Portale
Petra Müller onder die woord: Karen de Wet gesels oor Die skerpgevylde oomblik
2023-02-16"Oor die uniekheid van Müller se werk is die laaste woord nog nie gesê nie." Melt Myburgh gesels met Karen de Wet oor Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging, waarvan Karen die redakteur was.
Heilna du Plooy (1947–)
2023-02-16"Daar moet ook plek wees vir al die variasies van ’n taal, van die loslittigste informele sêgoed tot die professionele terme en formele wetenskaplike formulerings. Alleen dan kan die taal sy gemeenskap in alle fasette van die lewe tot diens wees."
Boekbekendstelling: Etienne Leroux: Die rumoerige swart nar, ’n huldiging (redakteur: Hennie van Coller)
2023-02-16Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Etienne Leroux: Die rumoerige swart nar, ’n huldiging op 1 Maart 2023 in Pretoria. Anthea van Jaarsveld tree in gesprek met die redakteur, Hennie van Coller.
Taaldinge: Ria Olivier praat oor Afrikaans in die klaskamer
2023-02-15"Baie Afrikaans-onderwysers bevind hulle in ’n moeilike situasie, want die kurrikulum bepaal dat hulle die leerders moet voorberei om in die gestandaardiseerde variëteit van Afrikaans te kan funksioneer, terwyl baie leerders se huistaal eintlik een van die ander variëteite is, bv Kaapse Afrikaans of Namakwalandse Afrikaans."
Persverklaring: Hemelse skattejag wag by Taalmonument | Press release: Heavenly treasure hunt awaits at Taalmonument
2023-02-08Skitterende 47 Tucanae sigbaar in die suide tydens Sterrekykpiekniek. | Sparkling 47 Tucanae visible in the south during Stargazing Picnic.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Januarie 2023
2023-02-08Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die mite van Afrikaner-eenheid en hoe dit inspeel op die hede
2023-02-02"Die mitologie van Afrikaner-homogeniteit word aan die een kant lewend gehou deur die huidige magshebbers wat dit as nuttige strooipop gebruik vir politieke gewin en aan die ander kant deur ontnugterde Afrikaners wat nostalgies terugverlang na 'die goeie ou dae'."
Van monumente gepraat …
2023-01-26"Die uitdaging is dus om Afrikaans te handhaaf, byvoorbeeld in skole en by universiteite waar die voertaal Afrikaans is. As Afrikaanssprekendes nie hul taal gaan handhaaf nie, gaan niemand dit vir hulle doen nie."
Persverklaring: Jakes Gerwel Stigting- en PEN Afrikaans- / PEN South Africa-residensie 2023
2023-01-24"Die Jakes Gerwel Stigting, PEN Afrikaans en PEN South Africa wag tans graag aansoeke in vir ’n residensieprogram wat ten doel het om skrywers onverstoorde skryftyd in Somerset-Oos in die Oos-Kaap vanaf 5 tot 25 Junie vanjaar te bied."
Die skerpgevylde oomblik deur Karen de Wet (redakteur): Stellenbosch-bekendstelling
2023-01-24Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Die skerpgevylde oomblik, die huldigingsbundel rondom Petra Müller, op 1 Februarie om 18:00 in die Hofmeyrsaal in Stellenbosch.
Kennisgewing: Bekendstelling van Petra Müller – die skerpgevylde oomblik op Swellendam
2023-01-20Boekliefhebbers van Swellendam, Petra Müller – die skerpgevylde oomblik word op Saterdag 21 Januarie 2023 op die dorp bekendgestel.
Kennisgewing: Geskiedenissimposium – Die mite van Afrikaner-homogeniteit
2023-01-20Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bied op Vrydag 27 Januarie 2023 ’n geskiedenissimposium aan: "Hoofstroom, stroomop, systroom, hoegenaamd ’n stroom? Die mite van Afrikaner-homogeniteit."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Desember 2022
2023-01-19Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Dolf van Niekerk (1929–2022)
2023-01-16"Kyk, ’n gedig daag op. Dis die wonderlikste ding. Daarna begin jou verstand werk. Hy daag op uit ’n verwysingsraamwerk en jou bewussynswêreld, wat jare daar kon lê, nè? En op ’n dag dan sê hy, hier is ek. Maar dan begin die werk."
Elias P Nel (1954–)
2023-01-11“En as ek deesdae by Verneukpan kom, gaan sit ek nog steeds lekker op die grond by die ooms en tannies en gesels. Met hulle is dit soos die gesegde: as iemand doodgaan, gaan ’n hele biblioteek van kennis tot niet.”
Persverklaring: Vier die Bidsprinkaanmaan | Press release: Celebrate the Praying Mantis moon
2023-01-03’n Volmaan vir ’n nuwe jaar by die Taalmonument | A full moon for a new year at the Taalmonument
Opvoedkundige tegnologie: Ekperimenteer, leer en transformeer
2022-12-21Christa van Staden lewer verslag oor Ronel Callaghan se lesing, "Opvoedkundige tegnologie: eksperimenteer, leer, transformeer", wat onlangs deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied is.
Persvrystelling: Lanseer 2023 met The Rockets | Press release: Launch 2023 with The Rockets
2022-12-20Wat is ’n Januarie sonder die beroemde en geliefde The Rockets by die ikoniese Taalmonument op die Paarlberg? | What is January without the famous and beloved The Rockets at the iconic Taalmonument on Paarl Mountain?
Persverklaring: Nuwe ATKV-Crescendo-ster Suné Damons stel enkelsnit bekend
2022-12-14Suné Damons, digter en woordkunstenaar van Worcester, het pas haar enkelsnit, "Crescendo", op alle groot digitale platforms bekendgestel.
Persverklaring: PEN Afrikaans Vertaalfonds maak vertalings van Ronelda S Kamfer en Olivia M Coetzee moontlik
2022-12-09PEN Afrikaans maak met trots bekend dat twee vertalings na afloop van die jongste ronde aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds gefinansier sal word.
