Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende September in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
4 September
Resensie: ’n Klein juweel van ’n boek
Jo Prins bespreek A Small, Stubborn Town deur Andrew Harding
Resensie: Die donker wolke van oorlog
Anschen Conradie resenseer Diensplig deur Anelia Heese
Resensie: Lotz se derde spel spanning in hoofletters
Stefaans Coetzee resenseer Maalkolk deur Marie Lotz
Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir Augustus
Boeke: ‘Lewende woorde’ op 12de Tuin van Digters in Wellington gevier
Candice Jantjies berig.
5 September
Onderhoud: Odendaal verken queerwees in sy tweede bundel
AJ Opperman in gesprek met Pieter Odendaal oor sy bundel ontaard
8 September
Boeke: 2023 se ‘Ons Klyntji’ op Tuin van Digters bekend gestel
Skryfnuus: Dié kursus ’n poort na boek op die rakke
Elretha Britz oor die UV se meestersgraad in kreatiewe skryfkunde
In memoriam: Skrywer Jane Taylor onthou vir haar intellek en deernis
9 September
Boeke: Opsêgoed vir die verdriet: Bundel met die einde van lewe as tema
Laetitia Pople in gesprek met Frieda van den Heever oor ’n nuwe bloemlesing
Boeke: Jerzy Koch wen gesogte prys vir Poolse vertaling van Nederlandse roman
10 September
Onderhoud: SA het kreatiewe uitwerking op haar, sê digter en kunstenaar Klara du Plessis
Engela Duvenage in gesprek met Du Plessis
11 September
Resensie: Larsson se Valkyrie is terug
Sonja van der Westhuizen resenseer The Girl in the Eagle’s Talons deur Karin Smirnoff
Resensie: Die intieme dans van die mite en die rede
André Krüger resenseer In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé
Resensie: Meesleurende tragikomedie
Anschen Conradie resenseer Minder as water deur Morné Malan
Boekevat: ‘Draak op die erf’ opnuut in herinnering
’n Rubriek deur Daniel Hugo
Boeke: Marita van der Vyver kom stel ‘Laaste kans’ in SA bekend
12 September
Boeke: Hessequa-fees bied boekgesprekke, boereontbyt en kuier-kookprogram
13 September
Boeke: Werk van Marlene van Niekerk fokus van 13de huldigingsbundel
16 September
Boeke: ‘Ferrus se saamskryf is oop skryf en vry skryf’
Engela Duvenage skryf oor die huldiging van Diana Ferrus by Tuin van Digters
18 September
Resensie: Groen fantasie betrek legendes
Anschen Conradie resenseer Die woud van sneeu en ys deur Frenette van Wyk
Resensie: Die verwerking van verlies in romanvorm
Willie Burger resenseer Stasies deur Joan Hambidge
Resensie: Verse emosioneel intens, liries met ’n melancholiese toon
Neil Cochrane resenseer laatnageilande deur Marlise Joubert
Resensie: ‘Beat’ kry selfs Oom Knorpot aan’t dans
Ilza Roggeband resenseer Pampoenpit kry ’n beat deur Bianca Flanders
Boeke: Hier is Woordveertjies se gewildste Afrikaanse kinderboeke
20 September
Boeke: Kapp en Van Rooyen wen Woordveertjies vir liefdesverhale
21 September
Boeke: Etienne van Heerden Veldsoirée nie net vir boekwurms
Kyk weer: Joha van Dyk gesels oor derde boek in ‘Branderjaer’-sage
Boeke: Drietalige woordeboek, Krog en Arendse met Woordveertjies vereer
22 September
Boeke: Hier is die wenners van Avbob se poësiekompetisie
Boeke: Chris Karsten wen ATKV-Prosaprys met ‘Moormansgat’
In memoriam: Digter-biograaf Ian Raper sterf ná maagoperasie
23 September
Boeke: Van der Merwe skryf 2 kykNET-Rapport-boekpryse los
25 September
Boeke: Rudie van Rensburg slaan nou ook oor na Kassie met renosterstorie wat reeks word
Elretha Britz berig.
In memoriam: Schalk Schoombie: Soos ’n biblioteek vir Afrikaanse joernalistiek, kunste en letterkunde
Deur Kobus Burger
Uittreksel: Moving to the UK deur Sam Beckbessinger
26 September
Boeke: Africa Poetry-fees lewer wêreldkampioen, brei uit na Bloemfontein
Boeke: T’Sjoen neem Breytenbach se kulturele invloed op Lae Lande onder loep
27 September
Boekenuus: W-Kaapse regering vereer kultuurlui
Laetitia Pople berig.
28 September
Onderhoud: Van Heerden oor verbygaandes en inkommers in sy jongste roman ‘Gebeente’
AJ Opperman in gesprek met Etienne van Heerden
29 September
Onderhoud: ‘Dit was verskriklik, maar kom ons sê dankie vir Kaapse slawe’
Murray la Vita in gesprek met Eunice Visser
30 September
Onderhoud: Akteur Marko van der Colff sit storievertelling voort met debuutroman
AJ Opperman in gesprek met Van der Colff
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in September op LitNet verskyn:
Domestic terror. Intimate partner violence in South Africa deur Nechama Brodie: ’n resensie
Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: ’n onderhoud met Bibi Slippers
Momentum Beleggings Aardklop 2023: ’n onderhoud met Erla Diedericks
Die volgende resensies en rubrieke het gedurende September in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
3 September
Resensie: Sluitstuk deur Johann Rossouw (resensent: Jonathan Amid)
Resensie: Kompleks deur Louis Pretorius (resensent: Magdel Vorster)
10 September
Resensie: Deelfontein deur Nicole Jaekel Strauss (resensent: Marni Bonthuys)
17 September
Resensie: Diensplig: Hoekom stotter ons pa’s so? deur Anelia Heese (resensent: Emile Joubert)
Resensie: Vyf kleur blou deur Hein Viljoen (resensent: Nini Bennett)
25 September
Nuusberig kykNET-Rapport-boekpryse: “Skrywers wen R1 miljoen by boekpryse”
Wenners kykNET-Rapport-boekpryse: Onderhoude met die vier wenners
Benoemdes kykNET-Rapport-boekpryse: Onderhoude met al die benoemdes
Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.
1 September
Mareli Stolp: Endurance: ’n skeepswrak en ’n skatkis
Nadine Petrick: Seks, seksualiteit en die gryswêreld tussenin
Deborah Steinmair: Verdwyning van die vrou met ’n vlegsel
Kerneels Breytenbach: Soms is ek skaam dat ek ’n boek geniet het
Deborah Steinmair: Die vuis in die lakens
8 September
Deborah Steinmair: Die dag toe Lauren Beukes my laat gaap het
Louis Gaigher: Alice Oswald: Hoor so ’n rapsodis!
Kerneels Breytenbach: Van Ford tot Fraud
Joan Hambidge: Met ’n riksja deur die geskiedenis
Linza de Jager: Alfaman en slaapkamerbul met nuanses en wonde
15 September
Joan Hambidge: ’n Bloedrooi swaan
Linza de Jager: Grypers na goud en empaaiers
Deborah Steinmair: Miskien moet ek gelukkiger lyk
Kerneels Breytenbach: Common kos, misdaad en sprokies
Gerda Taljaard: Ryger oor drank, seks en David Bowie
22 September
Deborah Steinmair: Hart en horries
Kerneels Breytenbach: Fokus op krimi’s, kanker en kos
Ihette Senekal: Misleiding in Parys
Nadine Petrick: Meer aan Erla-Mari as erotika en sadness
29 September
Deborah Steinmair: Vasvatter-vroue met groot voete
Joan Hambidge: Vuilgat en Lintwurm
Louis Gaigher: Frisson met ’n haarlose, gespierde ses-voet-sewe-monster
Gerda Taljaard: Hoer, heks, histeries of poppie?
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 6 September
Ilse Salzwedel gesels met Eunice Visser, skrywer van Die Kaapse slawe: 1652-1838, wat pas deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns met die LW Hiemstraprys bekroon is. Rudie van Rensburg gesels oor sy nuwe Kassie Kasselman-roman, Dwelm, en die rolprentweergawe van Hans steek die Rubicon oor. Johan Myburg stel ons voor aan die Roemeens-Duitse skrywer en digter Herta Müller en die Maleisiese skrywer Tan Twang Eng. Hy vertel meer oor nuwe boeke wat vandeesmaand oorsee verskyn.
Woensdag 13 September
Pieter Stoffberg is die skrywer van Tenk, RSG se nuwe laataandboekvoorlesing. Hy vertel van die storie agter hierdie oorlogsroman. Ilse Salzwedel bring hulde aan Gerrit Olivier, bekende musikus, akademikus en skrywer met ’n argiefgesprek oor sy bundel biografiese sketse Kersfees op Wonderfontein. Johan Myburg vertel meer oor Edith Grossman, bekende Amerikaanse vertaler van oa Love in the time of cholera, die kortlys vir die bekende Kirkus-letterkundeprys en Sarah Holland-Batt, ’n digter van Australië, wat pas ’n tweede prys ontvang het vir haar derde digbundel, The Jaguar.
Woensdag 20 September
Schalk Schoombie was ’n bekroonde akteur, dramaturg, joernalis en skrywer. Ilse Salzwedel onthou hom met ’n argiefonderhoud uit 2015. Elize Parker gesels oor haar jongste roman, Wanneer skaduwees kantel. In Johan Myburg se internasionale insetsel het hy nuus oor die veranderings aan die Pulitzerpryse se reglemente, en twee boeke wat benoem is vir die Bookerprys (Chetna Maroo se Western Lane en Ayobami Adebayo se A Spell of Good Things). Jy kan ook meer uitvind oor Michael Ondaatje, wat onlangs 80 geword het, se werk.
Woensdag 27 September
Ilse Salzwedel gesels met SJ Naude, tweemalige Hertzogpryswenner, oor sy jongste roman Van vaders en vlugtelinge. In die tweede gedeelte van die program kan jy luister na ’n hoorbeeld wat in 1993 deur Chris Swanepoel saamgestel is om die sestigste herdenking van Ingrid Jonker se geboortedag te vier. Daarin gesels die digter self oor haar lewe, en jy kan ook die stemme hoor van verskeie bekende Sestigers, onder andere wyle Jan Rabie en Andre P Brink. Jonker is op 19 September 1933 gebore.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 5 September
Pieter Odendaal gesels oor sy tweede digbundel, Ontaard. Ons luister ook na toonsettings van ’n paar gedigte uit dié versameling.
Dinsdag 12 September
Daneel van der Walt lees gedigte oor vensters, ruite – daardie dun panele glas wat orals is, maar selde raakgesien word.
Dinsdag 19 September
Sophia van Taak gesels met die digter en vertaler, Daniel Hugo, oor Jan Swanepoel se jongste digbundel, Die Belewenisse van ’n Latinis.
Dinsdag 26 September
Lochner de Kock lees gedigte oor rotskuns voor.
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Resensie vir Fine Music Radio:
Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk en Ons skulde deur PP Fourie
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
6 September
18 September
Resensie: Dewald Koen resenseer erf en elders deur Kleinboer
Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in September verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Marita van der Vyver oor Laaste Kans
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Marko van der Colff oor Dieper as Drome
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Leon-Ben Lamprecht oor Die Feetjiepolisiediens
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Marie Lotz oor Maalkolk
Resensies: 3 Boeke oor ware tragedies en moord:
- Susan Puren resenseer Daisy de Melker deur Ted Botha
- Johan Esterhuizen resenseer Rogues: True stories of grifters, killers, rebels and crooks deur Patrick Radden Keefe
- Karien Labuschagne resenseer Murderers, Miscreants and Mutineers deur Nigel Penn
Resensies: 8 Uiteenlopende skrywers rock in Afrikaans:
- Marguerite van Wyk resenseer Olifant op ’n Sweefstok deur Lelanie Roode
- Gert Venter resenseer Agtergat se Mense, hul kaskenades en dinge deur Talbot Cox
- Olga Krügel resenseer Aurora deur Tertius Janse van Rensburg
- Carmen Coetsee resenseer Die duisend en eerste nag deur François Bloemhof
- Antoinique van Staden resenseer Geheim van die Gruwelsand deur Zirk van den Berg
- Alida Vos resenseer Kruger se Goud deur John Buchan
- Olga Krügel resenseer Inkommers deur Hans du Plessis
- Carmen Coetsee resenseer Die Manjifieke Ontwaking van Mel deur Jacolet van den Bergh
Resensie: Neels Jackson resenseer Christina Landman: ’n Lewe deur Christina Landman
Resensies: Kinders besluit self die skrywer is tops, boeke deur Jaco Jacobs
- Lana du Plessis resenseer Tekkies
- Liani Jansen van Rensburg resenseer Die spaghettiboom, Die boekwinkel tussen die wolke en Die baie, baie snaakse boek