Persverklaring: Taalgesprek, Arabies-Afrikaans, pieknieks, kursusse, gospel en ander aktiwiteite by die Taalmonument

  • 0
Lees meer oor die Afrikaanse Taalmonument se onlangse en opkomende aktiwiteite en byeenkomste hier.
Read more about recent and upcoming events at the Afrikaans Taalmonument here.

Paneelgesprek: Taalbeplanning en taalherlewing in Afrikaans

Op 18 Augustus het 'n fassinerende en insiggewende paneelbespreking by die Afrikaanse Taalmonument plaasgevind met die tema “Taalbeplanning en taalherlewing in Afrikaans” waarvan 'n opname nou aanlyn beskikbaar is. Die paneel – bestaande uit Marius Swart (Universiteit Stellenbosch), Chareldine van der Merwe (Vriende van Afrikaans), Donovan Lawrence (Universiteit van Wes-Kaapland) en Mogamat Alexander (skrywer en erfenisaktivis) – het onder meer oor die groter erkenning van Afrikaans se ryk variëteite, taalburgerskap en taalpolitiek gesels. Die tientalle gaste het ook kommentaar gelewer en voorstelle gedoen.

Panel discussion: Language planning and language revival in Afrikaans

On 18 August a fascinating and informative panel discussion took place at the Afrikaans Taalmonument themed “Language planning and language revival in Afrikaans”, a recording of which is now available online. The panel – consisting of Marius Swart (University of Stellenbosch), Chareldine van der Merwe (Friends of Afrikaans), Donovan Lawrence (University of the Western Cape) and Mogamat Alexander (author and heritage activist) – discussed, among other things, the greater recognition of Afrikaans' rich varieties, language citizenship and language politics. The dozens of guests also commented and made suggestions.

Arabies-Afrikaanse werkswinkel

As deel van die herdenking van die afskaffing van slawerny aan die Kaap, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) asook Historium Trust 'n gevorderde Arabies-Afrikaanse werkswinkel oor hierdie unieke skryftradisie aan. Die gewilde dr Shamiega Chaudhari sal op Saterdag, 25 November 2023, onder meer fokus op die harakat, vokale en diftonge, en 'n oorsig bied oor die bydra van Arabies-Afrikaans en slawe tot die ontwikkeling van Afrikaans. Intussen is daar ook kursusse (boekbind en fotografie), pieknieks en 'n groot gospelkonsert in die volgende paar maande. Hou dus ons webtuiste en sosiale media dop!

Arabic Afrikaans workshop

As part of the commemoration of the abolition of slavery at the Cape, the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) as well as Historium Trust are offering an advanced Arabic Afrikaans workshop on this unique writing tradition. On Saturday, 25 November 2023, the popular dr Shamiega Chaudhari will, among other things, focus on the harakat, vowels and diphthongs, and offer an overview of the contribution of Arabic Afrikaans and slaves to the development of Afrikaans. Meanwhile, there are also courses (book binding and photography), picnics and a big gospel concert in the next few months. So keep an eye on our website and social media!



Kursus sal nóg boekdele spreek oor herstelwerk

Kort op die hakke van ʼn hoogs suksesvolle inleidende kursus oor die herstel van boeke, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl weer ʼn kursus – met die kollig op gevorderde tegnieke soos leerbind- en bladgoudwerk – vanaf 2 tot 4 Oktober 2023 aan. Dié kursus van die dinamiese en gewilde George Wentzel, 'n gekwalifiseerde meesterboekbinder met meer as 46 jaar se ondervinding, is geskik vir beginners én deelnemers wat reeds basiese boek- en papierherstelwerk onder die knie het.

Give your old books a new lease on life

Hard on the heels of a highly successful introductory course on book restoration, the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) in Paarl once again offers a course – focused on advanced techniques such as leather binding and gold-foiling – from 2 to 4 October 2023. This course by the dynamic and popular George Wentzel, a qualified master bookbinder with more than 46 years of experience, is suitable for beginners and participants who already have a grasp of basic book and paper repair work.


Fantastiese foto’s net ’n kiek en ’n klik weg

Die gevorderde dagkursus is op 7 Oktober en is ideaal vir deelnemers wat ʼn beginnerskursus voltooi het of ʼn goeie begrip van sluiterspoed, diafragma en ISO-instellings het, en gemaklik voel om foto`s in die handmatige modus te neem. As jy jou fotografie na die volgende vlak wil neem, sal jy hiermee leer hoe om uitstaande foto’s te neem deur meer komplekse kamerategnieke te verken en nuwe denke op die fotografiese proses toe te pas. Die balans tussen die tegniese en skeppende aspekte van fotografie sal ook verfyn word. 

Fantastic photos just a click away

The advanced course is on 7 October and is ideal for participants who have completed a beginner course or have a good understanding of shutter speed, aperture and ISO settings, and feel comfortable taking photos in manual mode. If you want to take your photography to the next level, this will teach you how to take outstanding photos by exploring more complex camera techniques and applying new thinking to the photographic process. The balance between the technical and creative aspects of photography will also be refined.


Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Volmaanpiekniek op Vrydag, 27 Oktober

ʼn Heerlike lenteaand op die beeldskone Paarlberg is die perfekte plek om die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Volmaanpiekniek op Vrydag, 27 Oktober 2023, te vier. Die pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én toeriste, wat veral die sonsondergang, pragtige tuine en onvergelykbare uitsig op die berge, valleie en skiereiland geniet.

Watch Whale Moon leap into the night sky

A delightful spring evening on the picturesque Paarl Mountain is the perfect place to celebrate the Afrikaans Language Museum and Monument's (ATM's) Full Moon Picnic on Friday, 27 October 2023. The picnics are very popular with local residents and tourists, who especially enjoy the sunset, beautiful gardens and incomparable view of the mountains, valleys and peninsula.


Saturnus in volle glorie bo Taalmonument

Inwoners en besoekers sal die skitterende sterrehemel – spesifiek die planeet Saturnus – van nader leer ken tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Sterrekykpiekniek op Paarlberg op Vrydag, 4 November 2023. Dit beloof om ʼn feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees; boonop is ʼn pragtige sonsondergang en ʼn gratis besoek aan die ikoniese beeldhouwerk ingesluit, én is die aand ten bate van ʼn goeie saak.

Saturn in all its glory above Taalmonument

Locals and visitors will get to know the glittering night sky – specifically Saturn – better during the Afrikaans Language Museum and Monument's (ATM's) Stargazing Picnic on Paarl Mountain on Friday, 4 November 2023. It promises to once again be a festive evening in the beautiful setting; in addition, a spectacular sunset and a visit to the iconic sculpture is included, and the event is in aid of a good cause.


“Gospel in jou tale” met Jonathan Rubain en andere

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) is in November die gasheer vir seker een van die grootste gospelkonserte ooit met onder andere Jonathan Rubain van Koortjies-faam en 18 ander sangers en groepe. In samewerking met Marco Mentoor en Chadleigh Gowar, beloof hierdie spirituele sang-extravaganza om van Sondag, 26 November 2023, ʼn onvergeetbare middag in die Amfiteater op Paarlberg te maak.

“Gospel in your languages” with Jonathan Rubain and others

In November, the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) hosts probably one of the largest gospel concerts ever with, among others, Jonathan Rubain of Koortjies fame and 18 other singers and groups. In collaboration with Marco Mentoor and Chadleigh Gowar, this spiritual singing extravaganza promises to turn Sunday, 26 November 2023, into an unforgettable afternoon in the Amphitheatre on Paarl Mountain.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top