
https://suidoosterfees.com/atkv-jeugteater-youth-theatre/
JJ van Niekerk, projekorganiseerder: ATKV-Toneelprojekte – ATKV-Tienertoneel | ATKV-Tjokkertoneel | ATKV-DigiToneel, praat met Naomi Meyer oor die ATKV Jeugteater by vanjaar se Suidoosterfees.
Waarom is jeugteater by die Suidoosterfees vir die ATKV belangrik?
Die ATKV het nog altyd ’n passie gehad vir teater en doen sy belofte gestand om die toekoms van teater en toneel te ontwikkel. Juis daarom vat die ATKV hande met feeste regoor die land, soos nou die Suidoosterfees, om ’n platform te skep om jongmense se talente uit te stal en jongmense bloot te stel aan teater. By feeste word talent geslyp en hoop word geskep. Ons jeug kry kans om moed te skep en hulle stemme te laat hoor. Ons doen inderwaarheid ons slagspreuk gestand: Wees die verskil! Ons maak dit nie net leë woorde nie, maar voeg die daad by die woord.
........
Ons doen inderwaarheid ons slagspreuk gestand: Wees die verskil! Ons maak dit nie net leë woorde nie, maar voeg die daad by die woord.
............
Wat kan jy aanbeveel as dit kom by die jeugteaterprogram by die Suidoosterfees?
Die ATKV het ook ’n toneelopleidingspakket wat ons vanjaar by die Suidoosterfees aanbied. Dit vind plaas in samewerking met Liezl de Kock. Dit is toegespits op visuele teater.
Hierdie opleidingspakket bestaan uit twee komponente.
Een is werkswinkels saam met Liezl, waar hulle nuwe teatervaardighede baasraak. Dit is spesifiek toegespits op visuele teater, prentjies maak op die verhoog. Dit is kreatiewe ontwikkeling van konsepte en om jongmense te help om dit in visuele formaat op die verhoog uit te beeld.
Saam met hierdie werkswinkels kyk kursusgangers na 12 uitgesoekte produksies op die Suidoosterfees. Hierdie produksies is onder kuratorskap van die ATKV en die Suidoosterfees uitgesoek sodat dit verweef kan word met die werkswinkels en die opleiding daaromtrent.
Hier is nog inligting rondom die werkswinkel af te laai.
Buiten die Suidoosterfees se jeugteater en vir almal wat nie hierdie fees kan bywoon nie: Waarna kan teatergangers vanjaar uitsien as dit kom by die ATKV se jeug- en tienertoneelproduksies?
ATKV-Tienertoneel is vanjaar 60 jaar oud. Onder die tema simbiose vier ons vanjaar ATKV-Tienertoneel deur 187 produksies wat vanjaar ingeskryf het.
...........
ATKV-Tienertoneel is vanjaar 60 jaar oud. Onder die tema simbiose vier ons vanjaar ATKV-Tienertoneel deur 187 produksies wat vanjaar ingeskryf het.
.............
Dit is te siene in nege streeksfeeste landwyd aan die einde van Junie en Julie. Uit hierdie baie inskrywings word die agt beste produksies gekies en hierdie produksies gaan by die nasionale finaal in September op die Kunstekaap-verhoog wees. Daar is ook Tjokkertoneel (die laerskool se ekwivalent). Daar is baie opwindende laerskoolproduksies – 47 produksies landswyd. Die laerskoolproduksies gaan by drie feeste speel en die finaal hiervan vind ook in September in Kunstekaap plaas.
Die nuutste toevoeging tot die ATKV se projekte is ATKV-Sêr. Ons bied dit aan vir hoërskoolleerlinge en die finale ronde van deelnemers word ook na die finaal in September genooi.
Die laaste komponent om uit te lig is ATKV-Digitoneel. Hierdie projek is waar leerders die geleentheid kry om hul spel vir die kamera te ontwikkel. Die leerders kry geleentheid om deur ’n hele proses van mentorskap te gaan. Dit word verfyn vanaf die 89 produksies wat ingeskryf het na die top 16 wat aangekondig is, en dan word die top agt gekies, wat uitgesaai word op kanaal 147 (Via). Dit is ook iets waarna mense kan uitsien.
Die ATKV-projekte is dus simbioties met mekaar verbind.
Hier is nog inligting oor die ATKV se betrokkenheid by tienertoneel- en jeugproduksies.
Lees ook:
Waar word Afrikaanse teatertalent raakgesien? ’n Onderhoud oor die ATKV-Tienertoneel-wenners 2022
Suidoosterfees 2024: Monsters – ’n onderhoud met Tinarie van Wyk Loots