Van vrees na vrede deur Madelein Rust: ’n boekresensie

“Ek was ’n traan of twee te wagte, min het ek egter geweet dat naas ’n boek oor die Joodse volksmoord of waar iemand se geliefde troeteldier sterf, ek nog nooit so oor die geskrewe woord trane gestort nie. Voor dit jou dalk in jou spore stuit om Van vrees na vrede te lees, dit word spoedig opgevolg met sommer baie lagtrane ook, want selfs in die onmoontlikste, ernstigste denkbare situasies, slaag Madelein daarin om my te laat skater.”