
Die Kommissie vir Visuele Kunste het met ’n projek begin om van tyd tot tyd video’s te plaas oor onderwerpe wat oor die visuele kunste handel.
Die eerste stap was om die Akademie se wapen te animeer, wat as inleiding gebruik sal word vir alle toekomstige video’s wat oor die visuele kunste handel.
Die persoon wat die wapen geanimeer het, is die bekende kunstenaar Diek Grobler.
’n Kort onderhoud deur Jan van der Merwe is met Diek Grobler gevoer oor sy agtergrond as kunstenaar en hoe hy die Akademiewapen geanimeer het.
Ons plaas ook ’n video-onderhoud deur Jan van der Merwe met personeel van die Anglo-Boereoorlogsmuseum in Bloemfontein. Die beplanning is om van die kunswerke in hulle versameling in toekomstige videos te bespreek om sodoende die publiek bewus te maak van die hoogs interessante kunsvoorwerpe wat by die Oorlogsmuseum gehuisves word.

