Uitnodiging | Lesing 5: Die variëteite en algemene Afrikaans | 21 Mei om 16:00 (virtuele aanbieding)

  • 0

https://www.akademie.co.za/gesprekspunt/van-standaardafrikaans-na-algemene-afrikaans

Lesing 5: Dinsdag, 21 Mei om 16:00 tot 18:00    

Die AWS is die normeringsbron vir die variëteit bekend as Standaardafrikaans. Maar waaruit word daar geput om hierdie variëteit te kodifiseer, en wat is die verhouding tussen hierdie variëteit en ander Afrikaanse variëteite? In die laaste seminaar in hierdie reeks sal hierdie en ander aanverwante kwessies deur Marius Swart bespreek word.

Datum: 21 Mei 2024

Tyd: 16:00 – 18:00

Alle lesings vind virtueel plaas.

Kom woon gerus die laaste lesing in hierdie reeks by. U kan vir hierdie lesing RSVP tot Dinsdag 21 Mei teen laatstens 12:00. Stuur asseblief ’n e-pos aan Sanita Meyer by akademie@akademie.co.za.

Lees ook:

Uitnodiging | Lesing 4: Die werkwyse van die Taalkommissie | 14 Mei om 16:00 (virtuele aanbieding)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top