Persverklaring: LitNet-rubriekskrywer op Woordfees TV

  • 3

LitNet se rubriekskrywer Elise Bishop is binnekort te sien op Woordfees TV. Haar outobiografie Twee lewens word bekendgestel op die Toyota US Woordfees se opwipkanaal op DStv.

Yvonne Beyers gesels met Elise Bishop oor Twee lewens gedurende die insetsel “Die seuntjie met die rooi handsakkie”.

Die program word aangebied deur Hemel & See Boeke, die uitgewer van Twee lewens.

As ’n seuntjie het Pierre van der Merwe ’n tafeldoek om hom gebind, ’n netjie op sy kop geplak en gespeel hy’s ’n bruid. Nou deel Elise Bishop haar merkwaardige lewensverhaal ná ’n volledige geslagsverandering op 23.

Meer oor die boek

Nota bene: Die boek is tans nog te koop nie, maar voorafbestellings kan reeds geplaas word.
Kontak Hemel & See Boeke by 028 316 4852.

Hoe weet ’n klein seuntjie van skaars drie jaar oud dat hy in die verkeerde liggaam gebore is? Wat ervaar daardie seuntjie in die eerste twee dekades van haar lewe dat sy so oortuig raak van wie en wat sy moet wees, dat sy die lang pad van geslagshertoewysing aanpak sodat sy haar droombestaan kan voer in die liggaam waarvoor sy gebore is?

Min het Pierre van der Merwe daardie tyd geweet wat Elise van der Merwe alles in haar nuwe bestaan gedurende die volgende 50 jaar sou ontdek en ervaar!

Meer oor Woordfees TV

Die Toyota US Woordfees vind vanjaar nogmaals dwarsoor Suid-Afrika en Namibië plaas – eksklusief op DStv. Die Woordfees TV-fees sal vanaf 15 tot 28 Julie op DStv-kanaal 150, en in Namibië ook op GOtv-kanaal 27, op die lug wees.

Alle Suid-Afrikaanse DStv-intekenaars met ’n Premium-, Compact Plus-, Compact- of Family-pakket sal toegang tot dié opwipkanaal hê, maar in Namibië sal Woordfees TV nie ook op Family beskikbaar wees nie.

Lees ook

Elise Bishop verduidelik Graaffrikaans

Scindapsus en sunfilters

Elders gesien: Koöperasie en springbokke

  • 3

Kommentaar

  • Eugenie Gagiano

    Absoluut 'n fantastiese mens. Sy is 'n ware dame met die beste humorsin wat ek nòg ontmoet het. Sy kruip baie diep in harte in so ver sy gaan. Ek wens haar net die beste toe met haar boeke.

  • Santie Dold-Chapman

    Wag in spanning om jou weergawe van die "lewe waarna ek strewe" weer te gee en jou fyn aanvoeling van jouself te deel met ons almal .... jouself "verstaanbaar" te maak ... sien baie uit na ons Karoobossie se groeijare, Elize!!

  • Dis voorwaar 'n opregte verhaal, kan nie wag om dit onder oë te kry nie. Elise, baie voorspoed met jou boek.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top