Uitnodiging: Willie Burger bespreek Karel Schoeman – stiltes en stemme, ’n huldiging op 13 Junie 2024 by NALN in Bloemfontein

  • 0
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in samewerking met NALN bied aan:

 ’n Praatjie deur Willie Burger, redakteur van Karel Schoeman – Stiltes en stemme, ’n huldiging | 13 Junie om 18:00.

Karel Schoeman – Stiltes en stemme, ’n huldiging (Naledi) is die vyftiende huldigingsbundel wat onder die affiliasie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ter ere van Hertzogpryswenners saamgestel is. Dié bundel is egter nie net vir akademici en navorsers bedoel nie, maar vir alle lesers wat in Schoeman se werk en lewe belangstel, want die skrywer word veelkantig, as méns, belig.

’n Huldiging: Karel Schoeman, stiltes en stemme deur Willie Burger – grootse skrywer se lewe en werk veelkantig belig

Ons verwelkom u graag op 13 Junie 2024 om 18:00 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Ou Goewermentsgebou, h/v Pres. Brand- en Charlotte Maxekestraat, Bloemfontein).

Parkering is beskikbaar by die voordeur, via die hoofhek agter Pres. Brand se standbeeld, of op die teerblad langs die Ou Goewermentsgebou vanuit Miriam Makebastraat (voorheen Elizabethstraat).

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top