Titel: "Dames en here"
Outeurs: Elbie Aldendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp
Uitgewer: Lapa (Penguin Random House)
ISBN: 9780637005784
’n Boek rondom redevoering en debat het onlangs by LAPA verskyn. Naomi Meyer het by die bekendstellingsgeleentheid op 15 Oktober 2024 met die twee primêre skrywers van die boek, Elbie Adendorff en Lisinda de Jager, gesels. (Die spanredenaarsgedeelte van die boek is deur Elize Steenkamp geskryf.)
"Dames en here" is toegespits op opvoeders betrokke by die afrigting van kinders wat deelneem aan die groot redenaars- en debatskompetisies, asook die leerders self. Ek het by die bekendstellingsgeleentheid en gesprek met die skrywers ook vasgestel dat die boek uiteindelik almal kan help wat voor mense moet praat.
Die uitgewer se webwerf beskryf die boek soos volg:
By die geleentheid is vrae soos dié aan die skrywers van die boek gevra:
Skryf die deelnemers aan redenaars- en debatskompetisies hul eie toesprake? Wen dieselfde kinders keer op keer en jaar na jaar? Wat is die belangrikste: die toespraak of die aanbieding? Sal hierdie boek nuttig wees slegs vir kinders wat deelneem aan die groot kompetisies?
Hier is foto’s wat by die geleentheid geneem is en ’n video-opname van die gesprek:
Fotograaf: Pierre van Niekerk, Pierré Photography Passion
Lees ook: