Portale

Uitnodiging: Die Afrikaanse Wikipedia vier verjaarsdag

LitNet Akademies en skole 2023-11-02

Die Afrikaanse Wikipedia word hierdie jaar 22 jaar oud en dit gaan op ’n gepaste wyse op Donderdag 16 November by die Akademiekantoor in Pretoria gevier word. Die SA Akademie ontvang alle belangstellendes graag as hul gaste by hierdie verjaarsdagfunksie.

Persverklaring: Oproep om nominasies vir die SA Akademiepryse 2024

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-30

Die SA Akademie wag nominasies in vir die Akademiepryse wat in 2024 vir toekenning oorweeg word.

Persverklaring: ATKV deel van Worldplay on Paper by Mogale-fees 2023 | 3 November, Javett-UP

LitNet Feeste 2023-10-30

Woordkuns word inderdaad woord en kuns, maar dit is ook ’n geleentheid waar tien opwindende zines in A5-grootte bekendgestel word. Tien digters en tien beeldende kunstenaars/illustreerders het in pare saamgewerk om elkeen ’n unieke zine te skep, as’t ware klein, geïllustreerde digbundels.

Persverklaring: Die wenner van ATKV-DigiToneel – jong Stellenbosser is gekies vir die kollig!

LitNet ATKV-Portaal 2023-10-27

Die wenner van ATKV-DigiToneel 2023 is op 24 Oktober bekendgemaak tydens die laaste episode van Gekies vir die Kollig, die ATKV se realiteitsreeks op VIA (DStv-kanaal 147) ná ’n sensoriese reis van agt maande op soek na die jongste talent vir die kamera. Jean Retief (17) van die Hoërskool Stellenbosch het die beoordelaars in die finale ronde beïndruk met sy monoloog, Opbreek, geskryf deur André Gerber.

Uitnodiging: Bekendstelling van Kortpad-praatjies I: Afrikaans vir beginners / Shortcut chats I: An interactive workbook

LitNet Boeke en skrywers 2023-10-27

UJ Press nooi jou vriendelik uit na die virtuele bekendstelling van Kortpad-praatjies I: Afrikaans vir beginners / Shortcut chats I: An interactive workbook deur Rina Loader en Charlene Human op 29 November 2023.

Foto’s en video’s: WAT stel T bekend op luisterryke T-partytjie

Naomi Bruwer Leefstyl 2023-10-26

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal het op 13 Oktober die amptelike bekendstelling gehou van die T-trajek, wat slegs aanlyn beskikbaar is. Op dié luisterryke T-partytjie is gepraat oor hoe omvattend T bewerk is, hoe variëteite van Afrikaans deur die WAT hanteer word, en wat die toekomsvisie van die WAT is.

Persverklaring: WAT, Frazer Barry as nuwe beskermpersoon aangewys

LitNet Boeke en skrywers 2023-10-26

Die rymkletser, musikant, akteur en televisiepersoonlikheid Frazer Barry is op 16 Oktober, Internasionale Woordeboekdag, aangekondig as die nuwe beskermpersoon van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ’n Woord-projek.

Kirby van der Merwe (gebore: 1960’s)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-10-24

Kirby van der Merwe: "Ek skryf omdat dit juis moeilik is. Dit is ’n uitdaging. Maar wat my laat aanhou skryf, is die onbeskryflike gevoel wanneer ’n woord, sin of idee iets word wat ’n mens net as skoonheid kan beskryf."

Persverklaring: Laai die ATKV-Kinderboektoekennings se reglement en inskrywingsvorm hier af

LitNet ATKV-Portaal 2023-10-19

Inskrywings vir die ATKV-Kinderboektoekennings 2023 sluit op 17 November 2023. Laai die reglement en inskrywingsvorm hier af.

Wegwêreld: ’n Instagram-resensie | Toyota US Woordfees 2023

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-10-16

"Welgedaan, Parel Vallei; julle vat mens weg. Na ’n goeie, hoopvolle plek toe. Mens wens met jeugdige passie dat die hele land se mense hierdie toneelstuk kan sien."

Persverklaring: SA Akademie ken erelidmaatskap aan Oppel Greeff toe

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-13

Erelidmaatskap is die hoogste toekenning van die SA Akademie, wat bekend is vir sy gesogte toekennings wat ’n prestasiekultuur in Afrikaans bevorder.

Uitnodiging: Poësie en die klimaatskrisis – hoe praat digters terug?

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-11

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Werkgemeenskap Vrystaat, in samewerking met die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, nooi alle belangstellendes hiermee hartlik uit na ’n byeenkoms waarby Pieter Odendaal as spreker gaan optree.

Uitnodiging: Hertzoggedenklesing 2023

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-11

Alle belangstellendes word baie hartlik uitgenooi na die jaarlikse Hertzoggedenklesing wat vanjaar op Woensdag 18 Oktober 2023 om 18:00 in Pretoria plaasvind.

Persverklaring: Max du Preez lewer die eerste PEN Afrikaans-lesing oor die stand van mediavryheid in Suid-Afrika by die Toyota US Woordfees 2023

LitNet PEN Afrikaans 2023-10-06

Die veteraanjoernalis, analis en kommentator Max du Preez sal praat oor die verskillende gedaantes van Vrye Weekblad teen die agtergrond van uitdagings vir uitdrukkingsvryheid waarmee hulle deur die jare te doen gekry het.

Persverklaring: PEN Afrikaans en Human & Rousseau span saam as deel van ’n internasionale projek om ’n liefde vir lees te bevorder, ook in Xhosa

LitNet PEN Afrikaans 2023-10-06

Moomin Characters Ltd en PEN International span sedert 2018 kragte saam om die beroemde Finse skrywer Tove Jansson se kortverhaal "Die onsigbare kind" te publiseer, met die doel om ’n liefde vir lees te bevorder, sowel as groter inklusiwiteit en kritiese denke oor ’n reeks temas wat met geslagsdiskriminasie verband kan hou.

Persvrystelling: Konferensie in Utrecht, Nederland op 24 November 2023

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-06

Die Buitelandse Werksgemeenskap van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) nooi u uit na sy eerste konferensie op Vrydag 24 November 2023. Die tema van die konferensie is Die wêreld is ons woning (nie)? Afrikaanssprekende en Suid-Afrikaanse akademici in die "buiteland". Die konferensie vind van 11:00 tot 16:00 plaas in die vergadersaal van die Lutherse Kerk, Hamburgerstraat 11, Utrecht, Nederland.

Uitnodiging: Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-05

Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika word genooi om hul navorsing in Afrikaans in die vorm van ’n referaat of plakkaat by die simposium (23–24 November 2023) aan te bied. Die aangepaste sperdatum vir voorstelle is 20 Oktober 2023.

Persverklaring: Aankondiging van SA Akademieraad 2023–2026

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-05

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Raad vir die termyn 2023 tot 2026 is by sy algemene jaarvergadering op Donderdag 28 September aangekondig. Ilse Feinauer is die nuwe voorsitter en Leopoldt van Huyssteen is die ondervoorsitter.

Fanie Olivier (1949–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-10-05

"Ek skryf omdat ek iets wil sê. Die bevrediging berus nie vir my in die feit dat ander mense die werk uiteindelik gaan lees nie en, om die waarheid te sê, maak dit nie vir my juis eintlik saak of my naam aan ’n werk gekoppel is of nie. Die bevrediging lê daarin om iets te maak."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2023

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2023-10-05

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Top