Wen R1 800 en meer met Taalmonument
Gesoek: ’n videogreep oor Afrikatale ter ere van die vasteland se maand
Ter viering van #Afrikamaand en die Internasionale Dekade van Inheemse Tale (2022–2032), wil die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) Afrikaans en mede-Afrikatale vier met ’n videokompetisie.
Wens jy soms daar was ’n woord wat ons in Afrikaans gehad het, maar ongelukkig (nog nie!) het nie? Ken jy miskien ’n paar pittige uitdrukkings in Swahili, Shona of Sesotho? Skryf dan in en staan die kans om kontantpryse en ’n jaar se gratis toegang tot die ATM te wen.
Jy hoef slegs ’n kort video te maak (30 sekondes maks!) waarin jy een van jou gunstelingwoorde of -uitdrukkings uit enige ander Afrikataal in Afrikaans vertaal en verduidelik waarom dit vir jou oulik, kwaai of nca is.
#WEN #WEN #WEN
Eerste plek: R1 000
Tweede plek: R500
Derde plek: R300
Plus jaarpermitte vir gratis toegang tot die ATM!
Om in te skryf, stuur teen 25 Mei (Afrikadag) 2023 ’n e-pos met jou video-inskrywing en “Afrikamaand-kompetisie” as onderwerp aan opvoeding@taalmuseum.co.za.
Bepalings en voorwaardes:
- Video’s moet 30 sekondes of korter wees.
- Deur in te skryf, stem jy in dat jou inskrywing op die ATM se webtuiste en sosiale mediaplatforms gebruik mag word.
- ’n Onafhanklike paneel sal die inskrywings beoordeel en bepaal wie die wenners is. Die paneel se besluit is finaal.
- Geen werknemer of familielede van werknemers van die ATM sal in aanmerking kom vir die pryse nie.
- Inskrywings sluit op Donderdag 25 Mei 2023 (Afrikadag) om 23:59. Die wenner sal op Saterdag 27 Mei 2023 tydens die ATM se #Afrikamaand-vieringe bekend gemaak word.
Vir meer inligting oor al die opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument en Taalmuseum, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin, wat onbeperkte toegang tot die ATM, bistro en Volmaanpieknieks insluit. Die bistro bied daagliks heerlike kos en pragtige vergesigte; kontak hulle via diesuikerkan.co.za of 082 216 2510.