Uitnodiging: Geskiedenissimposium en JBM Hertzoggedenklesing
31 Januarie 2025, 13:oo tot 20:00
RSVP: 26 Januarie 2025
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns nooi u hartlik uit na ’n Geskiedenissimposium, aangebied deur die Geskiedeniskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns op 31 Januarie 2025.
Dit word aangebied in ’n hibriede formaat by die in Pretoria (Ziervogelstraat 574, Arcadia) en aanlyn.
Na afloop van die simposium word u uitgenooi na ’n skemeronthaal en daarna word ’n JBM Hertzoggedenklesing gelewer.
Die program volg hier heel onder.
Indien u die geleenthede wil bywoon, kontak asseblief vir dr Linda Brink per e-pos voor of op 26 Januarie 2025 by linda@akademie.co.za.
Program: Geskiedenissimposium en JBM Hertzoggedenklesing
Simposium – 13:00 tot 17:00, 31 Januarie 2025
Perspektiewe oor Afrikaans: Destyds, vandag en die toekoms in …
In 2025 is dit 100 jaar sedert Afrikaans erkenning as ’n amptelike taal verkry het. Dié mylpaal word deur die Afrikaans Amptelik 100-veldtog herdenk. Tog is daar ook vrae: Wie se Afrikaans word gevier? Aan wie behoort Afrikaans? Hoe dink ons oor Afrikaans se ontstaansgeskiedenis?
Hierdie vrae word gestel teen die agtergrond van wyer debatte oor Afrikaans, die erkenning van sy variëteite en die plek van Afrikaans in openbare ruimtes. Afrikaans Amptelik 100 het ’n geleentheid geword om wyer te kyk, dieper te delf en in gesprek te tree.
Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Geskiedeniskommissie bied ’n simposium aan waar uiteenlopende aspekte van Afrikaans in die verlede, die hede en die toekoms onder die loep geneem word. Daardeur belig ons die veelvuldigheid van Afrikaans – en Afrikaans se uiteenlopende verhale.
Opening en verwelkoming: Annelise de Vries
Sessie 1:
-
- Lindie Koorts – Taalpolitiek en -nasionalisme as ’n voorloper vir politieke nasionalisme: Die rol van Afrikaans in DF Malan se politieke ontluiking
- Seymour Bothman – Afrikaans, taal van die verdrukte en/of die taal van die onderdrukte – ’n historiese herbesinning
- Merlyn van der Rheede – Die toekoms van Afrikaans in stedelike bruin middelklasgemeenskappe: ’n Kritiese perspektief”
Sessie 2:
-
- Johan Wassermann – ’n Blik deur die historiese patryspoort: ’n Geskiedenisklaskamer in die 1940’s
- Schalk van der Merwe – Kaptein, span die seine: Spanning in Afrikaanse popmusiek van die dertigs, veertigs en vyftigs
- Willie Burger – Afrikaanse literatuurgeskiedenis in ’n tyd van transnasionalisme, wêreldletterkunde en kosmopolitanisme
- Samevatting/Slotwoord: Ruhan Fourie, Edwin Smith
- Bedankings: Alex Mouton
Skemeronthaal – 17:00 tot 18:00
JBM Hertzoggedenklesing – 18:00 tot 20:00
Lindie Koorts – Vanaf die Pakt-regering na die Regering van Nasionale Eenheid: ’n Honderd jaar van Suid-Afrikaanse koalisiepolitiek