Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Salvador Dalí se Volharding van herinnering

  • 0

Foto van Salvador Dalí: Wikipedia, openbare domein

Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi na die laaste lesing deur Alex Duffey wat handel oor internasionale kunswerke wat gereken word as van die beste werke ter wêreld.

Op 23 Mei begin ’n nuwe reeks – sien onder.

Datum: Vanaf Dinsdag 25 April 2023 om 18:00 beskikbaar om te kyk

Tema: Salvador Dalí se Volharding van herinnering – ’n surreële fantasie

Klik hier om die skildery op MoMA se webtuiste te besigtig.

Die lesing kan op die volgende platforms van die Akademie gekyk word en u is welkom om die uitnodiging verder te versprei:

Vorige lesings van Alex Duffey is ook steeds op hierdie platforms te sien.

Reeks 3 van prof. Duffey se lesings begin op 23 Mei. Die lesings waarna u kan uitsien is:

  • Vanaf 23 Mei beskikbaar:  Jacob Hendrik Pierneef (1886–1957) – rasionele landskapkunstenaar by uitstek
  • Vanaf 20 Junie: Frans Oerder en ou Pretoria – 1890–1907
  • Vanaf 25 Julie: Van Wouw se beeldhouwerk aan geboue in Pretoria
  • Vanaf 22 Augustus: Om te sien is te glo: Erich Mayer en Walter Battiss en die San Rotskuns
  • Vanaf 19 September: Anton van Wouw en die Anglo-Boereoorlog
  • Vanaf 24 Oktober: Pierneef en die Uniegebou
  • Vanaf 21 November: Die Oostelike fassade van Kerkplein deur die jare heen

In 2024:

  • Reenen J van Reenen. ’n Vergete pionier wat die Afrikaner se siening van Rotskuns in Suid-Afrika verander het
  • Die Kunstenaar en die Vierde dimensie
  • Vroeë motorwese in Suid-Afrika
  • Goud in Antieke Egipte – noub, djam en hadj
  • Nuwe perspektiewe op Antieke Griekse langafstandhandel met Suider-Afrika
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top