Persverklaring: Fotografiekursus | Press release: Photography course

  • 0

Fantastiese foto’s net ’n kiek en ’n klik weg

Taalmonument en Haarhoff bied gewilde werkswinkels vir beginners en bekwames.

Vir die wat wens dat hulle onvergeetlike oomblikke en tonele pragtiger kan verewig, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) op 2 September en 7 Oktober 2023 (Saterdae) weer twee werkswinkels met fotografie-afrigter Peter Haarhoff aan.

As jy wil ophou om jou kamera op “outomaties” te gebruik en nie tyd vir lang fotografiekursusse het nie, is die genotvolle dagkursus vir beginners op 2 September ideaal. Dit is ’n praktiese, tweetalige program wat beteken dat jy dit wat jy geleer het, onmiddellik onder die wakende oog van jou dosent en foto-afrigter kan beoefen. Die teorie vind in die lesinglokaal plaas waarna almal oefen hoe om fantastiese foto's van mens, natuur en struktuur by die skilderagtige monument te neem.

Die volgende aspekte sal belig word:

  • Neem beheer oor jou DSLR-kamera;
  • Hoe om program- en handmatige opsies te gebruik;
  • Hoe die lensopening die velddiepte beheer;
  • Stel jou sluiterspoed in vir waarlik skeppende fotografie;
  • Witbalans en ISO-instellings;
  • Flitsfotografie en beligtingskompensasie;
  • Filters en sosiale media soos Instagram; en
  • Hoe om beter foto's op te stel en nog baie meer.

Die gevorderde dagkursus is op 7 Oktober en is ideaal vir deelnemers wat ’n beginnerskursus voltooi het of  ’n goeie begrip van sluiterspoed, diafragma en ISO-instellings het, en gemaklik voel om foto’s in die handmatige modus te neem. As jy jou fotografie na die volgende vlak wil neem, sal jy hiermee leer hoe om uitstaande foto’s te neem deur meer komplekse kamerategnieke te verken en nuwe denke op die fotografiese proses toe te pas. Die balans tussen die tegniese en skeppende aspekte van fotografie sal ook verfyn word.

Beide kursusse vind by die Taalmonument op Paarlberg vanaf 09:00 tot 16:00 plaas. Dit kos slegs R400 per persoon, wat ’n gratis besoek aan die monument asook verversings insluit. Deelnemers kan hul eie middagete bring of die Suikerkan-bistro ondersteun, waar hulle 15%-afslag ontvang. Deelnemers moet hul eie DSLR-kamera of enige kamera met handmatige beheer (manual control) bring – geen selfoonkameras nie. Plekke is beperk, dus bespreek asseblief vroegtydig by Elsabè Pearce op 021 872 3441 of ontvangs@taalmuseum.co.zaom deelname te verseker. Meer oor Peter Haarhoff by flickr.com/people/peterhaarhoff/.


Fantastic photos just a click away

Taalmonument and Haarhoff offer popular workshops for beginners and the experienced.

For those who wish they could more beautifully immortalise unforgettable moments and scenes, the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) once again offera two workshops with photography trainer Peter Haarhoff on 2 September and 7 October 2023 (Saturdays).

If you want to stop using your camera on “automatic” and do not have time for extended photography courses, this enjoyable one-day beginners course on 2 September is ideal. It is a practical, bilingual programme which means that you can immediately work on what you have learned under the watchful eye of your photo coach. The theory takes place in the meeting room after which everyone will practise how to take fantastic photos of humans, nature and structures at the picturesque monument.

The following aspects will be highlighted:

  • Take control of your DSLR camera;
  • How to use program and manual options;
  • How the lens aperture controls the depth of field;
  • Set your shutter speed for truly creative photography;
  • White balance and ISO settings;
  • Flash photography and exposure compensation;
  • Filters and social media like Instagram; and
  • How to compose better photos and much more.

The advanced course is on 7 October and is ideal for participants who have completed a beginner course or have a good understanding of shutter speed, aperture and ISO settings, and feel comfortable taking photos in manual mode. If you want to take your photography to the next level, this will teach you how to take outstanding photos by exploring more complex camera techniques and applying new thinking to the photographic process. The balance between the technical and creative aspects of photography will also be refined.

Both courses take place at the Taalmonument on Paarl Mountain from 09:00 to 16:00. It costs only R400 per person, which includes a free visit to the monument as well as refreshments. Participants can bring their own lunch or support the Suikerkan bistro where they receive a 15%-discount. Participants must bring their own DSLR camera or any camera with manual control - no cellphone cameras. Places are limited, so please book timely with Elsabè Pearce at 021 872 3441 or send an e-mail to ontvangs@taalmuseum.co.za. More on Peter Haarhoff at flickr.com/people/peterhaarhoff/.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top