...
PEN Afrikaans wil dit baie graag op almal se harte druk dat ’n PDF van ’n boek onder geen omstandighede aan iemand anders gestuur mag word nie. Deur dit te doen, stel die deler haarself/homself bloot aan vervolging. Die deler is in hierdie geval ewe verkeerd as die steler.
...
PEN Afrikaans verneem met leedwese dat die PDF-weergawe van Truth to power deur André de Ruyter skynbaar geredelik op die sosiale media gedeel word.
Om ’n onwettige kopie van ’n boek aan te stuur, is diefstal.
Die verspreiding van roofkopieë neem kos uit die monde van skrywers en werkers in die uitgewersbedryf. Dit is baie ironies dat ’n boek wat handel oor korrupsie en diefstal nou na bewering op groot skaal gesteel word.
PEN Afrikaans wil dit baie graag op almal se harte druk dat ’n PDF van ’n boek onder geen omstandighede aan iemand anders gestuur mag word nie. Deur dit te doen, stel die deler haarself/homself bloot aan vervolging. Die deler is in hierdie geval ewe verkeerd as die steler.
Dit is ook ironies dat PEN Afrikaans tans veg teen die staat se nuwe wetgewing wat tot ernstige misbruik van ’n skrywer se regte kan lei.
Eskom kan totaal in duie stort, so word soms beweer. Ditto met die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf. Druk van die staat en grootskaalse boewery deur gewone mense op straat, mag lei tot ’n totale uitwissing van ons land se boekebedryf.
Moet asseblief onder geen omstandighede ’n PDF van ’n boek op jou selfoon hou, of aanstuur nie.
Diefstal en korrupsie is nie ’n grap nie.
Lees ook:
Elders gesien: Steel hulle wat kla oor diefstal lekker saam?
Press Release: Truth to power; PRH will take legal action against illegal distribution
Kommentaar
Asseblief mense, as jy 'n PDF-weergawe van André se boek aangestuur het, doen die regte ding en vee dit uit. André de Ruyter is ons almal se held. Moenie hom besteel nie. Groot asseblief. Dis baie lekkerder om die boek in jou hande vas te hou; jy rúik die bladsye van 'n regte egte, harde kopie. Niks lekkerder as dit nie.
Gaan skaf 'n kopie van die boek aan. En as hy weer in SA is, vra hom om hom te teken. Nie aldag wat jy 'n man kry wat nie bewe vir die klomp korrupte magsposisies nie.
Ek is 'n boekliefhebber, lees eerder 'n boek as om op die selfoon te probeer. Waar kan ek sy boek te koop kry? En prys? Ek is 75 en 'n Sassa-pensionaris. André is 'n man uit een stuk rots.
Betsie. Die boek is tans teen afslag te koop by Graffiti: https://www.graffitibooks.co.za/af/389663/Boeke
Ek spandeer 'n fortuin, my lewe lank, aan ordentlike leesstof. Ek koop gereeld my daaglikse en weeklikse koerante! So het ek my kinders grootgemaak en my kleinkinders doen so voort. Ek weier om boeke of koerante op 'n foon te wil lees!