Die argitek van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl, Jan van Wijk, sou vandag, 2 Mei, 98 geword het. Ter ere van hom en omdat die instelling in 2025 met 50 lewensjare pronk, versoek die ATM ’n oorspronklike logo-ontwerp waarvoor R10 000 danksy die Historium Trust op die spel is as deel van volgende jaar se luisterryke viering.
Enige individu of ’n groep vriende, familie, kollegas kan aan die kompetisie deelneem. Soos Afrikaans self, is die monument ten nouste gewortel in die kontinent van Afrika, dus mag die inheemse kreatiwiteit vloei! Sperdatum is 31 Mei 2024.
- Alle vereistes, bepalings en voorwaardes by taalmonument.co.za waar die simboliek, geskiedenis en missies van die monument ook uitvoerig omskryf word. Die Historium Trust is die voortsetting van die Afrikaanse Taalmonumentkomitee wat in 1942 in die lewe geroep is om die moontlikheid van ’n monument te ondersoek en sedertdien die ATM finansieel bystaan deur onder meer pryse vir Afrikaanse projekte te borg.
Win R10 000 for a monumental logo! And play a historic role for Taalmonument’s 50th anniversary
The architect of the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) in Paarl, Jan van Wijk, would have turned 98 today, 2 May. In his honour and because the institution celebrates 50 years of existence in 2025, the ATM requests an original logo design for which R10 000, sponsored by the Historium Trust, is at stake as part of next year's big bash.
Any person or a group of friends, family, colleagues can participate in the competition. Like Afrikaans itself, the monument is deeply rooted in the continent of Africa, so let the indigenous creativity flow! Deadline is 31 May 2024.
- All requirements, terms and conditions at taalmonument.co.za where the symbolism, history and missions of the monument are also described in detail. The Historium Trust is the continuation of the Afrikaans Language Monument Committee which was set up in 1942 to investigate the possibility of a monument and has since supported the ATM financially by amongst others sponsoring prizes for Afrikaans projects.