Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende April in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 April
Luisterboek: Dolos deur Jaco Wolmarans
Kyk weer: Zirk van den Berg gesels oor sy jongste roman
6 April
Boeke: ’n Kortverhaalboek wat jou anders laat dink
Oor Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks
8 April
Resensie: Heerlike verhaal met toonkrul-lekker intrige
Willemien Aukema resenseer Anoniem deur Chanette Paul
Resensie: Dié prosateks ’n klein juweel
Joan Hambidge resenseer so ook op die aarde deur Betsie van Niekerk
Resensie: Die patologie van selfbedrog
Francois Bekker resenseer Die beweging van bloed deur Pieter Stoffberg
9 April
Boeke: Kortlys vir gesogte Booker-prys bekend
12 April
Profiel: Die ‘donker ou’ van Afrikaanse stories
Murray La Vita in gesprek met Tertius Kapp
15 April
Resensie: Al wat oorbly, is die stories
Anschen Conradie resenseer Sankind lees die wind deur Wendy Maartens en Dedré Fouquet (ill)
Resensie: Die verhaal van Sara Koordom van Rooiduin
Marni Bonthuys resenseer Duifeling deur Lize Albertyn-du Toit
Resensie: ‘Weg’ ’n boek om te verslind
Jonathan Amid resenseer Weg deur Nerine Ahlers en Alet Steenkamp
Boekevat: Kanonisering en die groot ‘poepwedstryd’
’n Rubriek deur Charl-Pierre Naudé
Boeke: Fantasie en verbeeldingsvlugte wen NB-Uitgewers se hart en jeugboekpryse
17 April
Boeke: AKA-boek: Moses Tembe ontken gesprek met outeur
Boeke: 1ste Vlaming in 12 jaar wen gesogte Nederlandse skrywersprys
Boeke: Verbode outobiografie uit 1963 word heruitgegee
AJ Opperman skryf oor ’n heruitgawe van Blame Me On History deur William ‘Bloke’ Modisane
Bekendstelling: Dié skrywer se pyl eindelik in die kol
19 April
Boeke: Nicola Hanekom wen 2de Hertzogprys
Boeke: Groot werke wen vanjaar se Andrew Murray-Desmond Tutu-pryse
22 April
Resensie: Emosies tref in blitsblaaier
Stefaans Coetzee resenseer Sneller deur Sunel Combrinck
Resensie: Rupert se blywende nalatenskap onder loep
Johann Kriegler resenseer Anton Rupert: Die lewe van ’n sakelegende deur Ebbe Dommisse
Resensie: Huck Finn in nuwe gedaante
Jonathan Amid resenseer James deur Percival Everett
Boekevat: Wat presies is die storie met die kortverhaal?
’n Rubriek deur Jo Prins
24 April
Boeke: Trantraal bou huis in Afrikaanse taal
25 April
Boeke: Unieke bundel oor 7 doodsondes in Stilbaai bekend gestel
Profiel: ‘Dalk is gedigte al wat oorbly’
AJ Opperman in gesprek met Alwyn Roux
Kyk weer: Irma Venter gesels oor derde Ami Prinsloo-krimi
27 April
Boeke: Nathan Trantraal spog met grafiese roman as sy jongste boek
29 April
Boekevat: Peregrino met sy hoedjie en ronde brilletjie
’n Rubriek deur Jean Meiring
Resensie: Grootwordstorie wat kaalvuis vertel word
Jo-Ann Floris resenseer Amma deur Charmaine Africa
30 April
Onderhoud: Margie Orford praat prontuit oor memoires
Luisterboek: Diensplig deur Anelia Heese
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in April op LitNet verskyn:
Gebeente deur Etienne van Heerden: ’n lesersindruk oor juridiese perspektiewe
’n Droomhuis vir Kristie deur Elaine Marais: ’n lesersindruk
... so ook op die aarde: ’n onderhoud met Betsie van Niekerk
Die volgende resensies en rubrieke het gedurende April in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
7 April
Resensie: Duifeling deur Lize Albertyn-du Toit (resensent: Francois Bekker)
14 April
Resensie: Phoebe: ’n Lewe saam met Jakes Gerwel deur Rachelle Greeff (resensent: Trisa Hugo)
Resensie: Solank as die aarde deur Lucia Prinsloo (resensent: Jonathan Amid)
21 April 2024
Resensie: om my kastele in Spanje te sloop deur Jaco Barnard-Naudé (resensent: Neil Cochrane)
Resensie: Al wat tel deur Irma Venter (resensent: Jonathan Amid)
Resensie: Vuur deur Hannes Barnard (resensent: Magdel Vorster)
28 April
Resensie: So ook op die aarde deur Betsie van Niekerk (resensent: Trisa Hugo)
Resensie: Anoniem deur Chanette Paul (resensent: Jonathan Amid)
Nuut op die rak: “Selfhelp-koors”
- Small changes for big results: How to improve your finances one step at a time deur Warren Ingram en Marc Rogatschnig;
- The ten pillars of success: Secret strategies of high achievers deur dr. Josephine Perry;
- Simon Mundie se Champion thinking: How to find success without losing yourself;
- Christ Hirst se No Bullsh*t Change;
- The art of risk deur Richard Harris;
- Upstart deur Alexandria Procter
Die volgende resensies en onderhoude het in April onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn:
Boek van die maand: ‘Hemel en aarde en ons’ deur Zirk van den Berg
Uit die voorbladfoto blyk dit hemel en aarde het gebly, maar die “ons” het iewers in die sand weggesypel.
Lees die resensie deur Johan Myburg
Resensie: Ingrid Jonker was ’n vernuwer in Afrikaans
“Jonker was ook ʼn vernuwer in Afrikaans – veral met haar tweede digbundel, Rook en oker, van 1963,” skryf Daniel Hugo in sy resensie van ‘Ingrid Jonker: Die papie roer en ek word digter’.
Lees die resensie
Onderhoude
Sanstories verryk kinders se leeswêreld
“Die gewilde skrywer, Wendy Maartens, is toegewyd daaraan om kinders te help om hulself, hul leefwêreld en mekaar oor kultuurgrense heen beter te verstaan deur die stories van hul komvandaan.”
Lees meer
Woordeboeke deurslaggewend in kinders se ontwikkeling
“Woordeboeke maak ander wêrelde vir jou oop, wêrelde wat jy gestruktureerd kan verken.”
Lees meer
Phoebe Abrahams vertel oor ’n lewe saam met Jakes Gerwel
“Teenoorgesteldes trek mekaar soms aan – die liefdeschemie bly ʼn raaisel in ʼn spieël. Hulle het mekaar ongetwyfeld aangevul.”
Lees meer
Wildbewaarder se honde grootste helde in teenstropery-aksies
“Ek het toe besluit om vir my ʼn hond te kry, omdat dit na my mening een van die lojaalste bondgenote is.”
Lees meer
Sidney Gilroy: ‘Dikvelligheid, navorsing ’n vereiste vir skryf’
Navorsing oor polisieprosedures, orgaanoorplanting en ʼn skaars geestesversteuring was deel van dié skrywer se voorbereiding vir sy nuwe misdaadriller “Bloedsomer”.
Lees meer
‘Ek mis my kind’ – verlange uit die gevangenis
Stanley sê hy skryf nie oor misdadigers nie. “Ek wil nie daardie energie hê nie. Ek skryf oor slagoffers en ek skryf trooswoorde.”
Lees meer
Zuléka Smit ken ’n kind se hart
Ben en die boelies is die jongste boek deur hierdie gewilde kinderboekskrywer wat ʼn kindertuinonderwyseres en self ʼn ma van twee is.
Lees meer
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van François Lion-Cachet.
11 April
Resensie: Willem Anker se Patmos is ’n vlesige fees vir die sintuie
Deur Celeste Theron
16 April
Resensie: Charmaine Africa se Amma is nié ’n tipiese memoir nie
Deur Anschen Conradie
22 April
Resensie: Ingrid Jonker en die orakelkaart
Elzanne Coetzee besin oor Die papie roer en ek word digter
Onderhoud: ’n Profiel oor Murray la Vita, die groot profielskrywer
Deur Elodi Troskie
Instagram-digters: Love them or hate them?
Mariska Bolleurs oor die rebelse tiener van die Afrikaanse letterkunde
Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.
5 April
Deborah Steinmair: Spoedvraat, adrenalien-junkie en doodsveragtende insomniak (vryeweekblad.com)
Louis Gaigher: ’n Bottersagte geelwortel in ’n garagewinkel (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Silicon Valley, app-magnaat en Siriese kos (vryeweekblad.com)
Linza de Jager: ’n Robuuste, liriese wegvlieg na Rooiduin (vryeweekblad.com)
12 April
Kerneels Breytenbach: ’n Boek wat ’n storm van emosies en verfoeiing uitlok (vryeweekblad.com)
Gerda Taljaard: Afgewater, maar daar is darem ’n kat met die naam Bananas (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Smulpape en aardskuddende kosgasmes (vryeweekblad.com)
Joan Hambidge: Karel Schoeman, vervolg (vryeweekblad.com)
19 April
Deborah Steinmair: Woorde wat jou asem wegslaan (vryeweekblad.com)
Nadine Petrick: ‘Doodgewone ou’ is allesbehalwe boring (vryeweekblad.com)
Linza de Jager: ’n Boekslet het haar hande vol (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Praag, Kiëf en kardemom (vryeweekblad.com)
26 April
Deborah Steinmair: Hoe om skrywersblok te klop (vryeweekblad.com)
Joan Hambidge: Histeriese realisme: rare verhale, absurde prosa, karakters wat vreemd optree (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Kortverhale, selfhelp, misdaad en korpulensie (vryeweekblad.com)
Ihette Senekal: Real Housewives of Durban stel teleur (vryeweekblad.com)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 3 April
Ilse Salzwedel gesels met Chanette Paul oor Anoniem, haar vyftigste roman wat pas verskyn het. Stefaans Coetzee, wat onlangs aangewys is as Netwerk24 se smaakmaker van die jaar vir die boekbedryf, gesels oor sy liefde vir boeke en hoe dit sy lewe verander het. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg meer oor die kortlyste vir die Dublin- en Aspen-letterkundepryse, en ‘n nuwe roman wat oorsee hoog aangeskryf word. Jy kan ook luister na ‘n ou voorlesing van ‘n Keats-gedig deur die aktrise Lynn Redgrave.
Woensdag 10 April
Ilse Salzwedel gesels met Marina Auer, ’n nuwe stem in Suid-Afrikaanse misdaadfiksie, oor haar roman Double Edged. Theo Kemp vertel waarna lesers kan uitsien by vanjaar se Suidoosterfees-boekprogram. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg hoe beroepswedders reeds spekuleer oor vanjaar se Nobelpryswenner. Hy bring ook hulde aan Maryse Condé, en vertel meer oor die Windham Campbellprys vir fiksieskrywers, wat aan die Ierse skrywer Deidre Madden toegeken is. Jy kan ook uitvind watter skrywers op die kortlyste is vir vanjaar se vier letterkundepryse van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Woensdag 17 April
Jeanette Ferreira vertel vir Ilse Salzwedel van die storie agter haar jongste roman, Die melkweg en die miskruier. In Johan Myburg se internasionale insetsel kan jy meer uitvind oor Meta, die sosiale mediaplatform, se beweerde plan om ‘n bekende uitgewery te koop om hulle kunsmatige intelligensie-toepassing ‘n hupstoot te gee. Johan het ook vir jou nuus oor die kortlyste vir die International Booker en die Kanadese Carol Shieldsprys. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor vier boeke wat sy vir luisteraars kan aanbeveel: Donkertyd (Mariël le Roux), Die beweging van bloed (Pieter Stoffberg), Love and Fury (Margie Orford) en Painting A Life in Africa (Joan van Gogh).
Woensdag 24 April
Ilse Salzwedel gesels met Irma Venter oor Al wat tel. Rachelle Greeff vertel meer oor haar biografie van Phoebe Gerwel, Phoebe: ’n Lewe saam met Jakes Gerwel. Johan Myburg vertel van die nuwe Latyns-Amerikaanse letterkundige oplewing wat gelei word deur vroueskrywers, Salman Rushdie se outobiografie Knife: Meditations After An Attempted Murder, en stel ons voor aan die Australiese misdaadskrywer Garry Disher. Die name van die literêre pryswenners van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns word ook aangekondig. Dit sluit die Hertzogprys in.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 2 April
In die tweede deel van ’n reeks oor die lewe en werk van die digter Ernst van Heerden, lees André Weideman voor uit die bundels, Koraal van die Dood, Die Klop, en Anderkant Besit. Ons luister ook na grepies van opnames uit die argief waarin die digter self aan die woord is.
Dinsdag 9 April
In die derde deel van ’n reeks oor die lewe en werk van die digter Ernst van Heerden, lees André Weideman vir ons voor uit die bundels, Teenstrydige Liedere, Tyd van Verhuising, Kanse op ’n Wrak, Die Swart Skip en Amulet teen Vuur.
Dinsdag 16 April
In die vierde en laaste deel van ’n reeks oor die lewe en werk van die digter Ernst van Heerden, lees André Weideman voor uit die bundels Amulet teen Vuur, Kwadratuur van die Sirkel, Najaarswys en Herfstelike Lig.
Dinsdag 23 April
Daniel Hugo gesels oor ’n argitek van Kaapstad, Martin Kruger, se debuutbundel, Gekaapte Stad. Kruger het al die wêreld platgereis, en hy dig oor van die grootste en mees bekende stede, maar ook oor sy eie tuisstad se bekoring.
Dinsdag 30 April
Roeline Daneel lees gedigte oor swangerskap, oor ma-word. Daar is heelwat verse deur een van Afrikaans se voorste vrouedigters, Elisabeth Eybers, en ook gedigte deur Louise Boshoff, Antjie Krog en Rika Cilliers.
Boekkeuse, Fine Music Radio
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde. Daar word twee episodes per maand vrygestel. ’n Podsending is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/
Dinsdag 9 April
Riette Rust gesels met die forensiese deskundige Dr. Hestelle van Staden oor haar boek, Outopsie. Die bekende teoloog Dr. Christina Landman gesels oor haar outobiografie, ’n Lewe. Joan Hambidge bespreek Etienne van Heerden se jongste roman, Gebeente. Antoinette Coetzee bespreek Ansoechka von Meck se roman Twa, die tydloper. Daar word oudergewoonte ook aandag gewy aan kinder- en jeugboeke.
Dinsdag 23 April
Amanda Botha gesels met Ebbe Dommisse oor die nuwe uitgawe van Anton Rupert: Die lewe van ’n sakelegende. Joan Hambidge bespreek Betsie van Niekerk se So ook op die aarde, Elmarie Waltman bespreek Geheime op Philadelphia deur Rian Grobler en Hadley Titus bespreek Teen die reëls deur Trevor Noah. Otto van der Walt praat met Pieter Odendaal oor Droomwerk, Amanda Botha praat met Rachelle Greeff oor Phoebe: ’n Lewe saam met Jakes Gerwel.
Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/
In April het sy So ook op die aarde deur Betsie van Niekerk vir FMR bespreek:
http://joanhambidge.blogspot.com/2024/04/resensie-betsie-van-niekerk-so-ook-op.html
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
2 April
Aangenaam! Onderhoud met Joan Hambidge
5 April
Resensie: Noord van Malelane (Hennie Nortjé)
Resensent: Nini Bennett-Moll
9 April
Aangenaam! Onderhoud met Ilse van Staden
16 April
Aangenaam! Onderhoud met Hannes Visser
Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in April verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Kristin Hannah oor The Women
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Fiona Snyckers oor The Hidden
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Ebbe Dommisse oor Anton Rupert
Onderhoud: Liani Jansen van Rensburg gesels met Mike Boyd oor The Weight of Shade
6 Geskiedkundige spioenasie verhale:
- Susan Puren resenseer Skaakmat in elf, Etienne Labuschagne
- Marguerite van Wyk resenseer A Bird In Winter, Louise Doughty
- Alida Vos resenseer An affair of Spies, Ronald H. Balson; The Bullet that Missed, Richard Osman en The Friend, Joakim Zander
- Linda Volschenk resenseer The Trust deur Ronald H. Balson
Resensies: Sonja van der Westhuizen resenseer drie boeke uit die Ooste:
- Before we say goodbye deur Toshikazu Kawaguchi
- The goodbye cat deur Hiro Arikawa
- Welcome to the Hyunam-Dong Bookshop deur Hwang Bo-reum
Resensies: 4 Boeke plaas die kollig op seksuele geweld waaronder mans en vroue deurloop
- Phyllis Green resenseer Silent Scream deur Damian, en Domestic Terror deur Nechama Brodie
- Alida Vos resenseer Kwanele, Enough! Deur Andy Kawa
- Gerda Potgieter resenseer Female Fear Factory deur Pumla Dineo Gqola
Resensies: Drie satiriese verhale bevraagteken die wêreld soos ons dit ken
- Gert Venter resenseer Twitter Dawn deur Joe Kitchen, en Die wonderwêreld van Willem Landman deur Johan Kruger
- Sonja van der Westhuizen resenseer Kaap deur Hans Pienaar