Portale
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2022
2022-12-07Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boekbekendstelling: Petra Müller. ’n Huldiging. Die skerpgevylde oomblik
2022-12-06Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Petra Müller. ’n Huldiging. Die skerpgevylde oomblik op 18 Januarie 2023 in Pretoria. Charl-Pierre Naudé sal met die redakteur van die publikasie, Karen de Wet, in gesprek wees.
Boerneef (1897–1967)
2022-12-06"Die berggans het ’n veer laat val
van die hoogste krans by Woeperdal"
Leonard Koza (1941–2010)
2022-11-29"Daar is en sal altyd doemprofete wees wat Afrikaans nie ’n kans op voortbestaan gun nie. Dié doemprofete skyn egter te vergeet dat Afrikaans op die meeste plase gepraat word, en dat daar op dieselfde plase ook in Afrikaans geswoeg en gesweet, gevloek en gestry word. Laaste maar nie die minste word daar ook in Afrikaans gelag en gevier wanneer oestyd aanbreek."
Mediavrystelling: Afrikaans kook, sê Taalraad se Kokerwenners
2022-11-28’n Joernalis en omroeper, ’n uitvoerende direkteur en hoofredakteur, ’n dosent en taalpraktisyn, ’n uitvoerende voorsitter en skrywer, ’n uitvoerende direkteur en taalaktivis, ’n nuusanker en joernalis, ’n taalaktivis en tydelike dosent vir Afrikaanse Taalverwerwing en ’n projekbestuurder wat op haar gelukkigste is wanneer sy stories deel met jong kinders, ontvang almal vanjaar Kokertoekennings van die Afrikaanse Taalraad.
Persverklaring: Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA)
2022-11-17Die SA Akademie doen ’n ernstige beroep op onderwysowerhede om te besin oor hierdie aspek van die voorgestelde wysigings en die insette van skoolgemeenskappe te respekteer.
Kennisgewing: Sheila Cussons 100
2022-11-17Die digter Sheila Cussons sou op 9 Augustus vanjaar 100 jaar oud geword het. As huldiging het Joanita Erasmus-Alt, ’n lid van die SA Akademie, ’n keur uit Cussons se gedigte getoonset.
Uitnodiging: SA Akademie vier die Afrikaanse Wikipedia se 21ste verjaarsdag!
2022-11-09Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die WikimediaZA Stigting vier die Afrikaanse Wikipedia se mondigwording op Woensdag 16 November om 18:00.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2022
2022-11-08Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Program: SA Akademie se Studentesimposium 2022
2022-11-08Die SA Akademie se jaarlikse Studentesimposium vind op Woensdag 9 November plaas. Hier is die program.
EKM Dido (1951–)
2022-11-08“Ek droom van ’n dag wanneer die liefde vir inheemse boeke soos ’n veldbrand deur die land sal versprei; en al my mense dit sal kan bekostig om met geleesde boeke op hulle ‘sideboards’ te spog.”
Persvrystelling: Bekendstelling van "Die algemene demografie van Afrikaans (2022)"
2022-11-07Afrikaanssprekendes krimp as ’n persentasie van die land se algehele bevolking wat hulle bedingingsmag teenoor die staat verminder. Terselfdertyd verskuif die groeiende meerderheid van bruin/swart teenoor wit Afrikaanssprekendes toenemend die magsbalans binne die taalgemeenskap en skep daarmee nuwe uitdagings wat die sprekers sal moet hanteer. Volgens die verslag steek Engels – gevoed deur al die inheemse tale – reeds in 2022 vir Afrikaans, die derde grootste taal in die land, verby.
Press release: Afrikaans Language Council unveils "The general demography of Afrikaans, 2022"
2022-11-07Afrikaans speakers are shrinking as a percentage of the country's overall population which reduces their bargaining power vis-à-vis the state. At the same time, the growing majority of brown and black speakers of Afrikaans are shifting the balance of power within the language community, which creates further challenges. According to the report, English - nourished by all the indigenous languages - will probably overtake Afrikaans, the third largest language in the country, in 2022.
Uitnodiging: Werkgemeenskap Pretoria – lesing deur Ronel Callaghan
2022-11-07Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns nooi alle belangstellendes hiermee hartlik uit na ’n aanlyn lesing wat aangebied word deur die SA Akademie se Werkgemeenskap Pretoria. Die tema is "Opvoedkundige tegnologie: eksperimenteer, leer, transformeer".
Persverklaring: Gesprekspunt – die SA Akademie se nuwe blog
2022-11-07Die SA Akademie se nuwe blog, Gesprekspunt, waar Akademielede en ander kundiges uitgenooi word om te besin oor aktuele aangeleenthede, is pas op hul webblad geloods.
Persverklaring: ATKV-Crescendo soek onontdekte musikale talent
2022-10-28Een van Suid-Afrika se oudste en bekendste musiekontwikkelingsprogramme, ATKV-Crescendo, gaan saam met Expressions Session werk om ons land se onontdekte musikale talent te ontgin en te ontwikkel.
Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Rembrandt van Rijn se Die nagwag
2022-10-27Jy word hartlik uitgenooi na die volgende lesing deur Alex Duffey wat handel oor die kunswerke wat gereken word as van die beste werke ter wêreld. Sy lesing oor Rembrandt van Rijn se Die nagwag kan vanaf 18:00 op 25 Oktober 2022 aanlyn gekyk word.
Persverklaring: Hier is die wenners van die ATM se jongste Arabies-Afrikaanse wedstryd | Here are the winners of the ATM’s latest Arabic Afrikaans competition
2022-10-25Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en Historium Trust is verheug om die wenners van hul jongste Arabies-Afrikaanse kompetisie, waarvoor R10 000 en jaarpermitte op die spel was, aan te kondig. | The Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) and Historium Trust are delighted to announce the winners of their latest Arabic Afrikaans competition, for which R10 000 and annual permits were up for grabs.
Taalmonument-persverklaring: G’n maan van kaas; dis ’n Melkmaan | Make way for the Milk moon
2022-10-19Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se vriendelike personeel nooi almal hartlik uit om die volmaan op Vrydag 11 November 2022 saam met hulle te aanskou. | You are invited to join the Afrikaans Language Museum and Monument's friendly staff to observe the full moon on Friday, 11 November 2022.
Elise Muller (1919–1985)
2022-10-18"Hoe ek skryf? Ek word getref deur ’n situasie, ek gaan sit en skryf, en partykeer loop die verhaal na vele herskryf soos ek bedoel of voorsien het, en ander kere neem dit heeltemal ’n nuwe beloop. Dan is ek net so verras soos die toekomstige leser."
