Die Johann Rossouw-gespreksreeks: video-opname van gesprek met Dana Snyman oor Seun
2024-09-03Dana Snyman gesels in hierdie videogesprek met Johann Rossouw oor die geboorte van Seun en oor die raakpunte in hul onderskeie verwysingsraamwerke.
Elders gesien: Eric Nobbs (1954–2022)
2022-10-24"Ek sien nog hoe Eric die middag daar op Nardus se grasperk in Die Adelaar verander, goeie akteur wat hy was. Hoe hy effens vooroor leun en sy arms stadig soos vlerke op en af langs sy lyf begin beweeg, hoe hy sy knieë hoog lig en opstyg."
Die vertreksaal ook op Woordfees TV: ’n onderhoud met Dana Snyman
2022-07-13"Ek dink soos ’n mens ouer word, besef jy toenemend dat jy aanhoudend moet vrede maak met verlies, van kleins af al. Jy verloor jou eerste hondjie, dalk ’n oupa of ’n ouma, later jou onskuld en so aan totdat die werklikheid van jou eie dood al hoe groter begin word."
Die vertreksaal
2022-07-12LitNet se Stemme | Voices | Amazwi is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV. Kyk hier na Chris van Niekerk se vertolking van Dana Snyman se Die vertreksaal. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n gesprek tussen die akteur en die regisseur.
kykNET-Rapport Boekpryse: Onderhoud met Dana Snyman
2014-10-28 Die kortlys van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is pas bekendgemaak. Onder die rader deur Dana Snyman is genomineer in die kategorie: Niefiksie.Dana Snyman: "Ek skryf nie maklik nie ..."
2013-11-13"Skryf bly vir my maar skryf. Ek skryf nie maklik nie, wat ek ook al skryf. Dis ’n gesukkel – selfs met die eenvoudigste ou storietjie sukkel ek."