Uitnodiging: Afrikaans Amptelik 100 skop af op 8 Mei 2024

  • 0
AFRIKAANS AMPTELIK 100
Aanvangslesing: 8 Mei 2024
TITEL: Afrikaans se komvandaan     

Die SA Akademie skop eersdaags die Afrikaans Amptelik 100-eeufees af saam met al die ander ondersteuners van hierdie inisiatief.

Die Afrikaanse taal kom van vêr af en ons begin by die begin. Hein Willemse bied, op uitnodiging van die Taalkommissie, ’n virtuele lesing oor die geskiedenis van Afrikaans aan.

Datum: 8 Mei om 18:00 (virtueel)

RSVP: 7 Mei 2024 by akademie@akademie.co.za

Die SA Akademie het as ondersteuner van Afrikaans Amptelik 100 die manifes geteken. U kan die manifes in u persoonlike hoedanigheid onderteken op die Afrikaans 100-webwerf op hierdie skakel: https://afrikaans100.org/manifes/

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top