Persverklaring: Uitnodiging na 2025 se studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe

  • 0

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) beplan om 27-28 Februarie 2025 die vyfde Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe aan te bied.

Nagraadse studente wat hulle navorsing in Afrikaans doen, word genooi om hul navorsing, wat in Afrikaans vasgelê word, in die vorm van ’n referaat (20 minute) of plakkaat (5 minute) by die simposium aan te bied. Die 2025-simposium sal hibried aangebied word.

Die simposium onderskraag die oogmerke van die SAAWK deur akademiese denkleiers aan te moedig om hul bevindinge in die sosiale en geesteswetenskappe in Afrikaans met ’n breër gehoor te deel. Voorts moedig die SAAWK studente, wat hul navorsing in Afrikaans doen, aan om hul aanbiedings voor te lê. Studente wat hul navorsing in ander tale onderneem, word ook aangemoedig om hul bevindinge te vertaal vir ’n referaat of plakkaat wat in Afrikaans aangebied word. Op hierdie manier word Afrikaans ook as akademiese vaktaal bevorder en uitgebrei binne die veld van die sosiale- en geesteswetenskappe.

Voornemende deelnemers kan hulle plakkaat- en referaatvoorstelle voor/teen 15 Januarie 2025 indien deur hier te klik.

Vir verdere navrae, tree gerus per e-pos met die organiseerders in verbinding by: linette.vandermerwe@up.ac.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top