
Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi na die nuwe lesingreeks deur Alex Duffey wat handel oor onder andere die lewe en werk van Suid-Afrikaanse skilders.
Datum: Vanaf Dinsdag, 20 Junie 2023 beskikbaar om te kyk
Tema: Frans David Oerder (1867–1944) en ou Pretoria (1890–1907)
In hierdie voordrag kontektualiseer Alex Duffey die ietwat meer as tien jaar wat die skilder Frans David Oerder in ou Pretoria gebly het en konsentreer hy op hoe die ou Pretoria van daardie tyd gelyk het en hoe Oerder dit vir ons in olieverf weergegee het.
Die lesing kan op die volgende platforms van die Akademie gekyk word:
- YouTube-kanaal: Klik op https://www.youtube.com/channel/UCp7S5UyyEazdGABB7owx2Hg
- Facebookblad: Klik op https://www.facebook.com/saakademie/
Vorige lesings van Alex Duffey is ook steeds op hierdie platforms te sien.
Lesings waarna jy kan uitsien is:
- Vanaf 25 Julie: Van Wouw se beeldhouwerk aan geboue in Pretoria
- Vanaf 22 Augustus: Om te sien is te glo: Erich Mayer en Walter Battiss en die San-rotskuns
- Vanaf 19 September: Anton van Wouw en die Anglo-Boereoorlog
- Vanaf 24 Oktober: Nuwe perspektiewe op Antieke Griekse langafstandhandel met Suider-Afrika
- Vanaf 21 November: Reenen J van Reenen. ’n Vergete pionier wat die Afrikaner se siening van rotskuns in Suid-Afrika verander het
In 2024:
- Pierneef en die Uniegebou
- Die Oostelike fassade van Kerkplein deur die jare heen
- Die kunstenaar en die vierde dimensie
- Vroeë motorwese in Suid-Afrika
- Goud in Antieke Egipte – noub, djam en hadj

