Op pad na Grysberg, saamgestel deur Stefaans Coetzee: ’n resensie

Op pad na Grysberg vertel die storie van M, ’n vrou wie se menswees deur die ongenaakbare elemente van ’n postapokaliptiese wêreld afgetakel word. Sy leef in ’n wêreld van stof en watertekort, afguns, geestelike aftakeling deur ’n mishandelaar vir ’n eggenoot, en die grootste seer van haar lewe: Haar seun het weggeloop om hom naby Grysberg … te gaan vestig.”