Elders gesien: Steel hulle wat kla oor diefstal lekker saam?

  • 1

Aftergrondfoto: Pete Linforth Pixabay

Jo Prins skryf op Facebook:

Hier gaat ons alweer: mense wat steen en been kla oor al die gesteel en geplunder, het glad nie ’n issue daarmee (soos laas met Jacques Pauw se boek) om ’n PDF van die De Ruyter-boek links en regs aan te stuur nie.

Sien ook:

Persverklaring: PEN Afrikaans oor die onregmatige verspreiding van Truth to Power

Press Release: Truth to power; PRH will take legal action against illegal distribution

Press release: Truth to power – my three years inside Eskom by André de Ruyter

  • 1

Kommentaar

  • Pieta van Deventer

    Jô, jô. Veralgemeen u nie 'n bietjie rof nie? Ek hou nie van boeke lees op 'n rekenaarskerm nie, maar as ek een aflaai, koop ek dit. Daarvan het ek maar so 'n paar boeke vir naslaandoeleindes afgelaai en geen ander rede nie. Die Russiese skrywers soos Tolstoy en trawante se styl noop jou egter om soms te kan kontroleer wie is wie met hulle geweldige aantal karakters met drie name+ elk. So ook my cd-versameling. Al die cd's wat op my rekenaar is (meer as 400), sal jy in my cd-rak vind, almal gekoop. U is welkom om te kom kontroleer. Ek is, soos baie ander ook sterk bewus van die feit dat onwettige kopiering op die ou end maak dat hierdie persone nie meer sal produseer nie. Met respek: Ons is nie almal so nie. Groetnis.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top