Persverklaring: SA Akademie se hoof- uitvoerende beampte tree uit

  • 2

Foto van Anne-Marie Beukes: X

Die hoof- uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Anne-Marie Beukes, het met ingang 1 April 2024 uitgetree. 

Die Akademieraad het die hoogste waardering vir die onbaatsugtige manier waarop Anne-Marie Beukes die Akademie met onderskeiding vir bykans twee termyne vanaf 1 Junie 2019 gedien het. 

Beukes beskik oor ’n doktorsgraad in Toegepaste Linguistiek en sy het vir nege jaar op die Wêreldraad van Vertalers (Fédération Internationale des Traducteurs) gedien, waarvan drie as visepresident. Sy het ook ’n sleutelrol gespeel tydens die ontwikkeling van ’n taalbeleid en -plan vir Suid-Afrika gedurende die eerste demokratiese dekade. Sy was vir agt jaar voorsitter van die Universiteit van Johannesburg se Departement Linguistiek. Haar loopbaan sluit leierskapsrolle in strategiese projekte van die Departement Kuns en Kultuur, die Nasionale Tesourie en die Raad op Hoër Onderwys in. Sy was ook vir drie jaar voorsitter van die Afrikaanse Taalraad. 

Linda Brink sal tydelik waarneem tot ’n nuwe aanstelling binne die volgende drie maande gemaak is. 

  • 2

Kommentaar

  • Wannie Carstens

    Dankie vir jou werk in die belang van Afrikaans, Anne-Marie! Geniet die ekstra tyd wat jy nou het.

  • Anne-Marie, jy het jou leiersrol met onderskeidng, waardigheid en nederigheid vervul. Hiervoor verdien jy lof en dank. Die beste wense vir jou toekoms.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top