Persverklaring: Maretha Maartens oor die skryf van jeugboeke

  • 2

Prent deur Amy | Pixabay; Foto van Maretha Maartens verskaf

U word vriendelik herinner aan die onderstaande aanlyn praatjie deur Maretha Maartens op Vrydagaand 26 Mei om 17:15.U sal teen 17:00  kan inskakel op MS teams.

Die skakel om te kan deelneem is heel onder aan die uitnodiging.

Indien u beplan om die byeenkoms by te woon, word u vriendelik versoek om vir die voorsitter van die Werkgemeenskap Vrystaat se Bestuur, Pieter Verster by versterp@ufs.ac.za te laat weet of u dit gaan bywoon sodat hy net min of meer ’n idee het hoeveel mense gaan deelneem.

Die Werkgemeenskap Vrystaat van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bied graag die volgende praatjie aan deur die bekende en geliefde skrywer Maretha Maartens met die oog op die skryf van jeugboeke in die lig van die opkomende kompetisies van Lapa en Nasboek.

Maretha Maartens is ’n bekroonde skrywer met meer as 160 gepubliseerde titels op haar kerfstok. Onder Maretha se skryftoekennings tel die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die Credo-, ATKV en Andrew Murray-toekenning, asook die Oostenrykse Katolieke Kinderboekprys. Haar jeugroman, Die Inkvoël, is opgeneem in die White Raven versameling en in Engels, Duits en Nederlands vertaal.

  • Maretha is gevra om inligting oor die skryf van ’n jeugroman te gee. Hoe pak mens dit aan?
  • Wat is die vereistes? Watter temas moet ondersoek word?
  • Waarna kyk die beoordelaars?
  • Watter wenke kan sy gee uit haar ondervinding.

U word uitgenooi na ’n aanlyn byeenkoms Vrydagaand 26 Mei om 17:15. U sal teen 17:00  kan inskakel op MS teams.

Hier is die skakel na die byeenkoms.

Linda Brink

(namens die Bestuur van die Werkgemeenskap Vrystaat)

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top