Portale
Persverklaring: PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds vertalings van boeke deur Nathan Trantraal en Fanie Viljoen
2023-06-10Die PEN Afrikaans Vertaalfonds se sentrale doelstelling is om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak deur die toekenning van vertaalsubsidies aan buitelandse uitgewers wat suksesvol daarvoor aansoek doen.
Persverklaring: Wil jy Afrikaans toelies in Arabies? | Press release: Be creative with Arabic Afrikaans
2023-06-08Die immer gewilde Shamiega Chaudhari sal beginners op Saterdag 29 Julie 2023 via ’n moderne “madrassa-klas” touwys maak en op 25 November gevorderde skrywers begelei. / The ever popular Shamiega Chaudhari will introduce beginners to Arabic Afrikaans via a modern “madrassa” class on Saturday, 29 July 2023, and guide advanced writers on 25 November.
Persverklaring: Nomineer jou Kaapse Wynlande-heldin teen 30 Junie | Press release: Nominate your Cape Winelands heroine by 30 June
2023-06-08Die Taalmonument, munisipaliteit en Historium Trust vereer agt spesiale vroue. / The Taalmonument, municipality and Historium Trust honour eight special women.
Die einde van Standaardafrikaans en begin van Algemene Afrikaans
2023-06-07"Herstandaardisering beteken nie daar word weggedoen met ’n standaard nie, sê Odendaal. 'Ons sê kom ons staan net krities teenoor hoe hierdie standaard wat ons vandag het, gevorm is. As ons voel daar is ’n skeefgetrekte beeld, wil ons graag hê dat meer gemeenskappe inspraak sal hê om ook ander woorde en variëteite in te sluit as deel van die standaard.'"
Jakes Gerwel (1946–2012)
2023-06-07"Afrikaans is een van Suid-Afrika se skatte. Daar is ander skatte ook, maar Afrikaans het ’n besondere geskiedenis, ’n baie menslike geskiedenis. Daarom dink ek die sprekers van die taal het alle reg om te werk vir die taal se voortbestaan."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2023
2023-06-06Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Phillip Louw, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die WAT: ’n onderhoud
2023-06-05"[D]ie WAT is die plek waar enige mense wat Afrikaans praat of skryf, hulle taalgebruik geboekstaaf moet vind."
ATKV-redenaars 2023: die perspektief van ’n taalonderwyser
2023-05-31"Ek moet bieg – ek was nie verlede week besonder lus om vir ’n hele middag na toesprake te luister nie. Dis nou eksamen, en ek het vraestelle gehad wat moes klaar. Op pad huis toe was ek egter verbaas oor die oorweldigende gevoel van hoop wat ek ervaar het. ... Ons kinders is orraait."
Ingrid Winterbach (1948–)
2023-05-25"As jy ’n romanskrywer is, moet jy die tyd waarin jy leef, uitbeeld. Jy moet die hele spektrum van menswees uitbeeld."
Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Pierneef
2023-05-24Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi na die nuwe lesingreeks deur Alex Duffey wat handel oor onder andere die lewe en werk van Suid-Afrikaanse skilders. Die eerste tema van die reeks is "Jacob Hendrik Pierneef 1886–1957: Rasionele landskapskilder by uitstek".
Persverklaring: Maretha Maartens oor die skryf van jeugboeke
2023-05-23Maretha Maartens is gevra om inligting oor die skryf van ’n jeugroman te gee. Hoe pak mens dit aan? Wat is die vereistes? Watter temas moet ondersoek word? Waarna kyk die beoordelaars?
Persverklaring: Jan H Marais-prys 2023
2023-05-22Die prys ontstaan in 2015 as ’n tipe Nobelprys vir Afrikaans as wetenskapstaal. Die prysgeld is aanvanklik R500 000, maar is aangepas na R750 000. As sodanig is dit die grootste wat tans vir Afrikaans toegeken word.
Persverklaring: Taalmonument se Afrikadag fokus op Khoekhoen
2023-05-17Op Saterdag 27 Mei 2023 bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument ’n gratis werkswinkel aan oor Afrikadag, moedertale, Khoekhoen en Moslem-Afrikaans, wat afgesluit sal word met pragtige koormusiek en ’n marimba-opvoering. Willa Boezak sal die werkswinkel aanbied.
Persvrystelling: Wen R1 800 en meer met Taalmonument
2023-05-17Gesoek: ’n videogreep oor Afrikatale ter ere van die vasteland se maand! Ter viering van #Afrikamaand en die Internasionale Dekade van Inheemse Tale (2022–2032) wil die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) Afrikaans en mede-Afrikatale met ’n videokompetisie vier.
Persverklaring: PEN Afrikaans oor die onregmatige verspreiding van Truth to power
2023-05-16"Eskom kan totaal in duie stort, so word soms beweer. Ditto met die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf. Druk van die staat en grootskaalse boewery deur gewone mense op straat mag lei tot ’n totale uitwissing van ons land se boekebedryf."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2023
2023-05-09Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Jan van Tonder (1954–)
2023-05-03"Ek wil skép, ek wil mense laat huil en lag. Ek dink dis die oudste sonde, om soos God te wil wees. Om te wil skep."
Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Salvador Dalí se Volharding van herinnering
2023-05-03Die laaste lesing deur Alex Duffey wat handel oor internasionale kunswerke wat gereken word as van die beste werke ter wêreld, is nou op die SA Akademie se sosialemediaplatforms beskikbaar.
Oproep om referate: Algemene simposium van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2023-04-26Die SA Akademie se jaarlikse simposium vind op 28 en 29 September 2023 in ’n hibriede formaat plaas. U word vriendelik uitgenooi om ’n referaatvoorstel in te dien wat fokus op die breë simposiumtema.
SP Benjamin (1965–)
2023-04-25"Ek het nooit die idee gehad om te begin skryf nie. Ek het net begin."
