
Boekomslag: NB-Uitgewers
Seun
Dana Snyman
Tafelberg
ISBN: 9780624093671
Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980’s. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ’n seun ’n man? Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue. Dana Snyman gesels in hierdie videogesprek met Johann Rossouw oor die geboorte van Seun en oor die raakpunte in hul onderskeie verwysingsraamwerke.
Lees ook:
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Video-opname van gesprek met Kleinboer oor Erf en elders
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor die toekoms van die geskrewe en gedrukte woord in Afrikaans


Kommentaar
Ek vind dit vreemd dat die gesprek, net soos die boek, nie die rol van die "sielkundige", ene Aubrey Levin, bespreek nie. Die afbreek van die hospitaal tot op sy fondamente, is nog 'n storie wat vertel moet word. Om nie te vergeet van die SAW se "strafplaas" nie. Wonder nou: hoeveel troepe se lewens is nie in die naam van "sielkunde" verwoes nie?