Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2023

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Julie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

3 Julie

Resensie: Iets vir elke Afrikaanse huis
Jan-Jan Joubert resenseer Skatryk deur Johan Fourie

Resensie: Liefdesverhaal ’n vars bries
Anschen Conradie resenseer Olifant op ’n sweefstok deur Lelanie Roode

Resensie: Die duiwel skuil nog altyd in die ‘suburbs’
Ilza Roggeband resenseer Salemstraat deur Erla Diedericks

Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir Junie

7 Julie

Profiel: ‘My pa, ‘Endurance’ en ’n oomblik toe die wêreld gelukkig was’
Murray la Vita in gesprek met Darrel Bristow-Bovey

Kyk weer: Dís hoe Rapport se 30 beste Bokke gekies is

10 Julie

Boeke: ‘Vatmaar’ is wildeals as jy siek lê van griep
’n Rubriek deur Lynthia Julius

Resensie: Digkuns gemeet aan kwaliteit, nie kwantiteit
Neil Cochrane resenseer mensig deur Leon Strydom

12 Julie

Boeke: Digters gaan op Karoo-naweek help slyp aan woordkuns

Sterfteberig: Skrywer van ‘The Unbearable Lightness of Being’ oorlede
Oor Milan Kundera se dood.

14 Julie

Boeke: Onze Rust kry lewe in teologieprof se ‘meesleurende’ roman

Profiel: ‘As ek iets geskryf het wat mense geraak het, is ek bly’
Laetitia Pople in gesprek met E. Kotze

Profiel: Marlise Joubert: ‘Ouderdom is ’n eiland en die donker wag’
’n Profielonderhoud deur Murray la Vita 

15 Julie

Boeke: Unieke Weskus-landskap in nuwe strokiesprentboek geïllustreer

Boeke: Lag en vergeet, Kundera se invloed kring ver uit
’n Huldiging deur Joan Hambidge

17 Julie

Resensie: Grafiese romans ’n sensoriese avontuur
Anschen Conradie resenseer Hondman en Kleinkat deur Dav Pilkey

Resensie: Besonderse roman spreek tot hoof, hart
Thys Human resenseer Ons skulde deur P.P. Fourie

Resensie: Verhaal wat jou ná die lees lank bybly
Susan Samuel resenseer Deur die vuur deur Alita Steenkamp

Resensie: Dié donker satire, kommentaar nou meer nodig as ooit
Elsabé Brits resenseer bitterkomix 19 (Reds: Anton Kannemeyer en Conrad Botes)

19 Julie

Sterfteberig: ‘Taalgenoot’-redakteur onthou: ‘Hoe meet ’n mens die verlies?’

20 Julie

Boeke: Ronelda Kamfer se bundel ‘Chinatown’ in Frans uitgegee

21 Julie

Profiel: Karel Schoeman ‘gee vir my álles en dan neem hy sy lewe
Murray la Vita in gesprek met Johann Rossouw

24 Julie

Boekevat: Brink se ‘Kennis’ is ’n vlammende merker
’n Rubriek deur Melvyn Minnaar

Resensie: ‘Dwelm’ trefseker pyl van ’n bobaas-verteller
Koos Kombuis resenseer Dwelm deur Rudie van Rensburg

Resensie: ‘Hendrix’ ode aan ’n stad
Sonja van der Westhuizen resenseer Jimi Hendrix Live in Lviv deur Andrey Kurkov

Resensie: Vir misdaad- en krimi-vrate
Stefaans Coetzeer resenseer The Most Evil of Them All deur Sam Human

25 Julie

Boeke: Tutu se naam gevoeg by Andrew Murray-prysfonds

27 Julie

Boeke: Ingrid Jonker-debuutprys: Hulle is op die kortlys

29 Julie

Boeke: Jacobs se ‘meisie met vlerke’ vlieg nou wyer en verder

Boeke: Wilma Stockenström vir 90ste vereer met Napier-ekspedisie

30 Julie

Boeke: Getoonsette gedigte van vroueskrywers op Vrouedag in Bfn uitgevoer

31 Julie

Boekevat: Gaan mense wêreld ál minder as geheel sien?
’n Rubriek deur Alwyn Roux

Resensie: ’n Ouwêreldse sjarme hier
Anschen Conradie resenseer Diana se dag deur Helene de Kock

Resensie: Soetdoring se klein geel blommetjie bekoorlik
Marius Crous resenseer Ontaard deur Pieter Odendaal

Resensie: ‘Mercies’ verwoes oor en oor
Jonathan Amid resenseer Small Mercies deur Dennis Lehane

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Julie op LitNet verskyn:

Geheim van die gruwelsand deur Zirk van den Berg: ’n onderhoud

Jeugfantasie: ’n resensie van ’n Beeldskone nagmerrie deur Sunel Combrinck

Elke dag ’n mooi nooi en ’n moord deur Hennie van Deventer: ’n lesersindruk

Elsibe Loubser McGuffog gesels met Naomi Meyer oor Katja se kattesalon.

Avontuurverhaal: ’n resensie van Sally Partridge se The witches of Hogsback

Lesersindruk van Die fantastiese mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman

’n Onderhoud met Heilna du Plooy oor haar jongste digbundel, Getye van tyd

Verhale van hoop: ’n onderhoud met Pieter van Zyl

Roman deur Cas Wepener: ’n leeskringbespreking

Raaiselroman: ’n lesersindruk van Ons skulde deur PP Fourie

Jan Smuts, 1870–1950, ’n fotobiografie: ’n resensie

Estelle Kruger gesels met Rudi Venter oor ’n Skewe, skurwe sirkel

Waarom skryf ek Afrikaans: Kaapse struggledigter gepubliseer

Hierdie een skitter: ’n Resensie van Out of mind deur Barbara Townsend

Uitdagings en voordele van selfpublikasie: ’n onderhoud met Francine Beaton

The "real" pearl of the sea: ’n Leser se indruk van die grafiese roman Pearl of the Sea

Die volgende resensies het gedurende Julie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

2 Julie 

Vertaalde uittreksel: Finding Endurance: Shackleton, My Father and a World Without End deur Darrel Bristow-Bovey

9 Julie 

Resensie: Winnie & Nelson: Portrait of a Marriage deur Jonny Steinberg, geresenseer deur Annelise Erasmus

Resensie: Ons skulde deur P.P. Fourie, geresenseer deur Fanie Olivier

16 Julie 

Resensie: Dwelm deur Rudie van Rensburg (resensent: Jonathan Amid)

Resensie: Searching for Papa’s Secrets in Hitler’s Berlin deur Egonne Roth (resensent: Neels Jackson)

Resensie: Dolos deur Jaco Wolmarans (resensent: Analize Viljoen)

23 Julie 

Resensie: Ontaard deur Pieter Odendaal (resensent: Andries Visagie)

Resensie: The Man Who Shook Mountains: In the Footsteps of My Ancestors deur Lesley Mofokeng (resensent: Ronelda Kamfer)

Resensie: Lost Property deur Megan Choritz (resensent: Jonathan Amid)

30 Julie 

Resensie: Onder ’n bloedrooi hemel: Liefde en geweld in Suid-Afrika – ’n memoir deur Annemarié van Niekerk (resensent: Lindie Koorts)

Resensie: Laatnageilande deur Marlise Joubert (resensent: Joan Hambidge)

Die volgende resensies het gedurende Julie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

24 Julie 2023 

Boek van die maand: Onder ʼn bloedrooi hemel   
Annemarié van Niekerk gee “liefde en geweld” as sleutel in die subtitel. Sy skryf dus nie net oor geweld nie, maar oor die verstrengeling van liefde en geweld, soos sy dit eerstehands ervaar het. Wat die boek inderdaad ʼn brawe stuk werk maak, meen Johan Myburg. 

Lees die resensie. 

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van François Lion-Cachet.

24 Julie

Herman Lategan, enfant terrible, se lewe op die planke  
Maryke Roberts in gesprek oor die verhoogverwerking van Hoerkind deur Herman Lategan

Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.

7 Julie

Deborah Steinmair: Sy voel nie soos ’n mens nie (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Die vernielde speurders wat ons liefhet (vryeweekblad.com)

14 Julie

Gerda Taljaard: Susters staan saam teen met-die-Bybel-gebliksemde narsiste (vryeweekblad.com)
Joan Hambidge: Waarom ons beter leef as ons voorsate (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Van satire tot roekelose toebroodjies (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Biblioteek wat in die rondte tol (vryeweekblad.com)
Marita van der Vyver: ’n Marathon van manjifieke obsessies (vryeweekblad.com)

21 Julie

Mareli Stolp: Dobrou Noc, Milan Kundera (vryeweekblad.com)
Nadine Petrick: Papa se Berlyn in die dae van Hitler (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Outofiksie ontlok ongeskikte voyeurisme (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Kook met ’n smulpaap se kombuisbiblioteek (vryeweekblad.com)
Louis Gaigher: Sorrie, Lorrie, miskien verstaan ek nie (vryeweekblad.com)

28 Julie

Joan Hambidge: ’n Rak met Roth-romans – ondanks misoginie (vryeweekblad.com)
Mareli Stolp: ’n Kanariegeel, sakkariensoet blik op ’n onverteerbare verlede (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Kropgevoelens en vasvrafeite (vryeweekblad.com)
Mercia Burger: Bliksems wat wonderbaarlike kuns skep (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Fassinerende dieremaniere (vryeweekblad.com)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 5 Julie 

Ilse Salzwedel gesels met P.P. Fourie oor sy nuwe roman, Ons skulde. Johan Myburg vertel van die polemiek oor die boek, Shakespeare Was a Woman and Other Heresies, wat o.a. William Shakespeare se identiteit bevraagteken. Daar is meer oor Michael Rosen, die wenner van vanjaar se PEN Pinterprys, en The Shards, ’n nuwe roman uit die pen van die Amerikaanse skrywer Brett Easton Ellis. Jy kan ook luister na ’n argiefopname waarin wyle Audrey Blignaut (wat op 6 Julie 1916 gebore is) ’n essay voorlees oor haar groot begeerte om te leer lees.

Woensdag 12 Julie 

Ilse Salzwedel gesels met Ted Botha oor sy nie-fiksie boek, Daisy de Melker: Hiding Among Killers in the City of Gold.  Jeanne Goosen sou op 13 Julie haar 85e verjaarsdag gevier het, en jy kan luister na ’n argiefonderhoud wat Nic Swanepoel in 1995 met haar gevoer het. Johan Myburg bring hulde aan die Engelse skrywer, Mavis Cheek. Hy vertel van die storie agter All Quiet on the Western Front, en stel ons voor aan die gewilde Amerikaanse skrywer Emily Henry.

Woensdag 19 Julie 

Helene de Kock, wie se 47ste roman onlangs verskyn het, gesels oor Diana se dag. Sy gesels ook oor haar loopbaan, en deel waardevolle skryfraad. In sy internasionale bydrae bring Johan Myburg hulde aan Milan Kundera en Pascal Mercier, wat albei vandeesweek oorlede is. Hy het nuus oor ’n nuwe roman deur MJ Arlidge. Jy kan ook luister na ’n argiefopname waarin wyle Madeleine van Biljon wys hoekom sy een van Afrikaans se gewildste boekmense was.

Woensdag 26 Julie

Ilse Salzwedel gesels met Michiel Heyns oor sy jongste roman Each Mortal Thing. Johan Myburg vertel hoe die Britte hulle hofdigter, of poet laureate, kies, en jy kan luister na ‘n stokou voorlesing van WH Auden, wat twee maal oor die hoof gesien is as Britse hofdigter. Johan het ook nuus oor ’n nuwe wetenskapsfiksieroman wat in Meksiko afspeel, en deel die kortlys van die Ursule K. Le Guinprys.  Jy kan ook luister na ’n argiefonderhoud waarin die geliefde Afrikaanse skrywer Pieter Pieterse kort voor sy dood oor sy skryfwerk praat, en een van sy eie sketse voorlees.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 4 Julie 

Sophia van Taak roer ’n gewigtige tema aan – die dood. Ons sterflikheid is vir die meeste mense ’n ongemaklike gedagte, een wat jou selfs bang maak. Wat het ons digters hieroor te sê? Hoor hoe húlle die dood probeer uitpluis. Die voorleser is Ronel Geldenhuys.

Dinsdag 11 Julie 

Sophia van Taak en die voorleser Ronel Geldenhuys sit die reeks oor die dood voort. Daar is gedigte deur onder andere Jeanne Goosen, Lucas Malan en Wilma Stockenstrom. 

Dinsdag 18 Julie

Luister na die eerste in ’n reeks van drie programme oor insekte. Sophia van Taak kyk na gedigte oor die insekte wat ons in ons huise aantref – muskiete, kakkerlakke, muggies en motte… Die voorlesers is Marlo Minnaar, Joanie Combrink en Lochner de Kock.

Dinsdag 25 Julie

Luister in die tweede aflkewering in ’n reeks van drie oor insekte na gedigte oor dié insekte wat in ons tuine leef – die kewers, bidsprinkane, slakke en wurms… Die voorlesers is Marlo Minnaar, Joanie Combrink en Lochner de Kock.

Boekkeuse

Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde:
https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Resensies vir Fine Music Radio:

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

4 Julie

Onderhoud: Marlies Taljard in gesprek met Marlise Joubert oor laatnageilande

13 Julie

Resensie: Joan Hambidge resenseer Freud and the Celestial Juggernaut deur Iván Kovács 

SARIE / sarie.com

Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Julie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud: Phyllis Green gesels met P.P. Fourie oor Ons Skulde

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Elrien Scheepers oor Waar jakkalse huil

Resensie: Phyllis Green skryf oor The Buck that buries its poo and 101 other fascinating facts about SA’s wildlife deur Quinton Coetzee

Resensie: Phyllis Green resenseer The Story of The Hermés Scarf deur Laia Faran Graves

Resensies van 8 kinderboeke vir skoolvakansie:

  • Lana du Plessis skryf oor 101 Nagmerries deur Jaco Jacobs
  • Danica Gouws skryf oor Die vinnigste skoene in die hele wêreld deur Cecilia Steyn
  • Karien Labuschagne skryf oor: Net aliens eet spinasie deur Jaco Jacobs; Husky se bloedige Karooplaasvakansie deur Hannes Haasbroek; Donker Web deur Fanie Viljoen; Wolk deur Hannes Barnard, en Five Survive deur Holly Jackson
  • Deidre Reinhardt skryf oor Take me with you when you go deur David Levithan en Jennifer Niven

Resensie: Sonja van der Westhuizen resenseer The Institute for Creative Dying deur Jarred Thompson

Vyf resensies oor voorgee, geheime, oorlewing en ontwortelde ontmoetings 

  • Marguerite van Wyk resenseer Theatre of Marvels deur Lianne Dillsworth
  • Rina Coetzee Gous resenseer Zeus van Wyngaardt en die godin van die jag deur Julio Agrella
  • Marzanne Schoeman resenseer A Very Nice Girl deur Imogen Crimp
  • Mariette Postma resenseer Small Pleasures deur Clare Chambers
  • Alma Liebenberg resenseer The Foundling deur Stacey Halls

Resensie: Irma Steffens resenseer Dwelm deur Rudie van Rensburg

Uittreksel: Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarie van Niekerk

Uittreksel: 30 Beste Bokke – Cheslin Kolbe saamgestel deur Dawie Boonzaaier

Uittreksel: 30 Beste Bokke – Schalk Burger saamgestel deur Dawie Boonzaaier

Uittreksel: 30 Beste Bokke – Joost van der Westhuizen saamgestel deur Dawie Boonzaaier

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top