Die vertreksaal ook op Woordfees TV: ’n onderhoud met Dana Snyman

  • 1

Foto’s van Dana Snyman en die Stemme | Voices | Amazwi-reeks: LitNet. Foto van die Wooordfees TV: https;//www.woordfees.co.za

LitNet se Stemme | Voices | Amazwi is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV. Chris van Niekerk vertolk die hoofrol in Dana Snyman se Die vertreksaal, wat deel van hierdie reeks vorm. Kyk hier na Die vertreksaal op LitNet. Sommige van die Stemme | Voices | Amazwi-video’s word ook van 15 tot 28 Julie 2022 op Woordfees TV (DStv, kanaal 150) uitgesaai

Dana Snyman praat met Naomi Meyer oor Die vertreksaal se teks.

Dana, ek het jou monoloog Die vertreksaal op LitNet gekyk. Covid het ons almal van nuuts af laat besef dat afskeid deel is van leef. Of dalk dat leef deel is van afskeid neem. Wil jy iets hieromtrent sê?

Ek dink soos ’n mens ouer word, besef jy toenemend dat jy aanhoudend moet vrede maak met verlies, van kleins af al. Jy verloor jou eerste hondjie, dalk ’n oupa of ’n ouma, later jou onskuld en so aan totdat die werklikheid van jou eie dood al hoe groter begin word. Ek dink soos ’n mens ouer word, besef jy toenemend dat jy aanhoudend moet vrede maak met verlies, van kleins af al. Jy verloor jou eerste hondjie, dalk ’n oupa of ’n ouma, later jou onskuld en so aan totdat die werklikheid van jou eie dood al hoe groter begin word.

.............
Ek dink soos ’n mens ouer word, besef jy toenemend dat jy aanhoudend moet vrede maak met verlies, van kleins af al. Jy verloor jou eerste hondjie, dalk ’n oupa of ’n ouma, later jou onskuld en so aan totdat die werklikheid van jou eie dood al hoe groter begin word.
............

“Vier my lewe,” sê ons graag. “Hou ’n paartie eerder as ’n begrafnis vir my.” Ek dink Covid het daardie ding ’n bietjie omgeswaai, ’n mens meer bewus van die dood van mense rondom jou gemaak. Jy het ’n natuurlike behoefte om oor iemand se dood te rou, maar jy kon nie. Jy kon nie soos eens langs ’n oop graf gaan staan en ’n handvol roosblare op iemand se kis strooi nie. Dit laat jou ’n bietjie meer alleen en weerloos in die wêreld voel. Die karakter in Die vertreksaal probeer net iets onthou van almal wat rondom hom in die Covid-saal dood is. Om te onthou is sy manier van rou.

..............
Die karakter in Die vertreksaal probeer net iets onthou van almal wat rondom hom in die Covid-saal dood is. Om te onthou is sy manier van rou.
..............

Daar is baie stories in die vertreksaal. Het jy ’n oom Danie geken? Hoekom is hy in die Stemme-stuk ’n stem gegee?

Twee van my vriende het by die dood omgedraai met Covid. Beide van hulle was aan ventilators gekoppel. Ek het veral met hulle gesels voor ek begin skryf het. 

Mense is al moeg gepraat oor Covid, maar selfs al neem ons dít weg uit die prentjie, is daar maar altyd vertreksale. Soos wat ’n kraaminrigting seker ’n soort aankomssaal is. Het hierdie skrywe uit jou eie pen jou laat nadink oor die sin van die lewe – en wat het jy ontdek?

...........
Ek word hierdie jaar sestig en dink meer as ooit oor die sin van die lewe. Dit is seker maar deel van oud word. Ek wil nie groot uitsprake oor die sin van die lewe maak nie. Want ek kan nie. Ek dink ’n mens moet dalk eerder die vrae leef as om te sit en tob oor wat die antwoorde is.
...........

Ek word hierdie jaar sestig en dink meer as ooit oor die sin van die lewe. Dit is seker maar deel van oud word. Ek wil nie groot uitsprake oor die sin van die lewe maak nie. Want ek kan nie. Ek dink ’n mens moet dalk eerder die vrae leef as om te sit en tob oor wat die antwoorde is. Ek is ’n gelowige, maar kan lankal nie meer soos ’n kind glo nie. Ek sien hoe wreed godsdiens mense kan maak. Mense wat te veel antwoorde het oor belangrike sake – of dink hulle het antwoorde – is dikwels dié wat die liefdeloosste leef. Ek probeer respek vir die Groot Misterie hê en om twyfel-twyfel vorentoe te gaan met die flitsie van my rede en redelikheid deur die donker. Of so iets. Ek probeer ook maar om myself nie te ernstig op te neem nie.

Lees ook:

Dana Snyman (1963–)

Dana Snyman vereer: ’n fotoberig

After tears

Siwagawula siwarhuqa

My ouma – die bakker, die bokser

Stemme | Voices | Amazwi

Die vertreksaal

Persverklaring: LitNet-rubriekskrywer op Woordfees TV

Die Woordfees TV-fees is van 15–28 Julie op DStv-kanaal 150

 

 

  • 1

Kommentaar

  • Gerrit Boonstra

    Dana is ’n profeet. Hy is misties, wat beteken hy sien die Groot Prentjie. Hy weet alles is deel van die Groot Geheel, alles is verbind in verhouding tot mekaar. Hy spreek dit nie uit in filosofiese terme nie, maar in diep menslike verhale. Daarmee volg hy in die voetspore van Jesus, ’n mens met ’n goddelike inspirasie en boodskap dat ons die kinders van ’n God van liefde is. En Dana lewe dit uit in sy stories, sy ontmoetings met medemense, in sy nederigheid, in sy gebrek aan grootdoen en belangrikheid. Hy is ’n ware mensch.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top