinderboekskrywer, Jaco Jacobs, oor die belangrikheid van lees vir kinders, en oor ’n paar nuwe benoemings vir sy boeke. Annelien van Basten van Skryfnet vertel meer oor die skryfkursusse wat Skryfnet in die volgende paar weke aanbied – daar is iets vir alle ouderdomsgroepe.
Woensdag 14 Februarie
Kristel Loots, gewilde skrywer van verhoudingsromans, gesels met Ilse Salzwedel oor die liefde, en of moderne vroue steeds oor romantiese liefde wil lees. Elna van der Merwe gesels oor die Stilbaai-boekefees wat van 23 tot 25 Februarie gehou word. Johan Myburg gesels oor die wenners van die Neropryse, ’n Japannese roman wat gedeeltelik met die hulp van ChatGPT geskryf is, en vier nuwe Engelse vertalings van die romans van Olga Tokarczuk. En het jy geweet die 14e Februarie word in 44 lande gevier as International Day of Book Giving?
Woensdag 21 Februarie
Ilse Salzwedel gesels met Anoeschka von Meck oor haar nuwe roman, Twa die tydloper, en SARIE se boekeredakteur Phyllis Green deel haar indrukke van die roman. Gys Visser, hoof van NB Uitgewers se regsdienste, verduidelik hoekom ’n onlangse hooggeregshoofuitspraak dit voortaan soveel makliker en vinniger sal maak om mense te vervolg wat elektroniese weergawes van boeke onwettig versprei en aflaai. Dibi Breytenbach en Sidney Gilroy, twee skrywers wat hard baklei het dat vervolging moet plaasvind, gee ook hulle mening. Johan Myburg deel goeie nuus oor Gen Z in Brittanje se leespatrone, en vertel meer oor die skrywer Khaleid Hossini se pleidooi teen sensuur.
Woensdag 28 Februarie
Ilse Salzwedel gesels met die wêreldbekende profileerder Micki Pistorius oor die heruitgawe van haar boek oor reeksmoordenaars, Catch Me A Killer. Daar is internasionale boekenuus, onder andere ’n boek oor klimaatsverandering deur die Suid-Afrikaner Adam Welz wat oorsee baie aandag trek. Die kinderboekskrywer David Walliams kom Suid-Afrika toe, en Tsitsi Dangarembga se eerste roman word in Shona vertel. Johan het ook nuus oor ’n nuwe misdaadfiksie-reeks uit die pen van Richard Osman. En as jy jou kortverhaal wil inskryf vir vanjaar se Woordfeesbundel, Suzette Myburg het vir jou meer inligting.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 6 Februarie
Pieter van Zyl lees gedigte oor huise, en waarom mense se huise steeds vir hulle die mees gesellige, gemaklike plek op aarde is – selfs al is dinge nie presies soos jy dit graag sou wou hê nie. Daar is ook gedigte oor daardie droomhuis wat elkeen van ons in gedagte het, maar seker nooit sal bewoon nie.
Dinsdag 13 Februarie
Pieter van Zyl lees in die laaste aflewering in ’n reeks programme oor huise, meer gedigte oor die herinneringe wat mense het aan die huise waarin hulle grootgeword het.
Dinsdag 20 Februarie
In Antjie Krog se 2006-digbundel, Verweerskrif, is daar ’n gedig genaamd “Vier Seisoenale Waarnemings van Tafelberg”. Dit vertel hoe Krog dié berg vir ’n jaar lank waargeneem en leer liefkry het. Jana Kruger lees uittreksels uit hierdie gedig voor.
Dinsdag 27 Februarie
Marion Holm lees gedigte voor oor die soogdiere van Suider-Afrika. Daar’s verse oor lede van die Groot Vyf, soos die olifant en die luiperd, maar ook gedigte oor ander spesies wat net so mooi is en ook ons aandag verdien.
Boekkeuse, Fine Music Radio
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde. Daar word twee episodes per maand vrygestel. ’n Podsending is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/
Dinsdag 13 Februarie
- Onderhoud: Amanda Botha met Fanie Viljoen – 20 jaar as jeug-en kinderboekskrywer
- Bespreking: Joan Hambidge – Die papie roer en ek word digter – Ingrid Jonker – Louise Viljoen (Protea Boekhuis)
- Voorlesing: A J Opperman lees drie verse uit die versamelbundel – Die papie roer en ek word digter ( Protea Boekhuis)
- Bespreking: Joan Hambidge – Digter van die kwiksilwerwoord – Ina Rousseau. Daniel Hugo (redakteur) (Naledi)
- Bespreking: Antoinette Coetzee, Ver in die wêreld, samesteller Frederick de Jager (Tafelberg)
- Bespreking: Elmarie Waltman – Hoe ver nog, Christine Shaw (Naledi)
- Nuusbrokkie: Vars nuus is dat die super gewilde Harry Potter-reeks deur JK Rowling ’n nuwe baadjie aantrek en gereed is om ’n nuwe geslag aanhangers in Afrikaans vir die reeks te wen. Na byna 10 jaar uit druk, verskyn die reeks weer in ’n nuwe gedaante.
Dinsdag 27 Februarie
- Onderhoud: Amanda Botha met Kristel Loots – 25 jaar as liefdesboekskrywer (LAPA)
- Onderhoud: Amanda Botha met De Wet Hugo – jeugboekskrywer. Die ongelooflikste sending (Luca)
- Bespreking: Joan Hambidge – Notes from the Body: Health, Illness, Trauma – redakteurskap: Duncan Brown, Kobus Moolman en Nkosinathi Sithole (University of KwaZulu-Natal Press); Gaireyah Fredericks se kortverhaalbundel, Een voet innie kabr (Kwela)
- Bespreking: Antoinette Coetzee, Drie – Hans Pienaar (Protea Boekhuis)
- Gesprek: Amanda Botha – Rina Loader – Kortpad-Praatjies 1 en Eksieperfeksie-Afrikaans (UJ Press)
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
14 Februarie
Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Februarie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Ian Sutherland oor Catastrophe
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Shubnum Kahn oor The Lost Love of Akbar Manzil
Onderhoud: Marzanne Schoeman gesels met Louis Jansen van Vuuren oor Moerasperd deur die nag
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Anoeschka von Meck oor Twa die tydloper