Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Junie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Junie
Boeke: JM Coetzee eerste inwonende skrywer van museum in Spanje
2 Junie
Boeke: ATKV-skryfskool in Cradock
Boeke: Van Niekerk vereer vir memoir met insig in gister en vandag se SA
5 Junie
Resensie: Net vir vinnig lees, vergeet
Ilza Roggeband resenseer I Will Find You deur Harlan Coben
Resensie: ‘Jakkalse’ ’n heerlike storie
Susan Samuel resenseer Waar jakkalse huil deur Elrien Scheepers
Resensie: Opwindende reis deur distopiese werklikheid
ChatGPT takseer Koos Kombuis se nuwe roman
Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir Mei
Boeke: Margaret van der Post se grasie, diepte raak harte aan
deur Nicol Viljoen.
7 Junie
Boeke: Koop ’n boek en ’n stukkie van JC Steyn-versameling by Naln
Kyk weer | Boekgesprek: ‘Onder ’n bloedrooi hemel’ ontroer
Daniel Hugo in gesprek met Annemarié van Niekerk
9 Junie
Boeke: Nuwe ‘Pampoenpit’-boek gaan oor leer, lees en musiek
10 Junie
Boeke: Boek oor briewe belig pianis Gordon Jephtas se lewe
12 Junie
Resensie: ‘Fotonegatief’ wat ’n ander werklikheid bring
Fanie Olivier resenseer Nou in infrarooi deur Tom Dreyer
Resensie: Jakkalse pla in plaasroman
Trisa Hugo resenseer Offers vir genade deur Irize Loots
Resensie: ‘Yellowface’ daag leser uit
Anschen Conradie resenseer Yellowface deur Rebecca F Kuang
Boekevat: Niks onsinnig aan Ernaux se ‘Simple Passion’
’n Rubriek deur Charl-Pierre Naudé
13 Junie
Sterfteberig: Skrywer Cormac McCarthy (89) sterf
14 Junie
Huldiging: Skrywer van ’no Country for Old Men’ laat gedugte oeuvre agter
16 Junie
Profielonderhoud: ‘Ons het mekaar vernietig en vermorsel in hierdie land’
Murray la Vita in gesprek met Annemarié van Niekerk oor Onder ’n bloedrooi hemel
17 Junie
Boeke: Skrywer se vrese ‘effens besweer’ deur JC Steyn-beurs
18 Junie
Boeke: Viljoen se jeugboek in Albanees vertaal
19 Junie
Resensie: Visie van verlies deur dood van ’n geliefde
Louise Viljoen resenseer Decima deur Eben Venter
Resensie: ‘Katvis’ dwing nadink oor trauma, identiteit en waarheid
Jonathan Amid resenseer Katvis deur Annelie Botes
Resensie: Bakkes se stories bygewerk, bygereis
Simon Sonnekus resenseer Norrevǿk deur C Johan Bakkes
Resensie: Donker Delia se reis na haarself
Anschen Conradie resenseer Saterdag val ek vir jou deur Cecilia Steyn
20 Junie
Boeke: Orwell in Shona: Mugabe word een van die ‘varke in die verhaal’
Boeke: Eben Venter se roman oor renosterstropery ook ’n ode aan sy ma
AJ Opperman in gesprek met Eben Venter.
Boeke: Inskrywings vir nuwe jeugboek-kompetisie nou oop
Candice Jantjies berig oor NB-Uitgewers se nuwe skryfkompetisie
Boeke: Nuwe boekprys vir swart SA skrywers
Oor die Achmat Dangor- literêre prys.
23 Junie
Profielonderhoud: Michiel Heyns oor wraak, vriendskap en ’naakte menslikheid’
Murray la Vita in gesprek met Michiel Heyns.
26 Junie
Boekevat: Die verlede bly maar altyd ’n ‘ander land’
’n Rubriek deur Charl-Pierre Naudé
Resensie: ‘Gruwel’ wat leser laat gril
Schalk Schoombie resenseer Geheim van die gruwelsand deur Zirk van den Berg
Resensie: Behoorlike hardebaard-noir
Sonja van der Westhuizen resenseer Killing Moon deur Jo Nesbo
Resensie: Bloedrooi hemel wat leser in die maag tref
Maryna Lamprecht resenseer Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk
27 Junie
Boeke: Ferrus word op vanjaar se Tuin van Digters-fees gehuldig
29 Junie
Kyk weer | Boekgesprek: PP Fourie praat oor ‘Ons skulde’
Die skrywer is in gesprek met Phyllis Green.
30 Junie
Boeke: Kenner: ‘Ons moet fyner kyk na narcisme en reeksmoordenaars’
Murray la Vita praat met Sam Human oor haar navorsing en haar boek The Most Evil of Them All
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Junie op LitNet verskyn:
So nodig soos kamele: ’n lesersindruk van Marthie Momberg se 21 Voices from Israel and South Africa
Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk: ’n boekbespreking
Op pad na Grysberg, saamgestel deur Stefaans Coetzee: ’n resensie
’n Resensie van Met my honde deur Kobus Olivier en Hilda van Dyk
Nou in infrarooi deur Tom Dreyer: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Liefde is liefde, dis só eenvoudig: Oktober deur Réney Warrington
Oor kraaie en neste: ’n lesersindruk van Salemstraat deur Erla Diedericks
Museum Times: Changing histories in South Africa deur Leslie Witz: ’n lesersindruk
Die volgende resensies het gedurende Junie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
4 Junie
Resensie: Johann Kriegler resenseer Truth to Power: My Three Years Inside Eskom deur André de Ruyter
Resensie: Jonathan Amid resenseer Each Mortal Thing deur Michiel Heyns
Resensie: Analize Viljoen resenseer Offers vir genade deur Irize Loots
11 Junie
Resensie: Decima deur Eben Venter, geresenseer deur Andries Visagie
Resensie: Annelise Erasmus resenseer Impossible Skies: Life with my brother, the artist Walter Meyer deur Frans Meyer
Resensie: Fanie Olivier resenseer Op pad na Grysberg, saamgestel deur Stefaans Coetzee
18 Junie
Onderhoud: PP Fourie gesels met Johan van Zyl oor sy nuwe roman, Ons skulde
Resensie: Salemstraat deur Erla Diedericks, geresenseer deur Jonathan Amid
25 Junie
Resensie: Daisy de Melker: Hiding Among Killers in the City of Gold deur Ted Botha (resensent: Johann Kriegler)
Resensie: Die laaste kanariegeel notaboek deur Anchien Troskie (resensent: Trisa Hugo)
Resensie: Waar jakkalse huil deur Elrien Scheepers (resensent: Magdel Vorster)
Die volgende resensies het gedurende Junie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
15 Junie
Boek van die maand: Hierdie land
Die skrywers fokus nie voluit op die onraad in die land nie, maar eerder op goed soos landskap, gebruike en verbondenheid met die plek.
Lees die resensie deur Johan Myburg.
22 Junie
Decima
Die teks word ’n web, vernuftig gespin uit vertellings uit verskillende oogpunte, persoonlike vinjette en daarby ’n sweem van die fabel waarin diere aan die woord kom.
Lees die resensie deur Johan Myburg.
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.
17 Junie
Onder ’n bloedrooi hemel: Annemarié van Niekerk se verbysterende moed
’n Soort reaksie vir 'ons met Afrikaans op ons tonge', deur Marita van der Vyver
Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.
2 Junie
Anneliese Burgess: Woorde wat soos ’n sagte gebed aan my hart kom klop ...
Nico Geldenhuys: Onblusbare bromanse van twee boekmanne
Joan Hambidge: Madame Bovary en die Housewives van die Wynlande
Deborah Steinmair: Mommy Dearest en Mamma Mia
Kerneels Breytenbach: Slim swape en speurdernonne
9 Junie
Mareli Stolp: Kind ontsnap uit die kloue van ’n kultus
Kerneels Breytenbach: Goedvoelboek, geurewoordeboek en ’n erg onstabiele skrywer
Deborah Steinmair: Om jou ’n renoster te verbeel
16 Junie
Kerneels Breytenbach: Krag, branderplankry, kos en masturbasie
Gerda Taljaard: Verlies, vervreemding en literêre moord
Joan Hambidge: Atwood, Pamuk en duisend-en-een nag
Louis Gaigher: Javier Marías én Tomás se laaste hoera
Deborah Steinmair: Klein Boekbedonnerd: Leeslys van ’n invalide
23 Junie
Nadine Petrick: Verdwaalde spoke en prostitute in telefoonhokkies
Deborah Steinmair: ’n Passasier van sy eie penis en die puin wat hy nalaat
Kerneels Breytenbach: Van skeepswrak tot eeue oue spookstories
Mercia S Burger: Kerouac, Beatnik-rebel met ’n konserwatiewe knorpotstreep
30 Junie
Deborah Steinmair: ’n Hart op soek na ’n bewoonbare planeet
Kerneels Breytenbach: Liefde, rou, Lagerfeld, ou Hollywood en die Eagles
Louis Gaigher: Briljante en onstuimige familiestories
Joan Hambidge: Filmmakers speel skaak met skrywers
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 7 Junie
Elmarie Viljoen-Massyn vertel van haar spannende debuutroman, Vuurvoël, wat afspeel in die farmaseutiese bedryf. Met meer as 200 kinderboeke op sy kerfstok, weet die bekroonde skrywer Jaco Jacobs seker ’n ding of twee oor wat kinders graag lees. Hy gesels vertel vir Ilse Salzwedel van die belangrikheid van boeke en lees in kinders se lewe. Johan Myburg vertel in sy internasionale bydrae hoe die Franse skrywer Annie Ernaux die invloed van die Nobelprys op haar lewe ervaar, en Tan Twan Eng se derde roman. Johan stel jou ook voor aan Katja Oskamp wie se boek, Marzahn, die wenner van die Dublin- internasionale letterkundeprys is.
Woensdag 14 Junie
Ilse Salzwedel stel jou voor aan Beverley Roos-Muller, skrywer van Bullet In The Heart, ’n nie-fiksie werk wat die Anglo-Boereoorlog belig uit die hoek van die vier Muller-broers. In internasionale nuus deel Johan Myburg nuus oor die kortlys van die gesogte Britse James Tait-Blackpryse, en hy vertel meer oor die Nederlandse prys wat onlangs aan Annemarié van Niekerk toegeken is vir haar memoir Onder ’n bloedrooi hemel. Johan het ook ’n interessante brokkie oor die Russiese skrywer Alexander Poesjkin. Daar is ook nuus oor ’n slypklas en ’n skryfkursus vir aspirantskrywers, en meer inligting oor die ATKV/RSG radiodramaskryfkompetisie.
Woensdag 21 Junie
Erla Diedericks gesels oor skryf, lees en haar nuwe roman, Salemstraat. In Johan Myburg se internasionale insetsel bring hy hulde aan die Amerikaanse skrywer, Cormac McCarthy; die redes agter die besluit om The Snow Forest, Elizabeth Gilbert se jongste roman, van publikasie te onttrek; en die publikasie van George Orwell se Animal Farm in Zimbabwe. Kom vind uit wie is vanjaar se Women’s Prize for Fiction-wenner. Dan het RSG se programbestuurder Kobus Burger en Estel De Beer, senior vervaardiger: mandaat by RSG, lekker praktiese radiodramaskryfraad vir almal wat wil inskryf vir vanjaar se ATKV/RSG radiodramaskryfkompetisie.
Woensdag 28 Junie
Ilse Salzwedel gesels met Adriaan Potgieter oor sy boek, In die klipknoets van haar vuis, ’n studie oor die lewe en werk van Sheila Cussons. In Johan Myburg se uiteenlopende bydraes oor internasionale skrywers en boeke, gesels hy oor boeke wat dalk net ’n plek op jou leeslys verdien, weerstand teen die verbanning van boeke in die VSA, en Salman Rushdie se eerste openbare optrede sedert die aanval waarin hy verlede jaar ernstig beseer is. En as jy wil inskryf vir die RSG en die ATKV se radiodramaskryfkompetisie, Kobus Burger en Estel de Beer het nog raad oor die moets en moenies van radiodrama skryf.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 6 Junie
Sophia van Taak blaai deur MM Walters se debuutbundel, Cabala. Walters word beskou as die grootste satirikus in die Afrikaanse digkuns, en het met sy vlymskerp waarnemingsvermoë en raakvatwoorde menige heilige koei in ons kultuur bygekom. Die voorleser is Johann Nel.
Dinsdag 13 Junie
Wonder jy party dae: Het die lewe dan hoegenaamd betekenis? Of is dit maar net ’n vervelige gesukkel van geboorte tot die dood? Toemaar, jy’s nie alleen nie! Karli Heine lees gedigte voor deur talle digters wat dié onsekerheid deel.
Dinsdag 20 Junie
Ons luister na gedigte oor storms en onweer. Daar is heelwat verse deur Ina Rousseau en DJ Opperman, asook gedigte deur Daniel Hugo, Fanie Olivier en Celest Fritze om na uit te sien. Die voorleser is Marlo Minnaar.
Dinsdag 27 Junie
Laasweek, toe die groot kouefronte die land so hard getref het, het Sophia van Taak en die voorleser Marlo Minnaar op Vers en Klank reggesit met’n rits mooi gedigte oor onweer en storms. Vanaand sit dié twee die tema voort, met Marlo wat gedigte oor die reën voorlees.
Boekkeuse
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde:
https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/
6 Junie
Elmara Willis gesels oor haar reisboek, Boer en Brit seil saam, en die digter Tom Dreyer praat oor sy werk en lees ’n aantal gedigte uit sy bundel, Nou in infrarooi. Joan Hambidge bespreek Night Transit en praat oor ’n kinderboek van Jaco Jacobs wat haar bekoor het. Nadea Victor bespreek Santie van der Merwe se roman, Uit die donker.
20 Junie
Eben Venter is die ateljeegas. Hy praat oor sy nuwe roman, Decima. Riette Rust bespreek Annelie Botes se trefferboek, Katvis, en Elize Parker praat oor E Kotze se roman, Hulle noem haar Carminda. Elmarie Waltman bespreek Vuurvoël deur Elmarie Viljoen-Massyn. Yolandi Farham bespreek Katherina Graham se Reën vir Stofvlei. Joan Hambidge bespreek Skatryk deur Johan Fourie. Riette Rust bespreek Seks, skoonma’s en skuld deur Elize Parker.
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Resensies vir Fine Music Radio:
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
5 Junie
Resensie: Stefan van Zyl resenseer Getye van tyd deur Heilna du Plooy
29 Junie
Resensie: Joan Hambidge resenseer Vyf kleur blou deur Hein Viljoen
SARIE / sarie.com
Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Junie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Jaco Wolmarans oor Dolos
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Christi Steyn oor What the Moon Gave her
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Anchien Troskie oor Die Laaste Kanariegeel Notaboek
Vier resensies oor spanningsverhale:
- Alida Vos resenseer Monster deur Rudie van Rensburg
- Karien Labuschagne resenseer Billy Summers deur Stephen King
- Olga Krügel resenseer The Three Dahlias deur Katy Watson
- Karien Labuschagne resenseer The Heron’s Cry deur Ann Cleeves
Resensie: Marzanne Schoeman resenseer Legends & Lattes deur Travis Baldree, en You never really know deur John Hunt
- Antoinique van Staden resenseer Train Man deur Andrew Mulligan
- Nadia de Jongh resenseer Yours Cheerfully deur AJ Pearce
- Alida Vos resenseer The sight of you deur Holly Miller
- Alma Liebenberg resenseer The Fallout deur Rebecca Thornton
- Antoinique van Staden resenseer On the rocks deur Thando Pato
- Phyllis Green resenseer My year of not getting Sh*tfaced deur Pamela Power, en Sober deur Willie Pienaar
- RR Ryger resenseer Die rumoerige swart nar onder redaksie van HP van Coller
- Sonja van der Westhuizen resenseer The last gift of the master artist deur Ben Okri
Resensie: Sarel van der Walt resenseer Comrades Marathon deur Tom Cottrell
12 Boeke vir Vadersdag
- Gert Venter resenseer Across the Border deur Norman McFarlane, Koerantkamerade deur Hennie van Deventer, The god of that Summer deur Ralf Rothmann, Final Spin deur Jocko Willink, en A Bicycle, a chess set, an African River deur Shiloh Noone
- Johan Esterhuizen resenseer A Breed Apart deur Johan Raath
- Karien Labuschagne resenseer Guide to sieges of South Africa deur Nicki von der Heyde, Karoofossiele deur MA Cluver, Insects and other critters of Kruger deur Joan Young, en The new girl deur Daniel Silva
- Alida Vos resenseer It’s not inside, it’s on top deur Khanya Mtshali, en Falling deur TJ Newman
Resensies van drie kinderboekreekse:
- Lana du Plessis resenseer Ouma Hester en die Getaway-kar deur Janie Oosthuysen, en Die geheim van die nuwe hoof deur Anzil Kulsen
- Retha Kotzé resenseer Lea lief seeskilpaaie deur Cecilia Steyn
- Danica Gouws resenseer Als is nie net swart en wit nie deur Malvory Adams, Swan Dive deur Georgina Pazcoguin, en Brazen deur Julia Haart
- Nadia de Jongh resenseer La, ’n reis na die lig deur Ansja Ferreira
- Alida Vos resenseer A Home on Vorster Street deur Razina Theba
- Antoinique van Staden resenseer The Blackridge house deur Julia Martin