Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende September in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 September
Boeke: McGregor se poësiefees vier 12de bestaansjaar met propvol program
2 September
Resensie: Meesleurende krimi vol kinkels en kabels
Stefaans Coetzee resenseer Breekpunt deur Marie Lotz
Resensie: Senutergende politieke riller
Anschen Conradie resenseer Good hope deur Nick Clelland
Resensie: Bundel bring verse huis toe
Joan Hambidge resenseer Die ses woorde van die sigeuner deur Kostis Palamas (vertaal deur Louise Cilliers)
Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir September
Boeke: Riana Scheepers wil met boekreeks liefde vir natuur by kinders kweek
Boeke: ‘Daddy, chill – ek dink ons begin mense van boekgesprekke afsit’
’n Meningstuk deur Reinhardt Fourie
4 September
Kyk: Antjie Krog glo sy’s klaar met gedigte skryf, kry eredoktorsgraad van UP
5 September
Boeke: Jonker se digkuns in lied en woord vereer op Tuin van Digters
Boeke: Sportjoernalis publiseer bundel ná MA-kursus in skryfkuns aan UV
6 September
Profiel: Bloedbroers van die Grensoorlog: ‘Elke liewe man het gehuil’
Murray la Vita in gesprek met Deon Lamprecht
7 September
Boeke: Digters van alle Afrikaanse dialekte kry platform met Diana Ferrus-prys
Sterfteberig: Skrywer en digter James Matthews sterf op 95
9 September
Resensie: Femi vir krimi-fynproewers
Jonathan Amid resenseer Gaslight deur Femi Kayode
Boekevat: Die skrywer se lewe, lot as vertoonvenster
’n Rubriek deur Frederik de Jager
Resensie: Dwaalspore te veel vir leser
Sonja van der Westhuizen resenseer The god of the woods deur Liz Moore
Resensie: ‘Onsigbare’ kolk diep onder die oppervlak
Marni Bonthuys resenseer Die onsigbare deur PJO Jonker
12 September
Onderhoud: Bekroonde Van Niekerk vertel meer oor haar debuutroman
Boeke: Ian Roberts vertel van avonture voor en agter die skerms in outobiografie
16 September
Resensie: Lieflike storie kon heelwat beter wees
Ilza Roggeband resenseer Benru se boomskok deur Felicia Snyman-Du Toit en Luan Serfontein
Resensie: Steyn skryf hier ’n onbekende wêreld vir die leser oop
Stefaans Coetzee resenseer Donker water deur Martin Steyn
Resensie: Kinkels en keuses plaas leser in beheer
Anschen Conradie resenseer Die maniese muskietmoles deur De Wet Hugo & Stephen Wallace
Resensie: ’n Viering van die kwatryn in Afrikaans
Alwyn Roux resenseer Miniatuur deur Johann de Lange
Profiel: Beeld 50: ‘Ons het gedink dis óns koerant, maar dis die lesers s’n’
Murray La Vita in gesprek met Erika de Beer
17 September
ATKV-Woordveertjies: Hulle wen kinderboekpryse
Boeke: 5 vroue haal kortlys vir Booker-prys
Boeke: Olga Kirsch se 100 jaar met nuwe toonsettings gevier
Boeke: Louise Cilliers ontvang UJ-vertaalprys vir bloemlesing
18 September
Boeke: E Kotze (90) wen ATKV-Woordveertjie
Boeke: SA se Davids wen Caine-prys vir Afrika-letterkunde
19 September
Onderhoud: ‘Met my kop is daar niks verkeerd nie,’ sê skrywer (90)
Elretha Britz gesels met Sussie Kotze.
Boeke: Tom Dreyer wen ATKV-poësieprys vir sy debuut
20 September
Profiel: Jonathan Jansen: ‘Ek was redelik kwaad vir wit mense’
Murray La Vita in gesprek met Jonathan Jansen
Boeke: Wenners van 2024-Avbob-poësiekompetisie
Boeke: SJ Naudé wen ATKV se prosaprys
21 September
Profiel: Stories om beter te verstaan
Willem Jordaan in gesprek met Bun Booyens oor Troep.
Boeke: Driejaarlikse prys vereer besonderse kinderboek
22 September
Boeke: Vearey skryf nuwe wêreld oop in epiese oorlogsroman
23 September
Boekevat: ’n Ruimte om opwinding in boeke te vind
’n Rubriek deur Jo-Ann Floris
Resensie: Ongekarteerde pad na heel
Anschen Conradie resenseer ’n Vrou staan op deur Ilse Verster
Resensie: Liefdesverklaring aan die krag van vrouwees
Willemien Aukema resenseer Heks deur Dibi Breytenbach
Resensie: Wat dit beteken om te lewe
Francois Bekker resenseer Knife deur Salman Rushdie
24 September
Boeke: Krog wen die Helgaard Steyn-prys met ‘Plunder’
25 September
Boeke: Limeriekles deur Philip de Vos ná verskyning van ‘Tantes van Atlantis’
26 September
Boeke: Dominique Botha op Etienne van Heerden Veldsoirée vereer
30 September
Boekevat: ’n Erfdeel van klein geskiedenisse en drome
’n Rubriek deur Julio Agrella
Resensie: Bundel toon mens en masjien se versmelting
Neil Cochrane resenseer Kuborg deur Martina Klopper
Boeke: Zelda Bezuidenhout reik 7de jeugroman uit

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in September op LitNet verskyn:
Almal moet kan vlieg: ’n resensie van Heks deur Dibi Breytenbach
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: video-opname van gesprek met Dana Snyman oor Seun
Hoekom is mans bang? In gesprek met Dibi Breytenbach oor Heks
Kode bruin! Die goorste week ooit!-kinderboekreeks: ’n jonglesersindruk
Die Smooie en die Smoue deur Julia Donaldson: ’n lesersindruk
Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg: ’n resensie
Cliff-hanger: Foto’s & fairy lights deur An-Mari do Carmo – resensie en onderhoud
Bemarker, skrywer, pa, tweedekansgryper: ’n onderhoud met Stefaans Coetzee
The book of elsewhere deur Keanu Reeves en China Miéville: ’n resensie
Flaffie en Stink sokkies deur Jaco Jacobs: ’n gesamentlike resensie
Jani Jonker gloei in die donker deur Fanie Viljoen: ’n resensie
Nina-omnibus – Die awesome speurklub deur Elizbè van der Colff: 'n resensie
Goue lint, my storie begint: Die mag van volwassenes se boekkeuses vir kinders
Momentum Beleggings Aardklop 2024: ’n onderhoud oor Geroep vir meer
Toyota Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel 2024: ’n onderhoud met Michèle Meyer

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende September in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
1 September
Resensie: As klippe kon praat deur Connie Luyt (resensent: Trisa Hugo)
Resensie: Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn (resensent: Magdel Vorster)
8 September
Resensie: Breekpunt deur Marie Lotz (resensent: Jonathan Amid)
15 September
Resensie: Jopie Fourie: ’n besinning deur Albert Blake (resensent: Lindie Koorts)
Resensie: The heart in winter deur Kevin Barry (resensent: Emile Joubert)
22 September
Nuusberig: Wenners van die kykNET-Rapport-boekpryse
29 September
Resensie: Heks deur Dibi Breytenbach (resensent: Riette Rust)
Resensie: Foto’s & fairy lights deur An-Mari do Carmo (resensent: Magdel Vorster)

Die volgende resensie het in September op Maroela Media verskyn.
Die volgende resensies en onderhoude het in September onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.
4 September
Jopie Fourie – martelaar of volksverraaier?
“Hoe hy ook al beoordeel word, dit staan vas dat hy ’n beginselvaste mens en onwrikbaar in sy besluite was.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/jopie-fourie-martelaar-of-volksverraaier/
5 September
‘Die poësie is my stokperdjie en sieletrooster’
“Gedigte skryf is vir my totaal iets anders. Dis my manier van asemskep – ’n wêreld waarbinne ek kan skryf en eksperimenteer soos wat ék wil.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/die-poesie-is-my-stokperdjie-en-sieletrooster/
12 September
Christelle Wessels se ‘Wegkruiper’ vlieg hoog
“Ek het al vandat ek klein was ’n brandende fassinasie met ware misdaad.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/christelle-wessels-se-wegkruiper-vlieg-hoog/
14 September
‘Bessie se hangkasbiblioteek’ wek heimwee by geliefde krimiskrywer
“Dit was ’n heerlike, salwende, terapeutiese, ‘ontsnap uit die hede’-ervaring om ‘Bessie se hangkasbiblioteek’ te skryf.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/bessie-se-hangkasbiblioteek-wek-heimwee-by-geliefde-krimiskrywer/
15 September
Boekresensie: ‘Seun’ deur Dana Snyman
Snyman dawer nie oor sy grootwordjare nie. Met sy kenmerkende teruggehoue aanslag bevraagteken hy eerder.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-seun-deur-dana-snyman/
18 September
Afrikanerkultuur kleurvol in dié soekboek vir kinders geskets
“Daar is ’n uniekheid aan Afrikaners wat gepaardgaan met ’n sterk gedefinieerde kultuur wat eie aan Suid-Afrika is.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/afrikanerkultuur-kleurvol-in-die-soekboek-vir-kinders-geskets/
20 September
Romanse tussen vyande in hierdie Bybelse verhaal
“Liefde is, volgens my, bo die menslike natuur, en bo die wêreldse beperkinge.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/romanse-tussen-vyande-in-hierdie-bybelse-verhaal/
21 September
Digter Danie Marais ontrafel voorstedelikheid in jongste bundel
“Hierdie is ’n verkenning van ons werklikhede vanuit ’n baie persoonlike, feilbare hoek.”
Lees meer hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/digter-danie-marais-ontrafel-voorstedelikheid-in-jongste-bundel/
24 September
Luister | Genesingspad vir Johnny Davids ná kinderjare se seer
Die bekende aanbieder se outobiografie vertel die verhaal van sy onstuimige grootwordjare op die Kaapse Vlakte en hoe hy bo sy omstandighede uitgestyg het.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-genesingspad-vir-johnny-davids-na-kinderjare-se-seer/
27 September
‘Wildepruim’ vertel van roerende lewens in die Kamdeboo
Dit is Elmaré Lombard se debuutroman wat pas ná haar 69ste verjaardag gepubliseer is.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/wildepruim-vertel-van-roerende-lewens-in-die-kamdeboo/
28 September
Lesersindruk | Hier is raad vir ouers met tieners van die ware kenners
Ons almal was die perfekte ouers, tot ons self kinders gekry het. As daar nou een gesegde is wat waar is, is dit dié woorde.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/lesersindruk-hier-is-raad-vir-ouers-met-tieners-van-die-ware-kenners/

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van François Lion-Cachet.

Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.
6 September
Joan Hambidge: Die misbruik van motto’s
Kerneels Breytenbach: Merkwaardige, outistiese katteliefhebber
Deborah Steinmair: Raaiselagtige verdwynings en gruvondste
13 September
Kerneels Breytenbach: Kweek goeie gewoontes aan in jou herfsjare
Deborah Steinmair: Om jou innerlike heks te omhels
Deborah Steinmair: Beeld – jou wêreld, jou koerant
20 September
Deborah Steinmair: Wendigters span poësie in as ’n gedeelde taal van rou en lewensviering
Deborah Steinmair: Dora Maar, muse van die minotaur
Joan Hambidge: Don Delillo: Vallende man en 9/11
Deborah Steinmair: Skadu’s, afdraaipaaie en koue rivierbodems
Kerneels Breytenbach: Dobbelaars, swendelaars en Ponzi-skemas
27 September
Kerneels Breytenbach: Sprokies, klassieke musiek en geheime
Deborah Steinmair: Die onsigbare: Die hellevaart van ’n redder

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 4 September
SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor die volgende boeke: Die onsigbare deur PJO Jonker; As klippe kon praat deur Connie Luyt; Foto’s en fairylights deur AnMari do Carmo; Kinderlê deur Lynthia Julius; Prune like a pro deur Anton Roux en SAPPI Tree spotting-reeks; Prescription: Ice cream deur Allister McAlpine; Wake up, this is Joburg deur Tanya Zack en Mark Lewis; Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaardt. AJ Opperman vertel van Wilma Stockenström, wat in September 91 jaar oud geword het. In Johan Myburg se insetsels uit die internasionale boekewêreld kan meer uitvind oor vier nuwe oudioboeke, Peggy, ’n roman geskoei op die lewe van Marguerite Guggenheim, en Salley Rooney se nuwe roman Intermezzo. Jy kan ook uitvind wie vanjaar se ATKV-Woordveertjiefinaliste is. In die bonusdeel van hierdie potgooi kan jy luister na ’n dokumentêr wat Ina Strydom saamgestel het vir Wilma Stockenström se 85e verjaarsdag.
Woensdag 11 September
Dibi Breytenbach gesels oor haar nuwe roman Heks. Johan Myburg praat oor die langlys vir die Britse Baillie Gifford-prys, en Edenglassie, die wenner van die Queensland-letterkundeprys. Antjie Krog is verlede week vereer met ’n ere-doktorsgraad, en Willie Burger van die UP vertel hoekom sy departement haar genomineer het.
Woensdag 18 September
Die digter, skrywer, dramaturg en skilder, Breyten Breytenbach, het op 16 September sy 85e verjaarsdag gevier. Ons vier dit deur te luister na die eerste deel van Johan Rademan se bekroonde dokumentêre program ’n Ander skakering. (Dit is ter viering van Breyten se 80e verjaarsdag saamgestel.) Willie Burger gesels met ons oor lesersindrukke en literêre kritiek en die waarde daarvan. Johan Myburg het nuus oor die wenners van die Britse Wainright-prys, die Kanadese Gillerprys en James Matthews, die Suid-Afrikaanse digter, skrywer en joernalis wat verlede week in die ouderdom van 95 jaar oorlede is. Bonusinhoud vir potgooi: Luister na die tweede gedeelte van ’n Ander skakering, asook ’n 1995-onderhoud met James Matthews, wat onlangs oorlede is. (Dié onderhoud was die enigste een met hom in die SABC-argiewe. Let wel, dis in Engels en is destyds op SAFM uitgesaai.)
Woensdag 25 September
Willie Burger vertel hoekom Ingrid Winterbach se jongste roman hom so betower. Ons praat oor die gewaarwordinge wat groot romans – soos groot kunswerke – by lesers ontlok. AJ Opperman vertel meer oor Olga Kirsch, wat vandeesweek 100 jaar gelede gebore is. Jy kan ook luister na ’n kort argiefgesprek waarin Egonne Roth gesels oor haar biografie oor Kirsch, getiteld ’n Lewe in gedigte. Johan Myburg vertel meer oor die Bookerkortlys, André Dao se pas bekroonde roman, Anam, en Nadia Davids, ’n Suid-Afrikaanse skrywer en akademikus, wat onlangs met die 2024 Caine-prys vir skryfwerk uit Afrika bekroon is. Bonusinhoud vir potgooi: Luister na Daniel Hugo se argiefprogram oor die lewe en werk van Olga Kirsch. Hy het Kirsch in 1975 in Israel besoek om dit op te neem.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 6 September
Ons herdenk Vrouedag met ’n spesiale bloemlesing van gedigte deur vrouedigters oor al die stadiums in ’n vrou se lewe. Die voorleser is Karli Heine.
Dinsdag 13 September
Sophia van Taak gesels met digter Danie Marais oor sy jongste bundel, Ek en jy bestaan nie. Die skrywer en dosent, Francois Smith, het oor hierdie versameling verse gesê: “Dis ’n bundel wat jou bring by die gevoel dat petrol-en-vuurhoutjie die enigste opsie is, en jou dan ’n spierlewendige sprong woorde in die hand druk!”
Dinsdag 20 September
Sophia van Taak gesels met Maritha Broschk oor haar debuutbundel, Wanneer woorde asemhaal. Dis ’n bundel wat handel oor beroemde vrouefigure, die kunste, die siektes van ons tyd, eg Suid-Afrikaanse maatskaplike kwessies en ook meer universele temas soos verlies, ouerskap en die onsterflike drome wat elke mens vir hom- of haarself koester.
Dinsdag 27 September
Eben Genis lees gedigte voor uit Fanie de Villiers (ook bekend as Kleinboer) se tweede bundel, Erf en elders.

Boekkeuse, Fine Music Radio
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde. Daar word twee episodes per maand vrygestel. ’n Podsending is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/
Dinsdag 3 September
Ira Blanckenberg lees gedigte oor die wind voor.
Dinsdag 10 September
Sophia van Taak gesels met Riku Lätti oor sy eerste digbundel, Taboek, wat onlangs die lig gesien het.
Dinsdag 17 September
Vrydag 20 September is Wêreld-Opruimingsdag. Die Verenigde Nasies het ’n paar jaar gelede met dié inisiatief begin om mense aan te spoor om rommel op te tel en hulle omgewing skoon te hou. In aanloop tot dié globale skoonmaakdag, luister ons na Ira Blanckenberg se voorlesings van gedigte oor die natuur en omgewingskwessies.
Dinsdag 24 September
Sophia van Taak gesels met die drukgrafiese kunstenaar, Christiaan Diedericks. Christiaan het onlangs sy debuut as digter gemaak toe hy saam met die bekende digter, Melanie Grobler, ’n bundel geskryf het. Die bundel heet Vlindervreter, en bevat verse oor die oorloë in Oekraïne en Gasa, asook oor Hindu heilige manne, Zanzibar, en hoop en genesing.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
17 September
Resensie: I wish I’d said…Vol 7 (Johann de Lange & Stanley Madonsela, reds)
Resensent: Nini Bennett-Moll
20 September
Onderhoud: Bester Meyer (Uit die herberg van Alhambra)

Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in September verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Zebulon Kochk oor sy digbundel, Zebbiekaans
Onderhoud: Phyllis Green gesels met François Bloemhof oor sy spanningsroman, Oor jou dooie liggaam
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Tony Park oor sy spanningsroman, The protector
Resensie: Phyllis Green resenseer die kookboek, Atmosvuur deur Jan Braai
Resensies: 3 Boeke waar mense se lewens op die kop gekeer word:
- Sonja van der Westhuizen resenseer Day deur Michael Cunningham
- Alida Vos resenseer All the little liars deur Victoria Selman
- Retha Kotzé resenseer My life on fire deur Cath Howe
- Phyllis Green resenseer Rambling man deur Billy Connolly en Son, see en saffier deur Brenda van der Westhuizen
- Nadia de Jongh resenseer Paris: The memoir deur Paris Hilton
- Ilze Crous resenseer My big fat Greek taverna deur Costa Ayiotis en This much is true deur Miriam Margolyes
- Johan Esterhuizen resenseer Blood and silver deur Jan Glazewski
Resensie: Bok, Bok staan styf
Michael Green resenseer Bok to bok deur Mike Greenaway
Resensie: Irma Steffens resenseer Donker water deur Martin Steyn
Resensies: 5 Boeke oor die komplekse verhouding tussen susters
- Alida Vos resenseer The twins deur LV Matthews
- Sonja van der Westhuizen resenseer It all comes down to this deur Theresa Anne Fowler
- Antoinique van Staden resenseer The gin sisters’ promise deur Faith Hogan
- Olga Krügel resenseer The Garnett girls deur Georgina Moore
- Marguerite van Wyk resenseer Darling girls deur Sally Hepworth

