Johannes Prins het in 2001 saam met 15 ander digters gedebuteer in Tafelberg se Nuwe Stemme 2. In 2002 dra hy by tot Protea Boekhuis se As die son kom oogknip en die poësietydskrif Karapaks, en in 2005 & 2006 tot die tydskrif Spilpunt, Praag se "Winternag"-gedenkbundel getiteld Honderd jaar later & Ons Klyntji. Hy werk as joernalis by Beeld in Johannesburg waar hy in 2006 as rubriekskrywer van die jaar bekroon is. In 2008 word een van sy verse in die Groot Verseboek opgeneem en in 2009 verskyn sy solo-debuutbundel een hart by Lapa-uitgewers. Hy is nou vryskut die redakteur van die boekeblad van Media24 se Afrikaanse dagblaaie.