’n Droomhuis vir Kristie deur Elaine Marais: ’n lesersindruk

  • 0

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur. LitNet het die skrywer nie versoek om dit te stuur en geen vergoeding is aan die skrywer betaal nie.

’n Droomhuis vir Kristie deur Elaine Marais (Uitgewer: Lux Verbi, 2024)

Titel: ’n Droomhuis vir Kristie
Skrywer: Elaine Marais
Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 9780796323460

Kristie en haar broer, Stefan, se lewens word op ’n onverwagte manier met ’n bisarre waarheid onderstebo gekeer. Haar verloofde, Dirk, is soos gewoonlik net op homself ingestel en kom nie eers agter iets is fout met Kristie nie, en om die kroon oor haar ellende te span, verloop dinge ook nie so seepglad by die werk nie.

Sy kry die geleentheid om aan ’n droomprojek te werk, maar die kliënt is ’n uitdaging vir Kristie op beide ’n professionele en persoonlike vlak. Kristie voel die aangetrokkenheid tot Erik baie sterk, maar as ’n beginselvaste, verloofde meisie probeer sy hard daarteen baklei. Sy voel skuldig teenoor Dirk. Met sy terugkeer van ’n sakereis besluit sy om hom by die lughawe te verras. Sy is egter die een wat ’n verrassing kry.

Tussen al die hartseer en drama is sy nog besig om haar droomhuis vir iemand anders te ontwerp en Erik bly maar ’n moeilike kliënt.

Die storie is deurspek met die soeke na vergifnis in verskeie situasies. Te midde van nog slegte nuus is ’n groot hartseer besig om af te speel in haar binnekring en sy besluit om vir ’n rukkie Thailand toe te vlug om haarself te vind. Erik kom haal haar in Thailand en terug in Suid-Afrika moet sy die werklikheid weer in die oë kyk. Gaan sy die onderskeie rolspelers in haar lewensdrama kan vergewe? Gaan sy haarself kan vergewe?

Gaan sy uiteindelik geluk vind saam met die man van haar hart?

Dis ’n lekker storie met genoeg menslike drama om die sneesdoekies byderhand te hou, maar ook genoeg intrige om jou nog ’n bietjie aan die raai te hou. My tipe liefdesverhaal – ’n gewone storie oor gewone mense!

  • ’n Droomhuis vir Kristie is aanlyn beskikbaar by Graffiti Books en by alle boekwinkels. Indien hulle nie voorraad het nie, vra jou boekhandelaar gerus om dit vir jou te bestel.


Lees ook:

Geheime op Philadelphia deur Riaan Grobler: ’n lesersindruk

Wisselende stemminge deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Die lewe is ’n plek deur Estelle Brits: ’n lesersindruk

Gebeente deur Etienne van Heerden: ’n lesersindruk oor juridiese perspektiewe

Vlug van gister deur Jan Bonthuys: ’n lesersindruk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top