
Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi na die nuwe lesingreeks deur Alex Duffey wat handel oor onder andere die lewe en werk van Suid-Afrikaanse skilders.
Datum: Vanaf Dinsdag, 23 Mei 2023 om 18:00 beskikbaar om te kyk
Tema: Jacob Hendrik Pierneef 1886–1957: Rasionele landskapskilder by uitstek
Met hierdie voordrag vertel prof. Duffey eerstens iets oor Pierneef se lewe en die plekke waar hy in Pretoria gewoon het en dan, aan die hand van voorbeelde van sy kunswerke, brei hy uit oor sy unieke skilderstyl.
Die lesing kan op die volgende platforms van die Akademie gekyk word en u is welkom om die uitnodiging verder te versprei.
- YouTube-kanaal: Klik op https://www.youtube.com/channel/UCp7S5UyyEazdGABB7owx2Hg
- Facebookblad: Klik op https://www.facebook.com/saakademie/
Vorige lesings van Alex Duffey is ook steeds op hierdie platforms te sien.
Lesings waarna u kan uitsien is:
- Vanaf 20 Junie: Frans Oerder en ou Pretoria – 1890 – 1907.
- Vanaf 25 Julie: Van Wouw se beeldhouwerk aan geboue in Pretoria.
- Vanaf 22 Augustus: Om te sien is te glo: Erich Mayer en Walter Battiss en die San Rotskuns.
- Vanaf 19 September: Anton van Wouw en die Anglo-Boereoorlog.
- Vanaf 24 Oktober: Nuwe perspektiewe op Antieke Griekse langafstandhandel met suider-Afrika
- Vanaf 21 November: Reenen J van Reenen. ‘n Vergete pionier wat die Afrikaner se siening van Rotskuns in Suid-Afrika verander het.
In 2024:
- Pierneef en die Uniegebou.
- Die Oostelike fassade van Kerkplein deur die jare heen.
- Die Kunstenaar en die Vierde dimensie.
- Vroeë motorwese in Suid-Afrika.
- Goud in Antieke Egipte – noub, djam en hadj.

