ن دجَي اَفرِيكَانس تُولِيس اِين عَرَبِيايس اُوف جَاوِي
Taalmonument, Historium Trust bied beginner- en gevorderde werksessies
Om die herlewing van Arabies-Afrikaans verder te versterk bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) asook Historium Trust twee werkswinkels en besprekings oor hierdie unieke skryftradisie aan. Die immer gewilde Shamiega Chaudhari sal beginners op Saterdag, 29 Julie 2023, via ’n moderne “madrassa-klas” touwys maak en op 25 November gevorderde skrywers begelei om onder meer spesifieke Afrikaanse klanke die beste manier moontlik met die Arabiese skrif voor te stel.
Dit volg op die hoogs suksesvolle werkswinkel en kompetisies in 2020 en 2022 waartydens tientalle nuwe Arabies-Afrikaanse geskrifte vanuit Suid-Afrika, Duitsland, Katar, Oostenryk en Saoedi-Arabië ontvang is. Die positiewe reaksie, mediadekking en talle inskrywings bewys dat daar steeds ʼn groot belangstelling in Arabies-Afrikaans is.
As deel van die ATM se uitreik na die gemeenskap sal die instelling nie net ʼn paar deelnemers borg om die werkswinkels gratis by te woon nie, maar ook vervoer vanaf Kaapstad se suidelike voorstede verskaf.
Chaudhari is ’n dosent in die fakulteit opvoedkunde aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie waar sy Afrikaans as hoofvak en Kurrikulumstudie doseer. Sy is ’n kenner op Afrikaans en Arabies (en liefhebber van Jawies), maar fokus ook op dekolonisering, identiteitstudies en oratuur. Haar tweetalige, interaktiewe werkswinkel sal ’n inleiding tot die geskiedenis van Arabies-Afrikaans, opleiding in die Arabiese skryfstelsel en die guroof (alfabet) behels. Daarna sal sy deelnemers help om hul eie woorde/sinne in Arabies-Afrikaans te skryf, met ’n weergawe van die teks in die Romeinse skrif daarnaas.
“Hierdie werkswinkel is veral gerig op beginners,” verduidelik Chaudhari. “Wat ons gaan doen is om ’n tipe Arabies-Afrikaanse madrassa-klas van die verlede te herskep om deelnemers ʼn gevoel te gee van hoe dit sou gewerk het, maar met ’n moderne aanslag. Dit is gemik op almal wat meer wil leer oor hierdie pragtige skryftradisie, nie net Moesliems nie,” sê Chaudhari, wat hartstogtelik oor die geskiedenis van Afrikaans in die algemeen is, en veral hoe ons almal onlosmaaklik verbind is in die tapisserie van hierdie ongelooflike taal.
Arabies-Afrikaans, oftewel Afrikaans wat met behulp van die Arabiese alfabet geskryf is, word algemeen aanvaar as die eerste geskrewe vorm van Afrikaans. Talle Arabies-Afrikaanse geskrifte – soos studentenotaboeke, verkiesingsplakkate, publikasies en manuskripte – het behoue gebly; tot dusver is 74 van dié werke wat tussen 1845 en 1957 geskryf is, deur kundiges ontdek en geïdentifiseer. Hieronder tel uitstekende voorbeelde van die vroegste Afrikaanse literatuur. Daar is boonop heelwat onopgetekende Arabies-Afrikaanse geskrifte in privaatbesit; die ATM wil hulle graag digitaliseer om vir die nageslag te bewaar.
Volgens Michael Jonas, direkteur van die ATM, is die doel van hierdie werkswinkels en kompetisies om ’n moderne bydrae tot dié skryftradisie te lewer. “Ons missie is immers om onder meer die versweë geskiedenisse van Afrikaans te belig en die ryke diversiteit van Afrikaans se ontstaansgeskiedenis asook haar moderne gedaantes te vier. Daarom wil ons mense aanmoedig om ook op hierdie manier hul deelname aan hierdie taal te herbevestig,” sê hy. “In die Taalmuseum in die Paarl gee ons heelwat erkenning aan Abu Bakr Effendi wat in die 1800’s ’n groot rol in die ontwikkeling van Arabies-Afrikaans en derhalwe ook Afrikaans in die Bo-Kaap gespeel het. Ons wil graag sien dat die Afrikaanse gemeenskap hierop voortbou.”
Die beginnerwerkswinkel is op 29 Julie vanaf 09:00 tot 12:00 in die Historium Trust in Pastorielaan, Paarl, en kos slegs R300. Die inskrywing sluit ook ’n kort besoek aan die Taalmonument en Taalmuseum se Arabies-Afrikaanse uitstalling asook Kaaps-Maleise verversing in. Om in te skryf, kontak Amila Ernstzen op 021 872 2022 of info@historium.co.za teen 16 Julie. Aansoekers kan ook vertoë aan haar rig rakende borgskappe, en meer inligting kry oor die gratis vervoer wat waarskynlik vanaf Athlone sal vertrek. Sien intussen meer inligting op die ATM se webtuiste en taalmonument.co.za/arabies-afrikaans/.
Die gevorderde werkswinkel op 25 November, as deel van die herdenking van die afskaffing van slawerny aan die Kaap, sal onder meer fokus op die harakat, vokale, diftonge en ’n oorsig bied oor die bydra van Arabies-Afrikaans asook slawe tot die ontwikkelling van Afrikaans.
Toelies: ‘om te skryf’, van die Maleise ‘tulis’. Bron: wikipedia.org/wiki/Arabiese_Afrikaans
كَن دجَي اَفرِيكَانس تُولِيس اِين عَرَبِيايس اُوف جَاوِي
Taalmonument, Historium Trust offer beginner and advanced workshops
To further strengthen the revival of Arabic Afrikaans, the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) as well as Historium Trust are offering two workshops and discussions about this unique writing tradition. The ever-popular Shamiega Chaudhari will introduce beginners to it via a modern “madrassa” class on Saturday, 29 July 2023, and guide advanced writers on 25 November on how to represent specific Afrikaans sounds with the Arabic script in the best way possible, among other things.
This follows the highly successful workshop and competitions in 2020 and 2022 during which dozens of new Arabic Afrikaans writings were entered from South Africa, Germany, Qatar, Austria and Saudi Arabia. The positive response, media coverage and numerous entries prove that there is still a great interest in Arabic Afrikaans.
As part of the ATM's outreach to the community, the institution will not only sponsor a few participants to attend the workshops for free, but will also provide transport from Cape Town's southern suburbs.
Chaudhari is a lecturer in the faculty of education at the Cape Peninsula University of Technology where she teaches Afrikaans as a major and Curriculum Studies. She is an expert on Afrikaans and Arabic (and a lover of Jawi), but also focuses on decolonisation, identity studies and oratory. Her bilingual, interactive workshop will include an introduction to the history of Arabic Afrikaans, training in the Arabic writing system and the huruf (alphabet). Afterwards, she will help participants to write their own words/sentences in Arabic Afrikaans, with a version of the text in the Roman script next to it.
“This workshop is especially aimed at beginners,” explains Chaudhari. “What we are going to do is recreate a type of Arabic Afrikaans madrassa class of the past to give participants a sense of how it would have worked, but with a modern touch. It is aimed at anyone who wants to learn more about this beautiful writing tradition, not just Muslims,” says Chaudhari, who is passionate about the history of Afrikaans in general, and especially how we are all inextricably linked in the tapestry of this incredible language.
Arabic Afrikaans, or Afrikaans written using the Arabic alphabet, is generally accepted as the first written form of Afrikaans. Many Arabic Afrikaans writings - such as student notebooks, voting posters, publications and manuscripts - have been preserved; thus far, 74 of these works written between 1845 and 1957 have been discovered and identified by experts. Among these are excellent examples of the earliest Afrikaans literature. In addition, many more Arabic Afrikaans writings are privately owned, which the ATM would love to digitalise for future generations.
According to Michael Jonas, director of the ATM, the aim of these workshops and competitions is to make a modern contribution to this writing tradition. “Our mission, after all, is to also highlight the lessor-known histories of Afrikaans and to celebrate the rich diversity of Afrikaans' development as well as its modern forms. That is why we want to encourage people to reaffirm their participation in this language in this way,” he says. “In the Taalmuseum in Paarl we give a lot of recognition to Abu Bakr Effendi, who played a prominent role in the development of Arabic Afrikaans and thereby also Afrikaans in the 1800s in the Bo-Kaap. We would like to see the Afrikaans community build on this.”
The beginners workshop is on 29 July from 09:00 to 12:00 in the Historium Trust in Pastorie Avenue, Paarl, and costs only R300. The entry also includes a short visit to the Language Monument and Language Museum's Arabic Afrikaans exhibition as well as Cape Malay refreshments. To enter, contact Amila Ernstzen on 021 872 2022 or info@historium.co.za by 16 July. Applicants can also make representations to her regarding sponsorships, and get more information about the free transport which is likely to depart from Athlone. In the meantime, see more information on the ATM’s website and at taalmonument.co.za/arabies-afrikaans/.
The advanced workshop on 25 November, as part of the anniversary of the abolition of slavery in the Cape, will focus on the harakat, vowels, diphthongs, and provide an overview of the contribution of Arabic Afrikaans and the slaves to the development of Afrikaans.