Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2023

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Mei in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Mei

Luisterboek: Doolhof deur Rudie van Rensburg

2 Mei

Onderhoud: Anchien Troskie het nooit gedink om ’n skrywer te word
Elretha Britz in gesprek met die skrywer.

3 Mei

Boekenuus: Protea kry nuwe eienaars, 4 boekwinkels behoue

Boekenuus: Henning Pieterse in gesprek met Johan Myburg by NALN

4 Mei

Onderhoud: Gross ontdek nog die ‘anderdaagse’ in rubriekbundel
AJ Opperman gesels met Esté Gross oor haar rubriekbundel, Weerkaats.

6 Mei

Boekenuus: Jong digters wys Afrikaans se ‘prismatiese briljantheid’
Candice Jantjies berig oor Lynthia Julius en Jolyn Phillips as gasskrywers van Samespraak.

8 Mei

Resensie: Een roman met 22 skrywers
Trisa Hugo resenseer Op pad na Grysberg, saamgestel deur Stefaans Coetzee.

Resensie: ’n Knap en dapper debuut
Francois Bekker resenseer Vuurvoël deur Elmarie Viljoen-Massyn.

Resensie: Slim, fantasmagories en briljant is dié debuut
Joan Hambidge resenseer Buried Treasure deur Sven Axelrad.

Boekenuus: Netwerk24 se topverkopers vir April

10 Mei

Boekenuus: 2 wen Pulitzer vir fiksie – ’n eerste in prys se bestaan

Boekenuus: Franschhoek Literêre fees 2023 spog met plaaslike en internasionale skrywers

11 Mei

Onderhoud: Marlene van Niekerk bring nuwe benadering na leerstoel in België
Elretha Britz berig.

12 Mei

Profielonderhoud: Frans Meyer: ‘My broer, Walter, het in die verkeerde tyd geleef’
Deur Murray la Vita

Boekgesprek: Kobus Olivier en sy honde in ’n oorlog

15 Mei

Boekevat: Gus Ferguson se gedigte altyd rats van gees
’n Rubriek deur Daniel Hugo

Resensie: Hartroerende Ierse drama
Sonja van der Westhuizen resenseer Old God’s Time deur Sebastian Barry.

Resensie: ’n Ode aan ’n groter liefde
Anschen Conradie resenseer Met my honde deur Kobus Olivier en Hilda van Dyk.

19 Mei

Profielonderhoud: ‘Daisy het tussen ander moordenaars weggekruip’
Murray la Vita in gesprek met Ted Botha

20 Mei

Boekenuus: Martin Amis, romanskrywer en kritikus, oorlede

22 Mei

Resensie: Heerlike leesstof nie net vir jonges
Jonathan Amid resenseer ’n Beeldskone nagmerrie deur Sunel Combrinck.

Resensie: Nóg ’n leesplesier uit Ahlers se pen
Anschen Conradie resenseer Teiken in Parys deur Nerine Ahlers.

Resensie: Goudstad se moord- en misdaadonderrok
Sonja van der Westhuizen resenseer Daisy de Melker deur Ted Botha.

Resensie: Madelein, mag die res van jou pad op aarde sag wees
Ilza Roggeband resenseer Van vrees na vrede deur Madelein Rust.

25 Mei

Boekgesprek: Jaco Wolmarans oor ‘Dolos’

26 Mei

Profielonderhoud: Steinberg: ‘Winnie en Nelson was enorme figure, maar erg geskend’
Murray la Vita in gesprek met Jonny Steinberg oor Winnie and Nelson: Portrait of a Marriage

Boeke: Matie wen met beste kortverhaal in Afrika

28 Mei

Boekenuus: SA kosskrywers hou potte aan die kook op Gourmand-toekennings

Boekenuus: Kunstekaap se Marlene le Roux wen gesogte Andrew Murray-prys

29 Mei

Resensie: ’n Uitsonderlike stuk werk
Jonathan Amid resenseer Trust deur Hernan Diaz

Boekevat: Volspoed kry jou nie altyd vinniger daar nie
’n Rubriek deur Alwyn Roux

Resensie: ‘Kanariegeel’ ontstem leser
Francois Bekker resenseer Die laaste kanariegeel notaboek deur Anchien Troskie

Resensie: Heerlike dolos word hier vir die leser gegooi
Stefaans Coetzee resenseer Dolos deur Jaco Wolmarans

31 Mei

Boeke: Die pad na Grysberg deur 22 skrywers geplavei
AJ Opperman berig.

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Mei op LitNet verskyn:

Die kapokdokter deur François Loots: ’n resensie

Die kerk met die verkeerde baas deur Gerhard Mahne: ’n lesersindruk

Skryf ChatGPT deesdae dooie mense se boeke?

VivA gebruik kortverhale om talent te slyp

’n Ahistoriese soeke na engele

Twitter dawn deur Joe Kitchen: ’n resensie

Know my name deur Refiloe Moahloli: ’n lesersindruk

Wie skrik vir Wortel Wolf? deur Leon-Ben Lamprecht: ’n lesersindruk

Na die geliefde land deur Karel Schoeman: ’n leeskringbespreking

Roman deur Cas Wepener: ’n resensie

’n Lesersindruk: Converting missions – Carnarvon: A decolonial case study deur Izak C Potgieter

’n Lesersindruk van die belewenisse van ’n latinis deur Jan Swanepoel

Impossible skies – life with my brother, the artist Walter Meyer deur Frans Meyer: ’n boekresensie

Gekaapte kampusse

Reën vir Stofvlei: ’n onderhoud met Katherine Graham

Die menslike dieretuin: ’n onderhoud met François Durand

Die volgende resensies het gedurende Mei in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

7 Mei

Onderhoud: Tom Dreyer gesels met Johan van Zyl oor sy poësiedebuut, Nou in infrarooi

14 Mei

Resensie: Hierdie land: Daar is iets aan Suid-Afrika – 56 skrywers vertel, geresenseer deur Mellet Moll

Resensie: Juliana Coetzer resenseer Van vrees na vrede: Hoe ongeneeslike kanker my leer leef het deur Madelein Rust

Resensie: Die oseaan tussenin deur Jeanette Stals, geresenseer deur Trisa Hugo

21 Mei

Resensie: Nini Bennett oor Katvis deur Annelie Botes

Resensie: Johann Kriegler resenseer Milk the Beloved Country deur Sihle Khumalo

Resensie: Vuurvoël deur Elmarie Viljoen-Massyn, geresenseer deur Jonathan Amid

28 Mei

Resensie: Nini Bennett resenseer Nou in infrarooi deur Tom Dreyer

Resensie: Frederick Botha oor Mirre en aalwyn deur Nicola Hanekom

Resensie: Magdel Vorster resenseer Husse met lang ore deur Elsa Winckler met illustrasies deur Alida Bothma

Die volgende resensies het gedurende Mei op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

4 Mei

Heimwee
“Hierdie verhoudingsfiksie is beslis nie spookasem nie. Sophia Kapp slaag uitstekend daarin om nie in die slaggat van verromantisering te trap nie.”
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

10 Mei

Genesing vir trauma
“Die sentrale boodskap van die boek is dat daar wel genesing en hoop vir traumalyers is. Dit is een van die waardevolste boeke wat ek in ’n lang tyd gelees het.”
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

16 Mei

Waag dit! om lief te hê
Hierdie besonderse dagstukkieboek daag getroude paartjies oor ’n tydperk van 365 dae uit om nie net te leer wat onvoorwaardelike liefde beteken nie, maar ook hoe om dit te gee.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

26 Mei

Betereinder
Die boek is propvol stories, lewenslesse en praktiese raad oor hoe ons mekaar ’n plekkie in die son kan gun.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

30 Mei

Die Kaapse slawe 1652-1838: ’n Kultuurhistoriese perspektief
“Die boek bied nie net ’n kykie op die Kaapse slawe vanuit ’n kultuurhistoriese oogpunt nie, maar gee die leser ook ’n goeie idee van hoe die lewe vir beide slaaf en eienaar destyds aan die Kaap daar uitgesien het.”
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.

5 Mei

Kerneels Breytenbach: Serendipity en die oorsprong van tyd (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Waar is al die blomme heen? (vryeweekblad.com)
Eben Venter: Ek het ophou waarheid skryf (vryeweekblad.com)
Joan Hambidge: Belydenisromans in die skemering (vryeweekblad.com)
Mercia S Burger: Cormac McCarthy en ’n giftige geweld (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Chris Hani: Karaktermoord en bloedige teregstelling (vryeweekblad.com)

12 Mei

Mareli Stolp: Orgasmes wat reënwoude laat opspring (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: ’n Verkeerde diagnose, The Dude, skeermestonge en ’n helper vir Marlowe (vryeweekblad.com)
Louis Gaigher: Deborah Levy se dubbelspel en talismans (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Walter Meyer se onmoontlike blou lug (vryeweekblad.com)

19 Mei

Kerneels Breytenbach: Groenbone, Harry Hole en kristalkrag (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Bly kalm, ons gaan lugbraai (vryeweekblad.com)
Joan Hambidge: J.M. Coetzee se dubbelspel (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Gewetenlose, seksueel aggressiewe botte (vryeweekblad.com)

26 Mei

Gielie Hoffmann: ’n Hartshuis vir skrywers (vryeweekblad.com)

Louis Gaigher: Janet Malcolm: Voyeuristiese agie en groen borde (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: RIV Martin Amis, en kom ons voel vir ’n slag goed (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Twee vreesaanjaende krimi’s om jou te laat vergeet van alles wat hier haper (vryeweekblad.com)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 3 Mei

Antjie Krog is onlangs vir die derde keer met die Hertzogprys bekroon, hierdie keer vir haar bundel Plunder. Ons vier dit met die heruitsending van ’n uittreksel uit die AVBOB/RSG-huldigingskonsert wat op 23 Oktober 2022 uitgesaai is om Krog se 70e verjaarsdag te vier. In Johan Myburg se internasionale insetsel gesels hy oor ’n nuwe internasionale debuutprys vir vroueskrywers ouer as 50, nuwe internasionale romans wat eersdaags hier by ons op die rakke sal wees, en die kortlys vir die 2023 Women’s Prize wat onlangs bekend gemaak is. Jy kan ook hoor wat sê Maggie O’Farrel oor haar roman The Marriage Portrait.

Woensdag 10 Mei

Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor vier Afrikaanse boeke wat sy kan aanbeveel. Ilse Salzwedel gesels met Nicol Stassen in ’n laaste gesprek oor die bewaring van ouer Afrikaanse skryfkuns. Johan Myburg het nuus oor ’n nuwe roman uit die pen van die gevierde Gabriel García Márquez wat reeds in 2014 oorlede is, beroepswedders se idees oor wie later vanjaar met die Nobelprys vir letterkunde sal wegstap, en die verlenging van die ampstermyn van die Amerikaanse ampsdigter, Ada Limon. Jy kan ook luister hoe Limon een van haar gedigte voordra. 

Woensdag 17 Mei

Ilse Salzwedel gesels met SD Fourie oor haar nuwe roman, Die reis. Dis ’n moderne roman met die geskiedenis as agtergrond. Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor vier Engelse boeke uit die pen van Suid-Afrikaanse skrywers wat sy glo luisteraars sal geniet. Ingeborg Pelser van die Franschhoek Literary Festival gesels oor waarna besoekers kan uitsien by hierdie fees wat van 19 tot 21 Mei in Franschhoek plaasvind. 

Woensdag 24 Mei

Suzette Myburg gesels met Pieter Marais oor sy debuutroman, Konkel. Wyno Simes van NALN in Bloemfontein vertel vir Ilse Salzwedel van die werk wat daar gedoen word om die Afrikaanse letterkundige en kunstenalatenskap te help bewaar. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg oor die Zimbabwiese skrywer, Tsitsi Dangarembga, en die aanklagte teen haar van aanhitsing tot geweld; ’n 20-jarige Kaapse student, Hana Gammon, wat aangewys is as die Afrika-wenner in die Commonwealth-kortverhaalwedstryd; en die twee romans wat aangewys is as die gesamentlike wenners van die 2023 Pullitzerprys: Demon Copperhead (Barbara Kingsolver) en Trust (Hernan Diaz). Jy kan ook luister na Hernan Diaz, wat gesels oor die rol wat lees en boeke in sy skryfwerk speel.

Woensdag 31 Mei

Ilse Salzwedel gesels met Anchien Troskie oor haar nuwe roman, Die laaste kanariegeel notaboek. Vyf aspirantskrywers kan elkeen ’n driewekelange kortverhaalskryfskool gratis bywoon – Theo Kemp van die Jakes Gerwel-stigting gee meer inligting hieroor. Adv. Jackie Fick, ’n kubermisdaadkenner, verduidelik hoekom die rondstuur van onwettige e-boeke ’n misdaad is. In sy internasionale bydrae stel Johan Myburg jou voor aan Georgi Gospodinov, die wenner van die Booker International-prys vir vertaalde werk, en vertel meer oor ’n Spaanse letterkundige prys wat aan die Japanse skrywer Haruki Murakami toegeken is. Hy bring ook hulde aan die Britse skrywer Martin Amis.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 2 Mei

Pieter van Zyl terug in die ateljee om vir ons nog pragtige verse oor die herfs voor te lees. Jy kan uitsien na gedigte deur onder andere Lina Spies, S.J. Pretorius, Fanie Olivier en Johann de Lange.

Dinsdag 9 Mei

Komende Sondag is Moedersdag – ’n feesdag ter ere van al die ma’s en oumas. Karli Heine lees pragtige gedigte voor oor dié spesiale vroue in ons lewe.

Dinsdag 16 Mei

Koos du Plessis was eerstens bekend as musikant. Maar dié geliefde liedjieskrywer was ook ’n digter uit wie se pen daar twee bundels verskyn het. Ons luister na sy mooi musiek én gedigte, soos voorgelees deur Johann Nel.

Dinsdag 23 Mei

In die eerste van twee programme oor briewe, luister ons na gedigte deur onder andere Jannie Malan, Elisabeth Eybers en Fanie Olivier, soos voorgelees deur Susanne Beyers.

Dinsdag 30 Mei

In die tweede aflewering oor briewe is daar gedigte deur Hennie Aucamp, Barend J. Toerien, T.T. Cloete en Breyten Breytenbach. Die voorleser is Chris van Niekerk.

Boekkeuse

Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde:
https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/

9 Mei

Bettina Wyngaard gesels oor haar jongste roman, Lokval, en veral oor die bobaasspeurder, Nicci de Wee. Adriaan Potgieter bied ’n Jungiaanse perspektief op die werk van Sheila Cussons in sy studie, In die klipknoets van my vuis. Die verhaalbundel, Ver in die wêreld, stories deur Afrikaanse skrywers in die buiteland, saamgestel deur Frederick de Jager, word deur Joan Hambidge bespreek. Sy bied ook haar indrukke aan van Konkel, die debuutroman van Pieter Marais. Riette Rust bespreek Rona Kotzé se roman, Pedale van papier, wat later vanjaar onder die regie van Reghardt van den Bergh ’n rolprent word. Die gereelde kinderboekbespreking kom ook aan die beurt.

23 Mei

Die gesoute niefiksieskrywer, Ted Botha, gesels oor die berugte reeksmoordenaar Daisy de Melker, die onderwerp van sy jongste biografie. Joan Hambidge bespreek die bundel, Mensig van digter Leon Strydom wat postuum verskyn en sy stel ook Tom Dreyer se digdebuut, Nou in infrarooi, bekend deur die voorlesing van sy gedigte. Elize Parker stel drie geestelike boeke bekend - Die Galileërs deur Alexa Steyn; Olie in jou lamp deur Emsie Martin en Steven Bresler se studie oor Openbaring – die Kerk se oorwinnaarskleed. Brenda Barrow maak haar debuut as resensent met Jeanette Stals se historiese roman, Oseaan tussen-in.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

23 Mei

Onderhoud: 13 vrae aan Tom Dreyer

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

15 Mei

Resensie: Joan Hambidge resenseer Mensig deur Leon Strydom

19 Mei

Resensie: Marlies Taljard resenseer Breyvier: Over taal, burgerschap en Breytenbach deur Yves T’Sjoen

Resensie: Mellet Moll resenseer Nou in infrarooi deur Tom Dreyer

SARIE / sarie.com

Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Mei verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Jo Watson oor What happens on vacation

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Madelein Rust oor Van vrees na vrede

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Sven Axelrad oor Buried Treasure

Onderhoud: Marzanne Schoeman gesels met Dame Prue Leith oor haar outobiografie , I’ll try anything once, en haar resepteboek, Bliss on toast

Onderhoud: Phyllis Green gesels met An-Mari Do Carmo oor die bekroning van Toe als groen was

Resensie: Alida Vos resenseer The rising tide deur Ann Cleeves

Twee resensies oor die glans van Hollywood:

  • Michael Green resenseer Cinema Speculation deur Quentin Tarantino
  • Sonja van der Westhuizen resenseer Complicit deur Winnie M Li

Resensie deur Phyllis Green en uittreksel uit Met my honde deur Kobus Olivier

Resensie: Phyllis Green bespreek Truth to power deur André de Ruyter

Uittreksel: Hierdie land: Daar is iets aan Suid-Afrika – 56 skrywers vertel

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top