Gebeente deur Etienne van Heerden: ’n lesersindruk oor juridiese perspektiewe

“In Gebeente gebruik Van Heerden op ’n uiters innoverende manier kernelemente uit die regsfilosofiese werklikheid, soos regspositivisme, pandektisme, regsnihilisme en die postmoderne manifestasie van verskillende (en dalk uitgediende) regsfilosofieë.”