Die direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) nooi u hiermee hartlik uit na ’n interaktiewe paneelgesprek ter viering van Taaldag en -maand in Augustus 2023.
Die tema van die paneelgesprek is taalbeplanning en taalherlewing in Afrikaans. Daar is verskillende taalherlewingsprojekte aan die gang en die ATM hoop om enkele van hierdie projekte, navorsing en betrokkenes te belig.
Die paneel sal bestaan uit Marius Swart (dosent, Universiteit Stellenbosch), Chareldine van der Merwe (projekbestuurder, Vriende van Afrikaans), Donovan Lawrence (senior lektor, Universiteit van Wes-Kaapland) en Mogamat Alexander (skrywer, navorser en erfenisaktivis).
Datum: 18 Augustus 2023
Tyd: 18:00 vir 18:30
Plek: Die Afrikaanse Taalmonument, Paarlberg
Na afloop van die gesprek sal ’n ete bedien word.
Om bywoning te bevestig, bespreek asseblief by opvoeding@taalmuseum.co.za of 021 872 3441 teen 13 Augustus.